Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Stefan764 »

Behandeling van Molkrieke in jou gras. OMO of enige ander waspoeier opgelos in water. Ek het my kombuisasblik gevat en sommer so spul op n slag aangemaak.
namhunt wrote: Stefan

Hoe gereeld moet die seep behandeling herhaal word? Ek het dit al gedoen , maar na so maand dop die elendige goed weer uit. Is dit eiers wat uitbroei?
My vrou wil horries kry as die goed na die lig toe vlieg. Moes al 'n paar keer alleen klaar braai.  >:(

Groete
Daan
Flippet Daan nou praat jy! Selde ding by my, die vrou raak histeries as dai goete aangevlieg kom. Ek dai ding byt moer seer ook. Ek het ook ervaar dat almal nie weg was nie. Na die 2e keer by my so paar weke later het die ding gedoen. Lyk my as hulle eers weg is dans hulle weg vir goed. Maar hulle is n GEMORS, vreet kolle in die gras. Hulle vreet die wortels van die Kikuyu en dan vrek die gras kolle, so 1m2 groot.

Die kwekery sou 3x pakkies gif aan my verkoop teen R300 per pakkie. R150 se OMO het toe my gras uitgesort. Dai kriek vlie so vinnag uit die gras uit dat da so hoop grond op sy voorkop sit!! Onthou net om die doners wat uitklim dood te trap, hulle vrek nie self nie!

Net een ding, die seep brand die erdwurms ook en hulle klim dan ook uit. Vat net n emmer water, spoel die erties af en gooi hulle trug in n papnat blombedding.

Daan ek hoop jy kom reg!

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Cobus(Cobb) »

Soos kriek uitklim, sit hom aan hoek en weet maar die babers gaan jou lekker besig hou.

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by spekieries »

Dags? manne

Ek het ook al OMO op my gras gebruik vir molkrieke. Iemand het egter vir my ges? die seep verander die PH van jou grond en dit maak blykbaar die grond baie suur.

Groete 
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by JOHANNIC »

Wonder nou of my buurman ook dalk omo gebruik ek dink dit het hulle ook suur gemaak ;D ;D ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Foxcreek »

Omo / waspoeier is 'n alkalie (met hoe ph), nou hoe kan 'n alkaliese produk die grond suur maak?????
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Naant julle

Ek het so 3 hektar kikuyu wat ek na kyk,dis nie net molkrieke wat die proebleem is nie.Saam met hom kry jy so n klein swart kewertjie,miere,wurems.
n Proeduk wat baie goed werk is Sipermetrien gemaak deur Tsunami(011 8129800).OMO werk maar nie lank dan is hulle weer terug,moet ook proebeer om sy sieklus te breek.
Vat Sipermetrien maak in 20-25L kan aan en gooi net voor son onder op jou gras.Moet nie spuit nie gooi met n gietter,bring jou pH van die water so na 4dan sal gif better werk.Ek gebruik asyn,2 eetlepels op 20l +-.Dan so 3weke later doen jy dit weer en 3weke later weer net om die sieklus te breek.As jy gegooi het moet nie nat maak nie die volgende dag kan jy so 5min water neer sit 3 de dag goed nat maak.(enige huishoudelike gif sal better werk teen n ph van 4 as bv 8/7.6).

Groete
Last edited by Namib on Tue Feb 22, 2011 10:28 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Foxcreek »

Probeer ook Decis en Divos. Ek het al meneer goggas met dit laat les opse.

Pasop net vir Decis. As jy aan dit geraak het was jouself mooi af. As dit bv. aan jou hande kom en jy vryf aan jou gesig gaan dit voel of die Sahara son jo vir sewe dae aan een gebrand het. Erger nog, as dit aan jou hande is en jy slaan water af gaan jy spring soos 'n donkie wat terpantyn gesmeer is!!!!!!!!!!
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Stefan764 »

Foxcreek wrote: Pasop net vir Decis. As jy aan dit geraak het was jouself mooi af. As dit bv. aan jou hande kom en jy vryf aan jou gesig gaan dit voel of die Sahara son jo vir sewe dae aan een gebrand het. Erger nog, as dit aan jou hande is en jy slaan water af gaan jy spring soos 'n donkie wat terpantyn gesmeer is!!!!!!!!!!
Sien nou hoekom ek OMO gebruik!!!!  ;D ;D

Nee ek speel. Ek het maar n klein grasperkie om my huis (300m2) so dis maklik om te beheer vir my. Die lekker ding van Sippematrien spuit is jy doner sommer die vliee ook lekker op.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Ek het vir so 3 jaar lank grasperke behandel in Pretoria toe ek n Lawn Pro franchise gehaad het.

Mole krieke vlieg beter as wat 'n by kan vlieg.

Mense maak hulle grasperke te nat en dit veroorsaak n ideale habitat vir molkrieke. Veral op kikuyu gras.

Die rede dat insekete uit kom nadat seep water oor die gras gegooi word is dat die seep die asemhalings gaatjies toe maak.

Pas op vir seep water, jy brand jou gras maklik as jy dit verkeerd aan maak.

Pas op vir Cypermatrin en ander gif stowwe. Meeste se hoof bestandeel is Organo phosfaat (sp) wat ontwikkel is 'n chemiese oorlogsvoering...

Jy gaan ook die natuur beskadig deur voels ens wat die krieke optel...

My 2cent.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Middag Gerhard

As ek mag, kan jy dalk se wat in jou mening die moontlike beste/ander raad vir die molkrieke wees.Ek sit so met 3 hektar gras Sports gronde wat ek na moet om sien.

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Namib wrote: Middag Gerhard

As ek mag, kan jy dalk se wat in jou mening die moontlike beste/ander raad vir die molkrieke wees.Ek sit so met 3 hektar gras Sports gronde wat ek na moet om sien.

Groete
Die beste manier is om nie n habitat te skep vir molkrieke deur te veel water te gee nie (vlei).

Kikuyu kan doen met 2 keer n week x 20 to 30mm water.

Kikuyu moet ook reg gesny word om die beste uit die gras te kry.

Op die einde van die dag wil jy 'n sterk wortel stelsel he om n sterk plant en blaar groei te bevorder.

Jy sal vir my fotos moet neem en op sit om my idee te gee hoe die plek lyk.

Wat julle daar doen, hoe julle bemesting gee, hoe julle die gras sny ens...

Dan sal ek vir jou meer in detail kan antwoord oor wat om met die gras te doen.

As jy met gifstof soos Cypermatrien en Chloorphirifos begin werk moet jy baie baie versigtig wees. Die organophosfaat word deur die vel op geneem en dan kan dit hospitaal en dood sake wees....  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Naant Gerhard

Image
n Foto wat ek nou het ,sal nog neem en stuur.Die gras gee ek wel twee keer per week water.Sny met n falcon MB 150 een keer per week soms twee keer.Lente is so ront om 25-30 mm.Hou maar lank want die gras dra baie voete( skool=rugby en atletiek en senior rugby en soccer).Gebruik hunter I31 sprayers en word deur pomp gestoot.Die water word deur die nag neer gesit,wind maak ons klaar deur die dag en hitte is hoog(laaste tyd 39-47grade).Ons grond het n hoe pH 8.88-8.9,water se pH is 8-8.5(verwerkte rioolwater).Ek aerat tot een keer per maand.Fertilizers so al om n tweede maand+-,laat grond gereeld ontleed en op hul aan wysings kry ek die kunsmis.Gebruik tans 2.3.4(30)+5% Z ook ammonium sulphate"hoop die goed is reg gespel" /(Mg is laag/K baie laag/P is goed).2 keer per jaar sit ek Superfosphate na ek geaerat het.Dan ook jarakaisin,Krista Mgs en n micro ellement (BZM) 3 keer per jaar.Winter sit ek glad nie baie kunsmis neer nie.Strooi die kunsmis met n Sitrex 500kg.Die BZM deur die water.
Hoop dit maak sin,maar sal nog fotos neem.
Baie dankie
Namib Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Die gras lyk mooi.

Dis belangrik om te onthou jy wil die blaar lengte so 3 tot 3.5 cm sny.

Bietjie langer is goed. Die WNNR het vir ons toetse gedoen en bevind dat as jou blaar daai lengte het jy tot 10?C verskil tussen bo kant van die blaar en die temp van jou wortels is. Dis nogal belangrik want jou wortels raak dan net sterker.

Ek persoonlik is nie baie lief om te aerate nie. Ek het agter gekom as mens daai spike wiel gebruik jy eintlik meer die grond kompak as iets anders. Lekke tuin vurk en elbo ghries net op die plekke waar die gras vas getrap word agv baie voete werk beter...

Jou grond PH lyk ook nie sleg nie.

As jy water gee probeer om dit baie vroeg in die oggend te gee sodat jy jou tyd wat die water op die gras le verkort om swam groei te voorkom veral met die hitte wat julle het. Is dit n droe hitte of het jy baie humiditeit?

Ek gebruik 5:1:5 vir somer maande want dit boost jou gras blaar as ook jou wortel ontwikkeling.

Dit is baie belangrik om in die winter maande ook te bemes om dat jou gras wortel nog steeds die voeding nodig het, dit betek jou gras is baie vinniger in kondisie na die winter.

Jy kan jou superfosfaat net eenkeer n jaar gooi. Jou fosfaat loog nie uit die grond weg soos jou ander voedingstowwe nie.

Jy kan n lee tuna blikkie op die gras sit en so bepaal hoeveel water word op die gras neer gesit wanneer julle nat spuit. Druk sommer n lineaal in en meet die water. Jy soek so 30mm per besproeing sessie


Neem fotos waar jou gras probleme gee.

Om eerlik te wees ek sal baie verbaas wees as julle wel mol krieke het by julle agv die klimaat.

Hier is n foto van mol kriek wat ek geneem het...

Image

Kar was area wat ek behandel het

Voor behandeling

Image

Na behandeling

Image

Van my area's was so 2 hektaar wat ek behandel het...

Hoop dit help.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Gerhard

Dankie,wat die molkrieke betref (die Foto) ons het hom en baie.Sal n foto neem van my earator ,nie n drom met spikes nie is smal wiel(8) met spikes.
Water meet gaan ek weer doen net om sekker te maak.Sukkel met die stoot pomp so gras het n paar droe kolle maar so twee weke dan sal hy weer mooi wees.
Die lente van die blaar stem ek me saam ,gaan tog my myne na so 3.5 toe vat.
Die 5.1.5 gaan ek traai.Ons hitte is droog net met swaar weer raak hy vogtig.
Dan die laaste tyd het my gras so n geel kleur gehad,enige idees.
Gaan weer met jou praat.Baie dankie weer eens.

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Jy is welkom,

Dis vir my baie interesant om te hoor dat julle ook molkriek probleme het.

Dis moeilik soms die gras gaan deur fases soms waar hulle net nie lekke groen wil lyk nie. Hoeveel reen het julle onlangs gehaad?

Hoe lank is die spikes?

Probeer om jou gras vroeg oggend nat te maak so van 04:00 af. Jou temp is lekke koel en meeste van die tyd is die wind ook stil vroeg oggend wat help dat jy nie water verloor agv wind en hitte vroeg aand nie...

Laat weet as ek kan help.

Groete

Namib wrote: Gerhard

Dankie,wat die molkrieke betref (die Foto) ons het hom en baie.Sal n foto neem van my earator ,nie n drom met spikes nie is smal wiel(8) met spikes.
Water meet gaan ek weer doen net om sekker te maak.Sukkel met die stoot pomp so gras het n paar droe kolle maar so twee weke dan sal hy weer mooi wees.
Die lente van die blaar stem ek me saam ,gaan tog my myne na so 3.5 toe vat.
Die 5.1.5 gaan ek traai.Ons hitte is droog net met swaar weer raak hy vogtig.
Dan die laaste tyd het my gras so n geel kleur gehad,enige idees.
Gaan weer met jou praat.Baie dankie weer eens.

Groete
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Hi Gerhard
Image
Image
Image
Die spikes is gewoonlik so 12-15cm,wag vir n nuwe stel om te kom.
Die 2 de foto maak my bekommerd,is ook net op sekere dele van die veld.Sal beslis na die water gee kyk,vermoede ek gee teveel.Maar ook gevind as ek my tye met net 10 min verminder dan kry ek droe kolle.Het al ander nossels proebeer,stel skroef al in gedraai om meer spry te kry maar te vergeefs.
Reen het ons sekker maar so als en als 4mm gehad.

Namib Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Kan jy vir my die fotos email?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

More Gerhard

Sal so maak baie dankie.

Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Gerhard »

Namib wrote: Hi Gerhard
Image
Image
Image
Die spikes is gewoonlik so 12-15cm,wag vir n nuwe stel om te kom.
Die 2 de foto maak my bekommerd,is ook net op sekere dele van die veld.Sal beslis na die water gee kyk,vermoede ek gee teveel.Maar ook gevind as ek my tye met net 10 min verminder dan kry ek droe kolle.Het al ander nossels proebeer,stel skroef al in gedraai om meer spry te kry maar te vergeefs.
Reen het ons sekker maar so als en als 4mm gehad.

Namib Groete
Kyk vir my op die kolle wat vinnig swaar trek of daar nie klip onder die grond is nie.

Baie keer kan wortel ontwikkeling nie behoorlik plaas vind nie agv klip of bou rommel.

As dit dan kwaai warm raak trek die hitte ook in die klip in wat dan die wortels skroei die oomblik as jy nie baie water gee nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Namib »

Hi Gerhard

Die grond is geweldig klipperig,so dit maak sin wat jy se.Toe die myn die velde laat bou het , het hulle baie van die bo grond weg gevat en om als te kroon le ons op die voet van n berg.

Dankie en Mooiloop
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Molkrieke in grasperk - OMO waspoeier

Post by Hugov »

Daar is twee gifstowwe wat molkrieke teiken en hulle mooi laat les opse. ;)
Regent 200. en Termidor.
Die aktiewe bestandeel is fipronil.    http://en.wikipedia.org/wiki/Fipronil

Die omo/of sunlight seep werk baie goed om te sien watse ongediertes in jou grasperk weg kruip.
Die hoof redes hoekom hierdie goggatjies nes maak is agv van die organiese"Thatch"laag net onder jou gras oppervlakte,
Die maklikste manier om van die thatch ontslae te raak is deur te "verticut" dit is soos om te scarify net in n minder aggresiewe wyse.
Ons Verticut ons kikuyu fairways ten munste een keer n maand(in die groei seisoen) en die setperke verticut ek elke 2 weke (in die groei seisoen)
http://www.ehow.com/how_6537165_remove- ... layer.html

Groetnis H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
Post Reply