Kom ons maak die post so realisties as moontlik. Al die posts van net 2 gewere of beste all-rounder en en en en... help nie.
Ek dink om dit so realisties as moontlik te maak moet ons almal op gelyke speelveld sit en die landswet van 4 gewere vat. Kom ons vergeet van n oomnlik van versamelaars/toegewyde status ens en ons elke man se wat sy 4 gewere in sy kluis sal wees.
Daar is geen limits op nie, jy besluit self. Gaan jy groot wild iewers jag? Selfverdediging belangrik vir jou? Indien wel, handwapen of hael? Jag jy meer in vlakte of bos? Hoe jy ook al die 4x gewere wil aanwend, plaas dit hier!!
Stef se keuse:
1) 12br Haelgeweer .......... met 30" loop vir voels jag, kleiduif skiet, selfverdediging in en om die huis
2) .243win .......... vir jakkalse skiet en alle vlaktewild (Blesbok en kleiner) van 100m tot 300m
3) 7x64 Brenn .......... vir alle groter vlaktewild (tot op Eland want ek het hom al so gejag) op lang afstande tot op 300m asook met waar koeels en minder spoed vir enige bosveld wild
4) 458 Lott .......... vir alle groot en gevaarlike wild asook vir die elke nou en dan uitdaging in die bos op Wildebees/Eland/Gemsbok/Koedoe vir afstande tot op 80m en die korrekte lading
Nou ja toe manne, skree waar julle verskil en lat wai met julle 4x roere
Groete
Stef



