Ou Ballie Veldskiet

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

Saterdag, 7 November, het die jaarlikse Ou Ballie Veldskiet plaasgevind. Dit staan onder toesig van Kaapjag en is aangebied op die Atlantis LRP-skietbaan. (LRP is die Long Range Presition-klub wat ook al die reëlings behartig het.)
Skuts ouer as 60 jaar neem deel in drie groepe, nl. 60 – 65 (die Tollies), 66 – 69 (die Blou
Bulle) en 70 en ouer (die Dagha Boys). Dit is toevallig dat daar in elke groep dertien inskrywings was. Stywenekke, seer rûe, horrelpote en ander skete word in aanmerking geneem by skietposisies terwyl daar op vier bane oor afstande van 30 tot 350 meter meegeding word. Afstande word vooraf aan die skuts bekend gemaak. Die ghong-baan was sekerlik die mees uitdagende met ghongs op 133, 219, 276, 304 en 343 meter.

Uitslae van die eerste 10 plekke was soos volg:
1. Philip Olivier (Tollie)
2. Boertjie Bellinghan (Dagha Boy)
3. Henri du Toit (Dagha Boy)
4. Athur Jonak (Dagha Boy)
5. Pieter Vorster (PWV) (Dagha Boy)
6. John de Smidt (Tollie)
7. Richard Henkel (Tollie)
8. Brian Crawford (Dagha Boy)
9. Pieter Smal (Tollie)
10. Malcolm Ashton (Tollie)

Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.

Dit is ‘n wonderlike byeenkoms wat met ‘n braai afgesluit is. Wonder of daar ook elders sulke geleenthede vir die grysbaarde geskep word?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Chevvy SS »

Baie geluk oom PW!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Hein M. »

;) Baie mooi geskiet! Wat het die wind daar op die Atlantisbaan gedoen?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by joe rocket »

Geluk my oom! Lyk my die Dagha boys se oge is beter as die ander manne sinne, of is dit nou die ervaring wat intree!
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by DawieKotze »

Netjies Oom Pieter!! Met watter een van jou 2 raakskieters het jy geskiet?

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by ruaanb »

Welgedaan oom Pieter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

Baie dankie. Die wind was redelik sterk by tye, maar direk van voor. So geen probleem nie.
Die 7 mm Tombi doen nog sy werk.
Die grootste moontlike hindernis, was die "mirage". Geweldig kwaai, veral op die BWB op 260 meter en op die ver ghonge.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

Nou weet ek ook hoekom ek so baie punte op die vlakvark verloor het. Ek het vergeet om die parralaks te stel! ;)
Burger
Full Member
Full Member
Posts: 181
Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Burger »

Hierdie was/is nou n goeie idee. Julle het seker lekker sport gehad na die tyd ook. Baie geluk oom PWV, dit gee ons jong manne hoop vir die toekoms.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Johan Nel »

PWV wrote: Dit is interessant dat die Dagha Boys gladnie teruggestaan het vir die jonger manne nie en dat die Blou Bulle nêrens onder die eerste tien gefigureer het nie.
Oom Pieter,
Dis eintlik heel eenvoudig om te verklaar. Die Tollies bewe nog nie so baie nie so, hulle doen "orraait", maar die Dagha boys het nou al lank genoeg ge-oefen om daai skote mooi op teiken in te bewe. Die Blou Bulle pas nog aan met die bewe... >:D
Geluk met oom se prestasie, ons weet mos darem nou al oom bewe 'n Gemsbok skoon van sy pote af... O0
Last edited by Johan Nel on Mon Nov 09, 2015 8:52 pm, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Gawie(13mm) »

Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges. >:D

Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote:Manne, ek wens julle kon vanoggend Oom PW se smile gesien het.
Hy was so hups soos twee ses en dertig jariges. >:D

Geluk Oom Pieter. Ek het darem nog 30 jaar om te oefen. ;D
"You never know what the ape can does!"
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2105
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by vossie1 »

Geluk Oom Pieter, ek was al op n paar verskillende geleenthede wat "Dagha boys" jong manne nederig maak,soos Joe in n vorige post gese het! niks klop ervaring nie.
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by Martin Marais »

Baie geluk oom Pieter.

Ek kan sien die Dordrecht bloed loop dik in oom Pieter se are. ;) ;)

Groete.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

More is dit weer die dag waarna al die ou ballies hier in die Boland uitsien. Die Veldskiet te Atlantis waar alle manne bo sestig deelneem. 'n Groot geleentheid waar ons ontslae is van die ligsinnigheid van die jeug. ;) Al wat ons van hulle egter begeer is die viraliteit wat by ons al effens aan erosie blootgestel is.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by win270 »

Geniet die geleentheid. Kan julle dalk paar video's maak en dit hier laai na die tyd?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by tripodmvr »

Fyn mik en geniet die dag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by ruaanb »

fyn mik oom!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by alecjohnson »

baie geluk oom! daai 7mm tombie van oom is giftig!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by PWV »

Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2589
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by JohanvB »

PWV wrote: Tue Nov 12, 2019 9:15 am Ek het 'n volle verslag van die skiet hier geplaas, maar dit het blykbaar verdwyn. Ek is te moeg om dit weer te herhaal.
Dis waar ja!!

Gremlins dit kom steel??
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ou Ballie Veldskiet

Post by tripodmvr »

Telegramstyl.
Knak begin maar goed afgesluit.
Dop en tjop was lekker.
Huistoe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply