Flippet Daan nou praat jy! Selde ding by my, die vrou raak histeries as dai goete aangevlieg kom. Ek dai ding byt moer seer ook. Ek het ook ervaar dat almal nie weg was nie. Na die 2e keer by my so paar weke later het die ding gedoen. Lyk my as hulle eers weg is dans hulle weg vir goed. Maar hulle is n GEMORS, vreet kolle in die gras. Hulle vreet die wortels van die Kikuyu en dan vrek die gras kolle, so 1m2 groot.namhunt wrote: Stefan
Hoe gereeld moet die seep behandeling herhaal word? Ek het dit al gedoen , maar na so maand dop die elendige goed weer uit. Is dit eiers wat uitbroei?
My vrou wil horries kry as die goed na die lig toe vlieg. Moes al 'n paar keer alleen klaar braai.
Groete
Daan
Die kwekery sou 3x pakkies gif aan my verkoop teen R300 per pakkie. R150 se OMO het toe my gras uitgesort. Dai kriek vlie so vinnag uit die gras uit dat da so hoop grond op sy voorkop sit!! Onthou net om die doners wat uitklim dood te trap, hulle vrek nie self nie!
Net een ding, die seep brand die erdwurms ook en hulle klim dan ook uit. Vat net n emmer water, spoel die erties af en gooi hulle trug in n papnat blombedding.
Daan ek hoop jy kom reg!
Stef









