http://www.woodleighbullets.com.au/products/hydrostatically-stabilised - Woodleigh Hydrostatically Stabilized bullets.Jagtersdok wrote:
Net een laaste vraag en ek het dit al gevra. As die nuwe ontwerp dan die beste ding since sliced bread is. Hoekom het die groot manne soos Nosler, Sierra, Hornady, Barnes, Speer, Swift etc nie al op die bandwagon gespring nie? Daai manne het die beste navorsings fasiliteite wat geld kan koop en experience baie meer as wat mens kan dink. Tog is almal se ontwerp eenvoudig. Of dit loodkern of monometaal is, almal moet omklink. En eks seker hulle het self al die Impalas baie deeglikergetoets as wat ons het.
Dan weer by die bloedspoor wys my een koeel wat by abosluut alle tye genoeg bloed uitgooi om 'n highway vir jou aan te wys na jou bok toe ?
Die hart is gewoonlik groter as 'n koeel en een kamer meeste van die tyd ook so die kans is daar om 'n lee kamer te kan raak skiet.
Ek het genoeg ondervinding met die Impalas om hulle nog verder vorentoe te gaan gebruik en ek is gelukkig met hulle ek gaan ook nie meer betrokke raak met meer tegniese punte want dit is nie waarin ek spesialiseer nie ek het ook nie nodig om vir enige iemand te bewys hoekom ek die punte te gebruik dit is almal se reg om te kies en te gebruik wat hulle wil. Ons is baie gelukkig om van baie te kan kies ook al wat die hele lange Post bewys het is dat party mense Impalas gebruik en daarvan hou en party nie.
So my standpunt van Impalas is gemaak.



