Jakkals Koors

Post Reply
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Jakkals Koors

Post by Gernie »

Goeie dag almal en baie dankie vir 'n wonderlike en insiggewende forum hier. Ek het al so 'n paar keer daar in die Upington omgewing gejag maar kon/kan dit net vakansies doen. Ek het wel een groot probleem en dit is jakkals koors.  :-[  Ek kry die vreeslikse bewerasie as daai 2 ogies so nader kom. Is daar iets wat mens kan drink (Nie uit bottel uit) om jou darem bietjie rustiger te maak?
Ek luister graag.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Caller »

Gernie

Die ou naam is PURBLOCKA of so iets. Soos ek verstaan is hy nou van die mark, en ek het nie die nuwe een se naam nou in my kop nie (het van dit by die huis, maar is nou op kantoor). Die goed werk vir agt ure lank en het geen newe effek nie, en jy mag ook bestuur as jy dit gebruik. Vra jou huis-dokter vir 'n voorskrif. Party aptekers gee dit sommaar sonder voorskrif. Dit is ook gelukkig lekker goedkoop.

Jy raak nog opgetens as jakkie inkom, maar bewe nie so nie. Jy is egter lekker rustig as jy daai goed inhet.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Ambessa

Re: Jakkals Koors

Post by Ambessa »

Hallo Caller
Caller wrote:Die ou naam is PURBLOCKA of so iets...

...Jy is egter lekker rustig as jy daai goed inhet.
Dit klink al te veel soos om boom te rook...

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Dawie »

My 2 sent...
Ek dink almal kry jakkals koors tot 'n mate,  die graad verskil net.  Dit gaan met tyd en met selfdissipline oor na iets positiefs naamlik beheersde opgewondenheid. 

As jy nie "draks" wil gebruik nie vat vir jou 'n botteltjie water saam vat 'n slukkie haal diep asem en praat met jouself, in jou kop natuurlik, probeer  jouself kalmeer.  Ek dink daai "opgewondenheid" is waaraan jagters verslaaf raak.  Daar's niks met jou verkeerd nie,  dit beteken maar net dis 'n muse "thrill" wat jy moet tem. 

Ek skiet al jarre en vang myself gereeld nog dat my hartjie "over-rev" en my bo lippie opkrul en soos 'n hasie begin asem haal,  dan kos dit maar net weer met self praat.  Dis deel van die pret,  daai adrinalien "rush" as daai blikskottel inkom ;D......moet net nie ophou skiet nie,  want dis wat gebeur met te veel ouens!!!

Hoekom byvoorbeeld wag ouens vir ure deur yskoue aande agterop 'n bakkie?  ???.......vir sy adrinalien "FIX" ;D

Dawie

Ns. As jou toerusting reg is en jy daarmee vertroud is gee dit ook bietjie gerustheid by.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Janjak »

Gernie,
ek ken daai pienk pilletjies Pur-bloka, dit onderdruk arenalien en maak jou sodoende minder bewe. Ek het dit egter nog nie tydens jakkals jag gebruik nie. Ek raak te opgewonde en vergeet gewoonlik van daai tipe goed, solank ek die fluitjie en die geweer in die hand het kan die jakkalse maar inkom.
My teorie is nog altyd dat ons almal bewe, jy moet net weet wanneer om die knoppie te druk....

Jannie
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Gernie »

Dankie Manne

Ek sal bietjie van daai stoffies kry, glo dit sal dan beter gaan.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
tafjak

Re: Jakkals Koors

Post by tafjak »

Gernie

Omkyktwak werk nie lekker nie, lag vreeslik as jy hulle miskiet.

Taffie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Francois Marais »

Gernie

Party ouens spring van geboue af, of van kranse af, met valskerms, ons skiet jakkalse, alles om dieslefde rede, hulle noem dit ADRENALIEN. ;D ;D ;D

Mooi bly

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Jakkals Koors

Post by WillJak »

Is so, is so. Janjak is ok reg, jy kan maar bewe - die "trick" is om beheersd te bewe... ;)
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Christo »

Willjak

Vertel bietjie hoe werk onbeheersd bewe. Ek het al probeer die sneller druk tussen die hartkloppe deur sonder sukses.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Jakkals Koors

Post by WillJak »

;D ;D Christo, jy moet rigting gee aan die bewe - bewe gaan jy bewe maar jy moet die bewe bestuur in die rigting waarin jy wil he hy moet gaan en skiet. Ek terg eintlik sommer maar bietjie, kyk as jy sleg bok koors kry kan jy maak wat jy wil - maar met ondervinding raak jy opgewonde maar die bewe bedaar meer of jy leer om deur die teiken te beweeg en te skiet op die punt waar jy wil
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Christo »

;)  het hom ook so
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Jakkals Koors

Post by Janjak »

Gernie,
so van bewe bestuur gepraat. Daars n skietdag op Sabie Saterdag en ek weet van n papier jakkals op die spyskaart. Ek sal jou e-pos as jy belangstel om te gaan.

Jannie
Image
Post Reply