Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by Morne Van Der Merwe »

Goeie dag,

Ek het 'n ou GecadoMod 50 by my Pa gekry, maar die veer is moeg. Het die geweer mooi gemaak, dit oor "ge-blue" ensovoorts. Nuwe teleskoop gekry, nuwe veer by 'n man in Pretoria wat met windbukse werk gekry. Als weer mooi aangemaak gesit, maar jinne daai windbuks skiet is vreeslik, 'n teleskoop bly nie op geweer nie, al het die die skroef wat vertikaal inskoef mount teleskoop mount vas te hou, buig hy dit. Natuurlik is die teleskoop ook nou moeg. Die veer is te sterk en verkeerd. Hoe sal ek nou te werk gaan om die regte veer in te kry wat nie teleskope sal breek nie? Ek het op gunsparesuk gekyk, sien hulle het vere, maar eks bang dit gaan ook my teleskoop breek.
Enige advies sal waardeur word.
Oja die veer wat oorspronlk daarin was, is glo ook nie regte een nie, wat my Pa kan van onthou het. So het nie 'n verwysing om van te werk nie.

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by tripodmvr »

Morne, waar is jy in die wereld? Ken 'n geweersmid hier in die Vaaldriehoek wat net windbukse doen. Kan jou sy kontakbesonderhede gee as jy belangstel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by Hein22 »

User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by andre007 »

Morne, as ek mag inchip. Ekt ook 1 van daai windroertjies. Wou al n teleskoop op hom sit maar sien dat hy nie 'slots' ophet om ringe te monteer nie, hoe't jy gemaak om die teleskoop te monteer?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by Morne Van Der Merwe »

andre007 wrote:Morne, as ek mag inchip. Ekt ook 1 van daai windroertjies. Wou al n teleskoop op hom sit maar sien dat hy nie 'slots' ophet om ringe te monteer nie, hoe't jy gemaak om die teleskoop te monteer?
Die geweer het slots opgehad, my Pa sê sy Pa dit so gekoop, so ek net 'n gaatjie geboor wat die vertikale skroefie inskroef wat help dat teleskoop nie skuif nie.

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Raad asb vir nuwe veer vir Gecado Mod 50

Post by Morne Van Der Merwe »

tripodmvr wrote:Morne, waar is jy in die wereld? Ken 'n geweersmid hier in die Vaaldriehoek wat net windbukse doen. Kan jou sy kontakbesonderhede gee as jy belangstel.
More,

Ek is van Pretoria.
Ek het met in verbinding getree in Bloemfontein, hyt glo die regte veer vir my. Maar sal gaaf wees die persoon van vaaldriehoek ook vir my te stuur.
Baie dankie,

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Post Reply