Musgrave K98 raad!!!

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Musgrave K98 raad!!!

Post by Kubus »

Ek besit n 30-06 Musgrave K98, splinternuut gekoop ongeveer 1994. R3500 HaHa :laugh: :laugh:
Het ook n CZ .223, Die dingetjie is so akkuraat soos geen mens kan glo nie,
Die .223 het n "free flow" loop, maar die.30-06 nie. Sy kolf raak teen die loop. Dit het my nog nooit gepla nie, maar noudat ek self begin herlaai het, is die ,30-06 nie so akkuraat soos die ,223 nie.
Ons weet mos, of so glo ek, dat as jy self herlaai gaan dit oor resultate, resultate en nogmaals resultate.
Stel julle ouens voor dat ek die .30-06 laat verander dat sy loop ook "free flow" is, of sou dit nie n merkwaardige verskil maak nie, of dalk die geweer verswak.
Wil nie onnodig laat krap nie.
Waardeer jul insette!!!!
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by musgrave270 »

Ek het met dieselfde probleem gesit met my 270musgrave. Lang storie kort, loop sweef nou en my groepe het drasties verbeter. Ek ervaar die verbetering op die baan waar mens n paar skote na mekaar skiet en die loop warm word.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by 243Songdaug »

Laat pak die 30-06 en laat die loop free float - niks minder as 'n millimeter gaping tussen die loop en die houd nie.

Dan sal jy weer die odd-6 geniet
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Pappabeer »

Dit hang seker maar af wat jy met akkuraat bedoel. Ek het al baie ou gewere gesien wat klawer groeperings skiet met of lope wat op die hout lê, of wat n spesifieke drukpunt of trekpunt voor het. My pa het self n Musgrave M98 met n loop wat nie "free floating" is nie, en die geweer skiet heeldag klawers met 155gr palma koeëls.

As jy nie lus het om te krap soos jy dit stel nie, maak seker die sneller is lekker lig, jou ladings reg, en al die ander basics, en kyk of hy nie beter skiet nie. As jy hom daarna wil bed en pak is dit iedergeval n vinnige job.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by James Wilson »

Kubus, ek het my 308 k98 musgrave laat free float. Dit het gladnie gewerk nie. Ek het met beide Gerrie Coetzee en Kevin Healy( gunsmits en oud Musgrave werknemers) gepraat oor die probleem. Albei het genoem dat die produksie k98 van Musgrave beter doen met n drukpunt onder die loop by die punt van die kolf. Ek het my 308 weer n drukpunt gegee en die die probleem so opgelos.

Dit gesê- n vriend se 270 musgrave k98 is well gefreefloat, en dit skiet baie goed
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Kubus »

Julle raad maak my so deurmekaar soos kots in n tuimeldroer.
Ek het nog tropppe PMP fabrieks ammo in 168gr.
Gaan hulle maar eers uitskiet, dan self herlaai en kyk hoe hy presteer.
Sal dan weer oorweeg!!!! maar dankie in elk geval.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Quinna
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Quinna »

Kubus ek het n 270 musgrave op n k98 aksie. Ek het gevind as ek n string skiet het my groepe oop gemaak. Loop wat warm word en op hout druk en en en. Kon n klomp goed gewees het het nooit rerig die proebleem gesoek nie. Ek het wel vir hom n boyds jassie gekry, die aksie is gebed en die loop float lekker. Die ek kan nou maklik n string van 5 skote skiet en as ek my kant bring sit almal mooi styf teen mekaar. Jy gan ma self moet besluit of jy die kaans wil vat. My pa se 243 ook musgrave op n lytelton aksie groep net so mooi en hy is nog nes hy van die manne van musgrave af gekom het.

Sterkte hoop jy kom reg
Quinna
Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by tripodmvr »

Kubus wrote:Julle raad maak my so deurmekaar soos kots in n tuimeldroer.
Ek het nog tropppe PMP fabrieks ammo in 168gr.
Gaan hulle maar eers uitskiet, dan self herlaai en kyk hoe hy presteer.
Sal dan weer oorweeg!!!! maar dankie in elk geval.
As jy die geweer vir jag gebruik en hy is akkuraat genoeg daarvoor, koop dan liewers 'n borsel en skuur waar dit jeuk. Oefen met jou 223 en geniet sy akkuraatheid - onthou hy het baie min terugslag wat akkuraatheid bevorder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Supacow »

Wat is die science agter die drukpunt? Hoe warmder die loop hoe meer sit hy uit so die druk teen die drukpunt is nie eweredig nie.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13602
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Capt. Yoda »

Supacow wrote:Wat is die science agter die drukpunt? Hoe warmder die loop hoe meer sit hy uit so die druk teen die drukpunt is nie eweredig nie.
In die "ou" dae het die manne nie n loop so warem soos ons geskiet nie en hulle het ook nie die aksie gebed nie dan het die "drukpunt" gehelp om die loop mooi reguit te hou. Baie ouer bulle het ook geglo jy kan jou loop "tune" deur jou aksie skroewe te draai en dan so meer/minder druk op die loop te sit wat jou dan help om jou geweer/loop te tune vir fabrieks ammo soos wat ons maar vandag met QL ook in n mate doen. Die gevoel was ook dat n lige profiel loop beter met die drukpunt gewerk het veral as die kolf bq pap was voor. In die jaar 2015 is die tyken skieter maar nog die minority van mense wat wapens koop en meeste wat erenstig is oor tyken skiet bou hul gewere so baie rak gewere kom maar nog met die drukpunt uit vir die manne wat n bok of 2 n jaar skiet met daai roer wat hy koop saam met sy pmp ammo en meer as gelukkig is as hy 3 skote in duim kan skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Kubus »

:laugh: :laugh:
Maak maar soos "oom" Tripod se raad is:
1) Borsel gevat en geskuur tot dit rou is, pleister geplak en als is oor ++>:
2) .30nul doodskiet word hoofsaaklik op koedoes gebruik en die teiken is mos lekker groot, so sal maar voorlopig net so los
3) .223 skiet n barshou, hou hom maar by die jakke.
4) en die wiepie mag net nie die Curriecup wen nie. Huil my vrek >:+ >:+
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Musgrave K98 raad!!!

Post by Askari »

'n Baie goeie vriend van my het net so 30-06 soos joune, so rondom '95 gekoop vir omtrent dieselfde prys. Hy was baie tevrede met sy roer se "akkuraatheid", tot hy gesien het wat my 308 doen. Ek het sy aksie vir hom gepak, loop gefloat en sneller heelwat ligter gestel. Nou is die man sommer windgat met die lang skote wat hy vat ;)
Gooi lood!!!!
Post Reply