Het ook n CZ .223, Die dingetjie is so akkuraat soos geen mens kan glo nie,
Die .223 het n "free flow" loop, maar die.30-06 nie. Sy kolf raak teen die loop. Dit het my nog nooit gepla nie, maar noudat ek self begin herlaai het, is die ,30-06 nie so akkuraat soos die ,223 nie.
Ons weet mos, of so glo ek, dat as jy self herlaai gaan dit oor resultate, resultate en nogmaals resultate.
Stel julle ouens voor dat ek die .30-06 laat verander dat sy loop ook "free flow" is, of sou dit nie n merkwaardige verskil maak nie, of dalk die geweer verswak.
Wil nie onnodig laat krap nie.
Waardeer jul insette!!!!

