Ou Ballie Veldskiet
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Ou Ballie Veldskiet
Saterdag, 7 November, het die jaarlikse Ou Ballie Veldskiet plaasgevind. Dit staan onder toesig van Kaapjag en is aangebied op die Atlantis LRP-skietbaan. (LRP is die Long Range Presition-klub wat ook al die reëlings behartig het.)
Skuts ouer as 60 jaar neem deel in drie groepe, nl. 60 – 65 (die Tollies), 66 – 69 (die Blou
Bulle) en 70 en ouer (die Dagha Boys). Dit is toevallig dat daar in elke groep dertien inskrywings was. Stywenekke, seer rûe, horrelpote en ander skete word in aanmerking geneem by skietposisies terwyl daar op vier bane oor afstande van 30 tot 350 meter meegeding word. Afstande word vooraf aan die skuts bekend gemaak. Die ghong-baan was sekerlik die mees uitdagende met ghongs op 133, 219, 276, 304 en 343 meter.
Uitslae van die eerste 10 plekke was soos volg:
1. Philip Olivier (Tollie)
2. Boertjie Bellinghan (Dagha Boy)
3. Henri du Toit (Dagha Boy)
4. Athur Jonak (Dagha Boy)
5. Pieter Vorster (PWV) (Dagha Boy)
6. John de Smidt (Tollie)
7. Richard Henkel (Tollie)
8. Brian Crawford (Dagha Boy)
9. Pieter Smal (Tollie)
10. Malcolm Ashton (Tollie)
Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.
Dit is ‘n wonderlike byeenkoms wat met ‘n braai afgesluit is. Wonder of daar ook elders sulke geleenthede vir die grysbaarde geskep word?

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Ou Ballie Veldskiet
Baie geluk oom PW!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Geluk my oom! Lyk my die Dagha boys se oge is beter as die ander manne sinne, of is dit nou die ervaring wat intree!
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Netjies Oom Pieter!! Met watter een van jou 2 raakskieters het jy geskiet?
Dawie
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ou Ballie Veldskiet
Welgedaan oom Pieter!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Baie dankie. Die wind was redelik sterk by tye, maar direk van voor. So geen probleem nie.
Die 7 mm Tombi doen nog sy werk.
Die grootste moontlike hindernis, was die "mirage". Geweldig kwaai, veral op die BWB op 260 meter en op die ver ghonge.
Die 7 mm Tombi doen nog sy werk.
Die grootste moontlike hindernis, was die "mirage". Geweldig kwaai, veral op die BWB op 260 meter en op die ver ghonge.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Nou weet ek ook hoekom ek so baie punte op die vlakvark verloor het. Ek het vergeet om die parralaks te stel! 
-
Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Hierdie was/is nou n goeie idee. Julle het seker lekker sport gehad na die tyd ook. Baie geluk oom PWV, dit gee ons jong manne hoop vir die toekoms.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Oom Pieter,PWV wrote: Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.
Dis eintlik heel eenvoudig om te verklaar. Die Tollies bewe nog nie so baie nie so, hulle doen "orraait", maar die Dagha boys het nou al lank genoeg ge-oefen om daai skote mooi op teiken in te bewe. Die Blou Bulle pas nog aan met die bewe...
Geluk met oom se prestasie, ons weet mos darem nou al oom bewe 'n Gemsbok skoon van sy pote af...
Last edited by Johan Nel on Mon Nov 09, 2015 8:52 pm, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges.
Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges.
Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
"You never know what the ape can does!"Gawie(13mm) wrote:Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges.![]()
Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2105
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Geluk Oom Pieter, ek was al op n paar verskillende geleenthede wat "Dagha boys" jong manne nederig maak,soos Joe in n vorige post gese het! niks klop ervaring nie.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Baie geluk oom Pieter.
Ek kan sien die Dordrecht bloed loop dik in oom Pieter se are.
Groete.
Ek kan sien die Dordrecht bloed loop dik in oom Pieter se are.
Groete.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
More is dit weer die dag waarna al die ou ballies hier in die Boland uitsien. Die Veldskiet te Atlantis waar alle manne bo sestig deelneem. 'n Groot geleentheid waar ons ontslae is van die ligsinnigheid van die jeug.
Al wat ons van hulle egter begeer is die viraliteit wat by ons al effens aan erosie blootgestel is.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2103
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Ou Ballie Veldskiet
Geniet die geleentheid. Kan julle dalk paar video's maak en dit hier laai na die tyd?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Fyn mik en geniet die dag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ou Ballie Veldskiet
fyn mik oom!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
baie geluk oom! daai 7mm tombie van oom is giftig!!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2589
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Dis waar ja!!PWV wrote: Tue Nov 12, 2019 9:15 am Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
Gremlins dit kom steel??
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ou Ballie Veldskiet
Telegramstyl.
Knak begin maar goed afgesluit.
Dop en tjop was lekker.
Huistoe.