Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Jagtersdok wrote:
Net een laaste vraag en ek het dit al gevra. As die nuwe ontwerp dan die beste ding since sliced bread is. Hoekom het die groot manne soos Nosler, Sierra, Hornady, Barnes, Speer, Swift  etc nie al op die bandwagon gespring nie? Daai manne het die beste navorsings fasiliteite wat geld kan koop en experience baie meer as wat mens kan dink. Tog is almal se ontwerp eenvoudig. Of dit loodkern of monometaal is, almal moet omklink. En eks seker hulle het self al die Impalas baie deeglikergetoets as wat ons het.
http://www.woodleighbullets.com.au/products/hydrostatically-stabilised - Woodleigh Hydrostatically Stabilized bullets.

Dan weer by die bloedspoor wys my een koeel wat by abosluut alle tye genoeg bloed uitgooi om 'n highway vir jou aan te wys na jou bok toe ?
Die hart is gewoonlik groter as 'n koeel en een kamer meeste van die tyd ook so die kans is daar om 'n lee kamer te kan raak skiet.

Ek het genoeg ondervinding met die Impalas om hulle nog verder vorentoe te gaan gebruik en ek is gelukkig met hulle ek gaan ook nie meer betrokke raak met meer tegniese punte want dit is nie waarin ek spesialiseer nie ek het ook nie nodig om vir enige iemand te bewys hoekom ek die punte te gebruik dit is almal se reg om te kies en te gebruik wat hulle wil. Ons is baie gelukkig om van baie te kan kies ook al wat die hele lange Post bewys het is dat party mense Impalas gebruik en daarvan hou en party nie.   

So my standpunt van Impalas is gemaak.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Stefan764 wrote: Dus, vrek die bok nie op die plek nie (reply tot Johannic se post) moet die opvolg daarvan so gemaklik as moontlik geskied en ek voel die IMPALA briek my hier, Frederik het dit tog self bevestig hierbo.
Lees my vorige post gee my een koeel wat altyd baie bloed gooi die naaste wat ek kan dink is Barnes TSX en Rhino solid shank maar net as daar 'n uitganswond is. Die gate moet eers opvul voor die bloed kan uitloop en diere kan nogal ver beweeg in 2-3 sekondes om spoor te vat is tog deel van jag en al lyk 'n bok mis geskiet sal ons altyd ten minste 50 - 100 m loop op die spoor voor ons gelukkig is dat die bok mis geskiet was. Bokke en diere wat min bloed gooi as gevolg van hulle hare is waterbok, gemsbok, njala, bosbok en bosvark en vlakvark ook.  Vat eland byvoorbeeld met hoe long skoot dit is 'n groot stuk vleis waar die bloed eers moet afloop om op die grond te kom seker maklik 80 cm. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by DawieKotze »

Wouter - ek het darem nie bedoel Gerhard moet die impalas kom aanvat nie. Ek dink ook dat hy meer integriteit as dit het.

Net bedoel dat dit lekker sal wees as al die manne met die baie kennis op een oomblik saam die onderwerp van koe?l ontwerp en aanwending kan bespreek!

Miskien moet mens 'n ander topic begin en nie hierdie een kaap nie?

Groete!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Koos Barnard »

Stef
Ek het reeds in my artikel en ook in my vorige skrywe genoem dat ek nie in skokgolwe glo nie, net weefsel wat vernietig word. My standpunt is dat die skerp skouer van die Impala 'n groter wondkanaal sny as gewone solids en dat ek dit daarom verkies. Skiet jy 'n .375 (waarvan ek nou die meeste ondervinding het) is die gat na my mening (in die diere wat ek tot dusver geskiet het) groot genoeg. As jy nie 'n teken van 'n skokgolf sien nie dan is daar nie een nie.

Die vier springbokke wat ek met die Impalas geskiet het, het almal op die plek geval maar by twee van hulle is been getref en een is amper deur die lengte van die lyf geskiet. Sy hart was ook flenters. By die vierde bok is geen been hoegenaamd getref nie, nie eens ribbes nie, die koe?l is oor die bokant van die hart deur en hy het net daar geval. Let wel, ek s? nie dit gaan altyd gebeur nie. Ek sal weer herhaal wat ek ook al genoem het, met Impalas of enige solid is jou ruimte vir foute kleiner. Skiet jy egter waar dit moet, werk hulle.

Miskien moet 'n mens opsom deur te s?: Laat elkeen maar gebruik wat vir hom werk maar respekteer die grondeienaar en as hy jou nie wil toelaat om met solids te jag nie aanvaar dit en klaar. Vind voor die tyd uit wat die boer se vereistes is. Oor hierdie saak kan 'n mens redeneer totdat die WP weer eendag die Curriebeker wen maar selfs dan sal ons hom nie oplos nie.
Groetnis
Koos
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Dit is waar wat julle se oor persoonlike keuses en as n persoon sukses met n sekere resep het gaan hy moeilik oortuig word.
Hierdie vrae en stellings wat nou gemaak word is die vrae en stellings wat ons voor die toets gehad het en daarom die toets. Ons het dit so profesioneel en objektief as moontlik gedoen en sover gegaan om n proef ook te doen met n erkende fabrikaat. Die Barnes X het weer soos ouderwets opgetree en ja ek het al met verskeie premuim koeels ook resultate gekry wat afwyk van die norm. Daar is net sofeel faktore wat kan bydrae tot hierdie resutate. Ek vat maar as n voorbeeld die Winchester Failsafes wat in die 30-06 opgetree het as solide koeels. Net om na die hele debakel te hoor hulle het die koeels wat geoormerk was vir die 300 Win Mag per abuis in die 30-06 gelaai! 300ft/sek was al gewees wat toe veroorsaak het dat n uitstekende koeel amper sy alie gesien het!

Frederik ek kan sien jy raak nou so bietjie ontsteld oor hierdie onderwerp en dit is nie een van ons se bedoeling om jou af te laat sien van Impala's nie. As dit vir jou werk en jy is tevrede met die resultate doen dan so voort. My vrae was die volgende en dit het gegaan oor wat wen jy in die spoed, akkuraadheid, prys, vleiskade en doodmaakvermoe met die Impala's? Dis die 5 vrae na wat ek verwys! Atwoord eerlik op hulle en as jy dan nog steeds oortuig is dat Impala's die Alfha en Omega is dan soos die engelsman sal se "I rest my case!"

Nou-ja. Ek dink elke persoon het nou al sy eie opinie en gevolgtrekkings gemaak in hierdie verband en nie veel meer wat ons hier se gaan n groot verskil maak nie!

Groetnis
Wouter

Ons het het hopelik n paar nuwe vriende gemaak in hierdie proses. Het iemand nie n nuwe koeel wat ons kan gaan toets nie? Ek was nou die naweek alleen saam met die vrou en kinders op die plaas en het ons toetspannetjie ontsaglik gemis!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Wouter,

Om dan af te sluit in my 303.

spoed - ja
akkuraatheid - beslis ja
Prys - ja
Vleiskade - ja dit werk maar in my lyn van werk is ek meer gepla oor dooie bok as vleis.
Doodmaak vermoe - Ja sover volpunte alles een skoot.

In my 375

Spoed - ja ek wil nog bitter graag 'n gemsbok op 300 m  + skiet wat so staan en sy tong uitsteek omdat hy dink hys te ver vir my.
Akkuraatheid - Ja my beste 200m groepering is met impala gedoen
Prys - Ja
Vleisskade - Ja werk gewis
Doodmaak vermoe - Ja 

Nou ja kom ons gaan "Toets" die ronde neus Impala punte  ;D
Of die woodleigh Hydro shock ???
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Freek

In daai geval bly net daar en geniet jou roere en jag!
Dankie nogmaals vir jou baie moeite en insette. Gaan maak nou n draai in die res van die forum ook en geniet dit!

Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Gerrit Visser »

Ek het Desember 'n paar toetse gedoen op 25 liter kanne met impalas. Het ook die punt op twee grysbokke getoets, selfs gate gemeet en foto's geneem. Ek het besluit om 150gr Nosler BT deur 'n kan vol water te skiet en dan die selfde te doen met Impalas [2 selfde kanne sonder proppe] Dit nosler se ingang gat 3.39mm, die Impala 6.36mm. Die Nosler se gat was mooi rond en glad, die Impala se gat opmerklik groter grof en uitgepleis navore [buite] Altwee kanne het agter gebars. Nosler kan kon gesien word dat punt opbreek, Impala geen teken van opbreek. 2 Vrae het dadelik opgekom 1 Hoekom so 'n groot ingang-gat en navore . 2 Hoekom nie net 'n klein gat agter nie dit is immers 'n solide punt [die kan was agter van bo tot onder oopgeskeer in sy m@@r]

Die twee Grysbokkies was een 'n kopskoot, al sy breins het op sy rug gel? deur 20mm uitgangs wond, die ander een wat 'n bladskoot op die knoppe. Hart en long groot gat en ek soek nog die ander long. Soos die bok gel? het,het ek die ingangswond 12.06mm gemeet [308] hare rondom geskeur en geen, maar geen bloed op ingans wond by ges? bokkie het nie beweeg nadat die punt hom getref het nie.
Ek wil geen punt aanbeveel nie, sal liewer skootplasing aanbeveel, net my waarnemings.

As ek dit skoot in die driehoek kan sit sal ek verseker 'n Impala gebruik en as ek nie die driehoek kan kry nie sal ek met geen punt so 'n skoot waag nie........Wie wil ???
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Jagtersdok »

Nee wat eks vreeslik bly om te sien hier is manne wat elke keer die R5 kan raak skiet op enige afstand. As jy kan good for you. Ek kan redelik okay skiet, maar my moto is ek gooi die skoot waar die bok my gap gee. Ek kannie bome skuif of om draaie skiet soos op die flieks nie.

OOr die lee hartkamer. Soos ek ges? dit is onwaarskynlik, maar die belangriker feit is dat met die volgende kontraksie van die hart spuit die bloed by daai gat in die hart uit en so sal dit aan gaan tot die bloedvat sisteem leeg is wat gewoonlik met 5 kontraksies gebeur as die linker Ventrikel getref is.

Daai Woodleigh se shape is darem heelwat anders as Die Impalas. Geen skerp punt nie. Meer soos wadcutter, o hel Woodleigh is die base van wadcutters. Die platterige oppervlakte voor sal kenetiesie energie laterlaal verplaas.

Nou Nosler BT is varmint punte. Hulle gaan opbreek, word gebou daarvoor. As jy met Nosler wil vergelyk gebruik Accubond op E-tips.

Boys en laastens, spoed maak 'n helse verskil. Hoe meer spoed hoe meer energie. That is a given 
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Biltongjagter

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Biltongjagter »

Vir die vervaardiger van Impala koe?ls om vol te hou met iets wat nie bestaan nie (sien aanhaling hierna), deur net ander bewoording te gebruik, is bloot lagwekkend!
Dit is die enigste ?Shockwave Inducing? koe?l in die w?reld ....
Oom Kobus, aanvaar nou dat daar nie so iets bestaan nie, soos wat duidelik hier verklaar is:
Daar is geen tekens van hidrostatiese skok golwe wat die res van die long en hartweefsel versteur het nie.
Soos ek reeds op 4 November 2010 al ges? het:
Biltongjagter
Full Member

Offline

Posts: 148


  Re: Impala punte vir JAG
? Reply #17 on: November 04, 2010, 07:54:00 AM ? 

--------------------------------------------------------------------------------

Dit wat ek nou hier plaas, is nie om enige verdere argumente te voer oor die mite van sogenaamde 'hidrostatiese skok' nie, maar om ons as jagters en geweer entoesiaste behoorlik ingelig te maak.
D?t sodat as enige koe?lvervaardiger ooit die vals bewerings van 'hidrostatiese skok' voor jou neus hou om sy produkte aan jou af te smeer, dat jy ten minste 'n korrek ingeligte besluit kan neem voor jy 'n koop besluit neem.
Koop jy dan nog tenspyte van jou ingeligtheid, moet jy maar aanvaar dat jy Piet Snot is.
'Hydrostatic shock' of die 'enigste Shock inducing koe?ls ter w?reld' is en bly verkoops praatjies.

Groete,
Koos.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Gerrit Visser »

Jagtersdok
Ek wou juis kyk of die Nosler BT 'n noemenswaardige ingang gat sal kan maak om bloedspoor te maak, [bsou die punt nie deur[/b] die dier skiet nie.  Die gevolg is die Impala se ingangs wond is 4x groter as die Nosler BT. die gat is ook oop gesny en as die dier lank genoeg
staan en borsholte vul met bloed  tot by gat behoort die groot gat meer bloed te lek.
Last edited by Gerrit Visser on Sun Feb 13, 2011 9:26 pm, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Koos (Biltongjagter)

Ek gee jou nou die groen lig om GS Customs met Impala op daai paar vrae wat ek gestel het te vergelyk. Regtig niemand sal snaaks dink nie, ek het jou mos nou gevra.

Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by JOHANNIC »

Wouter
Hoekom doen julle nie self n gsc toets op dieselfde manier as wat julle die Impala koeels getoets het nie,om een vervaardiger te vra om n ander vervaardiger se produkte met mekaar te vergelyk is stront jammer maar mens doen nie dit nie!

Vat dieselfde manne met dieselfde roere skiet dieselfde bokke en doen dieselfde toetse,as jy regtig n vergelyking wil doen dis hoe dit moet wees ;)
Biebers
Need for speed >:D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Johannic

Ek het vyf vrae gevra. Ek stem nie saam met Freek se antwoorde nie. Ek dink die GS Custum koeel is een van die alteratiewe produkte wat wel baie mooi vergelyk kan word met die Impala's op heelwat vlakke soos gewig, spoed, trajek, akkuraadheid, vleisskade en doodmaavermoe veral. Die GS Custom se ontwerp is gebasseer op tried en tested formule en hoef nie in my oe getoets te word nie. Op hierdie forum word openlik gedebatteer en as dit neerkom op dat n verspreider wat klaar homself al betrek het by hierdie gesprek gevra word om n vergelyking te maak tussen spoed wat veilig behaal kan word en trajek wat ook op n  konkrete manier bepaal kan word sien ek niks fout daarmee nie. Om vir my te se dit is st#@*n waarmee ek besig is staan my nie aan nie! Ek het nerens enige vervaardiger gevra om enige vergelyking te maak nie en hoe ek dit verstaan is Koos n verspreider en dit het vir my geklink of hy wel meer wil se oor die onderwerp en daarom die versoek.
As jy wil premuim koeels wil gaan toets is jy welkom.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by JOHANNIC »

Wouter
Ek stem saam dat daar n vergelyking tussen die twee gemaak kan word.
Maar wat jy vra kom op die volgende neer.....
Jy vra n Landrover verspreider om n vergelyking tussen sy produk en n Toyota te maak,watse antwoord DINKjy gaan jy kry dit gaan gladnie objektief wees nie.
Dis hoekom ek se as jy die twee produkte wil vergelyk doen dieselfde toets,ander is daar geen vergelyking nie
Biebers
Need for speed >:D
Biltongjagter

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Biltongjagter »

Wouter, ek gaan bloot uit ordentlikheid jou vraag beantwoord.
LET WEL: Nie in my hoedanigheid as verspreider van GS Custom koe?ls nie, maar wel as jagter wat die GSCHV jagkoe?ls al 7 (sewe) jaar lank gebruik met die hoogste mate van jag sukses.

Jy vra:
My vrae was die volgende en dit het gegaan oor wat wen jy in die spoed, akkuraadheid, prys, vleiskade en doodmaakvermoe met die Impala's?
1.  Spoed - 'n uiters plat trajek (.308W met 23" loop jaag 130gr koe?ls teen 3080vps) wat die bes moontlike skootplasing baie vergemaklik vir enige jagter.

2.  Akkuraatheid - my .222 Anschutz skiet op 100m 'n perfekte klawerblaar groepering wat geheel en al verdwyn onder 'n 10c stuk. Beide my .308 en 7mmRM asook my seun se .270 - sub MOA groeperings op 100m.

3.  Prys - goedkoper as baie ingevoerde koe?ls wat ook as premium koe?ls beskou word, maar nie dieselfde resultate op 'n herhaalbare basis lewer nie.

4.  Vleisskade - minimaal siende dat die GSCHV jagkoe?l glad nie fragmenteer nie - Vleisskade word veroorsaak deur fragmentasie.
Of dit die koe?l is wat fragmenteer of bene wat deur die koe?l getref word, maak nie saak nie.
Vleisskade word veroorsaak deur koe?ls wat tuimel.
Spoed dra slegs by tot vleisskade indien dit bydra tot fragmentasie.
Weereens verwys dit terug na punt 1 hierbo nl., die vermoe? om beter skootplasing prakties uit te voer.

5.  Doodmaak vermo? - in sewe jaar se verskillende jagte het ek gevind dat die terminale vermo? van GSCHV jagkoe?ls telkemale verbasend is en dat een-skoot doodskote die algemeen verwagte en herhalend die behaalbare resultaat is wat verkry word.

Nogtans, sou enigiemand die GSC's wou toets in die jagveld, glo ek is hulle welkom om dit te doen volgens die gebruiksaanwysings wat deur die vervaardiger neergel? word - baie maklik om te volg en lewer telkemale uit gewere wat aan standaard spesifikasies voldoen, uitstekende resultate.

Groete,
Koos.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Koos
Jammer dat ek jou nou nog verder ingetrek het by hierdie skrywe.
Ek het gou n paar goed deurgegooi deur QL en noggal op n paar interessante resultate afgekom.

Spoed
Die hoogste spoed wat ek die Impala's kry is 2894 met die 130gr uit n 24 duim loop.
Met GSC se 140gr is dit 2966ft/sek uit dieselfde loop
Met Barnes se 123gr is dit 3106ft/sek.
As jy die nodes van die loop in ag neem kan hierdie spoedverskille nogal n groot inpak op akkuraadheid he.

Trajek
Die Impala's val 24.72 duim op 400 yards met n 200m zero.
Die GSC val 20.68 duim.
Die Barnes val 22.45 duim.

Akkuraadheid
Dit gaan ek uitlos want daar is net te veel veranderlikes van geweer tot geweer. Ek wil net iets byvoeg hier en dit is dat ons die node geslaan het met Steef se Tikka en die groepering was net onder MOA. Sy vorige lading met Hornady's 139gr het net oor die 8mm opgelewer. Vir die van julle wat nie vertroud is met die node storie nie dit beteken dat as jy daai spoed slaan wat jy uitgewerk het sal dit die beste groepering basies wees wat daai koeel in daai spesifieke loop gaan kry.

Prys
Ek weet nie wat die prysverskille tussen die verskillende koeels is nie. As iemand ons n indikasie kan gee sal ek dit wardeer.

Vleiskade
Hier kan ek dalk die Impala's die trofee gee met volgens my die minste behalwe vir soliede koeels. Nie een van die premuimkoeels gaan wel onaanvaarbare vleiskade oplewer nie.

Doodmaakvermoe
Ek gaan nie weer premuim koeels se doodmaakvermoe in detial bespreek nie want ek dink dit is n volslae feit wat al deur en deur bewys is.
As dit nou kom by die Impala's...... Nou wel dit is hier waar die pawpaw volgens my die fan slaan! Soos hulle se "Talk is cheap but money buys the wiskey!" Toe ons whiskey arriveer toe is Impala's nerens te vinde vir die betaling nie!

My vraag nou weer is dan WAARVOOR?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Freek

Daai foto van daai koedoe bul is vir my verskriklik mooi. Ek hou van die vorm. Waar het julle hom geskiet en wat het hy gemeeten uitgeslag

Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Daardie koedoe bul is in September geskiet so hy was nie in baie goeie kondisie nie hy is op ons hoof konsessie geskiet tussen Lydenburg en Origstad.
Weet nie wat hy uitgeslag het nie maar horings was ek dink 56" en 57" 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Freek
Ek het hom ook so gaskat. Ons het n saagmeule op Lydenburg en het nou al n paar koedoes in daai omgewing geskiet en moet bieg daai area staan vir geeneen terug nie! Waar is julle konsessie?
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by PRIVATE RYAN »

Moet daai ou nie 'n koplap
kry oor hy daai geweer sommer
so groen enamel gegee het nie?

:'(
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

PRIVATE RYAN wrote: Moet daai ou nie 'n koplap
kry oor hy daai geweer sommer
so groen enamel gegee het nie?

:'(
Jyt mos nie lisensies nodig vir jag gewere nodig daar nie loop in winkel stap met hom uit nie soos ons nie hy het die geweer nie enamel nie net groen tape omgeplak vir camo.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by PRIVATE RYAN »

Frederik wrote:
PRIVATE RYAN wrote: Moet daai ou nie 'n koplap
kry oor hy daai geweer sommer
so groen enamel gegee het nie?

:'(
Jyt mos nie lisensies nodig vir jag gewere nodig daar nie loop in winkel stap met hom uit nie soos ons nie hy het die geweer nie enamel nie net groen tape omgeplak vir camo.
Dankie tog
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Gerrit Visser »

Hi Wouter
Ek het iewers gemis of julle die toetsbok moes keelaf sny of was hy reeds dood?
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Klompie jare terug het ek in een van die VSA jag tydskrifte deur geblaai. Ek kan nie die tydskrif se naam onthou nie. By die briewe kolom was daar 'n knaap gewees wat gekla het oor bullet failure. As ek reg kan onthou het hy 'n deer of so iets gejag met een of ander premium punt. Die gekla het gegaan oor dat die bok/deer op die plek dood neergeslaan het. Toe hy die dier se ingewande uithaal het hy die koeel punt herwin in die uitgangs blad. Die knaap was baie ontevrede oor hoe die premimum punt gedoen het. Blykbaar het die punt baie gewig verloor en in stukke opgebreek.

Die redakteur van die tydskrif het 'n baie mooi antwoord / teenvraag gehad vir die knaap. Redakteur vra toe  At what point during the antelopes death did you expieriance bullet faillure??


Ek stem heelhartig saam met die redakteur. As ek jag wil ek he die gejagte dier moet so gou moontlik op die plek neerslaan.  Dood. YIP  Vleis skade tel baie punte want ons betaal vir die bok, nie waar? Maar 'n vreeslike ding wat 'n jagter ooit kan oorkom is om te betaal vir 'n bok wat gekwes is en weg is.

Nou wat nou?? As daar 'n punt is wat die werk doen en hy werk vir jou, en as jy gemaklik is met die punt se vermoe, is die punt vir jou. Ons moet nooit die prys van 'n punt in die gesprek in bring nie. Waneer ons jag skiet ons net een skoot en daardie skoot moet punte tel. So wat die punt kos is irellevant.

Maar so wil dit vir my voorkom dat die koeel punt nou die prima fasie deel van jag geword het. Jammer maters maar dit is nie.
Die een fasset wat die meeste punte tel is skoot plasing en die vermoe van die skut om akkuraat te skiet met sy instrument. Al skiet/jag die skut met die grootste, duurste, beste en swaarste punt wat geld kan koop, en daardie skoot word swak geplaas is die dier gekwes.

Ek sluit af en som op. As ek kan staat maak op my skiet vernuf, en my geduld behou by jag, te wag vir die kans om die skoot te skiet,sekuur, seker te maak van skoot plasing en ek kan dit alles doen met 'n punt wat vir my minder vleisskade gaan veroorsaak,  gaan ek beslis met daardie punt jag /skiet.  Vir my is akkuraatheid, spoed en skoot plasing die hoof faktore. Spoed en skoot plasing is vir my alles. Ek spot altyd deur te se/vra watter punt spandeer die minste tyd in vlug. So 'n punt word dus vir minder tyd bloot gestel aan die eksterne ballisitkieke.  Dit is hoekom ek hou van die Impala punet. Baie akkuraat, baie vinnig en 'n baie plat trajek.

My opinie

Danie
Post Reply