Sprinbok jag in die karoo

karooman
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Tue Feb 11, 2014 9:06 am

Sprinbok jag in die karoo

Post by karooman »

Middag Manne.

Ek het hierdie jaar weer springbokke om te skiet, Dit is in die Victoria Wes distrik,
30/kg uit die veld met net die pens uit.

Indien jy belangstel stuur gerus n Epos na scholtzherman@gmail.com en ek stuur vir jou meer detail.

Groete
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2103
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by win270 »

Met kop, vel en pote aan, is die eetbare vleis nogal aan die duur kant.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by DawieKotze »

win270 wrote:Met kop, vel en pote aan, is die eetbare vleis nogal aan die duur kant.
Duurder as normaal ja, maar die springbokke is bitter skaars in die Karoo die jaar. Daar is boere wat tot R1500 per bok vra.

As jy dus 'n goedkoper plekkie het, hou styf vas!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Jean Marais »

Win270, jy't 'n punt beet. Pryse wat ek onlangs vanuit die Vrystaat gekry het was R25/kg, met net die vel aan, kop, pote en binnegoed uit.

Ek hou nie juis daarvan om die manne se pryse te kritiseer nie, want daar is ouens wat bereid is om dit te betaal.

Hierdie is bloot net my opinie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Askari »

karooman wrote:Middag Manne.

Ek het hierdie jaar weer springbokke om te skiet, Dit is in die Victoria Wes distrik,
30/kg uit die veld met net die pens uit.

Indien jy belangstel stuur gerus n Epos na scholtzherman@gmail.com en ek stuur vir jou meer detail.

Groete
Karooman, watter addisionele koste is daar, bv dagfooie etc en hoeveel slag jou bokke uit (pens uit, kop, vel en pote aan).

Danie
Gooi lood!!!!
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Riebeeker »

Manne dit is nou 'n ding wat elke keer kop uitsteek - die kommentaar oor die bokke se pryse. Elke man betaal wat hy wil. As Persoon Z R10 000 vir 'n Nikko Sterling scope wil vra, los hom dat hy daarmee sit. Daar is hoeveel drade waarop ouens algemene pryse van bokke bespreek en dit is goed so, want dan verstaan almal wat deelneem hoe die mark werk en leer iets daaruit.

Kom ons los die kommentaar op die advertensies se pryse.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Jean Marais »

Riebeeker wrote:Manne dit is nou 'n ding wat elke keer kop uitsteek - die kommentaar oor die bokke se pryse. Elke man betaal wat hy wil. As Persoon Z R10 000 vir 'n Nikko Sterling scope wil vra, los hom dat hy daarmee sit. Daar is hoeveel drade waarop ouens algemene pryse van bokke bespreek en dit is goed so, want dan verstaan almal wat deelneem hoe die mark werk en leer iets daaruit.

Kom ons los die kommentaar op die advertensies se pryse.
Nes jy nou jou opinie hier lug, en geregtig is daarop, kan ek myne ook lug. Ek's ook geregtig daarop. Jy kan daarmee saamstem, of nie.

Oor en uit...
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by joe rocket »

Ek betaal R35/kg vir springbok karkas, waar Prince Albert. Al betaal ek R50/kg sal ek nog steeds by die boer jag! Hoekom, want dit is flippen lekker daar.Karooman jou pryse is reg moenie jou steur aan sekere komentaar nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Jakkalsgat »

Manne

Ek wil nie snaaks wees nie maar kop en pote aan gaan bok jou omtrent R600 kos wat glad nie sleg prys is vir Springbok nie. As jy net vir vleis skiet koop eerder 'n bees. Daar is niks fout met jou pryse nie en dis in elk geval nie "bid or buy " nie. Dankie dat jy jou pryse met ons deel.

Groete
Jaco
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by PWV »

joe rocket wrote:Ek betaal R35/kg vir springbok karkas, waar Prince Albert. Al betaal ek R50/kg sal ek nog steeds by die boer jag! Hoekom, want dit is flippen lekker daar.Karooman jou pryse is reg moenie jou steur aan sekere komentaar nie.
Joe Rocket, een van my vermoënde vriende. >:+
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by matewis »

Ek stem, n sb se kop en pote weeg darem nie baie kilos nie. Laai vmaxe en skiet vir die kop dan score jy R15 per bok.
karooman
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Tue Feb 11, 2014 9:06 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by karooman »

Dankie vir almal so kommentaar, persoonlik dink ek springbokke gaan alhoe meer skaars raak, dit raak nou meer winsgewend om skaap in sy plek aan te hou, so dalk oor n paar jaar lees ons net van hulle in die jag tydskrifte.

Groete Herman
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by PWV »

karooman wrote:Dankie vir almal so kommentaar, persoonlik dink ek springbokke gaan alhoe meer skaars raak, dit raak nou meer winsgewend om skaap in sy plek aan te hou, so dalk oor n paar jaar lees ons net van hulle in die jag tydskrifte.

Groete Herman
Karooman, daar was 'n vraag oor daggelde en verblyf, ens. Kan jy dit moontlik gee, asseblief.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by DawieKotze »

Hier is die pryslys wat Herman vir my gestuur het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Pappabeer »

DawieKotze wrote:Hier is die pryslys wat Herman vir my gestuur het.
Dit lyk vir my baie bilik. Ek gaan beslis nie uit Noord KZN na Vic Wes ry nie, maar as ek nog op Kimberley gebly het sou ek n draai daar gaan maak het vir n lekker springbokskiet.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Gawie(13mm) »

DawieKotze wrote:Hier is die pryslys wat Herman vir my gestuur het.
Dawie, wanneer ry ons?
Ek het nie 'n dubbelkajuit of 'n venter nie, maar sal vir my eie drank en bokke betaal, sowel as las vir die petrol. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Kingy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Kingy »

Kan ek dan maar opklim as julle verby Worcester kom, dan gooi ek die drank in julle kan net sit!
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Ockert1992 »

Ek sal self inval as julle hier verby kom
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by savage(P Coetzer) »

Om selfs n bees karkas te gaan koop by n groot handelaar gaan meer as R38/kg kos. Daai springbokke is n bargain!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by wlm »

Dawie en Gawie en Kie.
Ek sal hout bring, laat weet wanneer ons gaan.
Skaapvleis is R50-00/kg en Lam R70-00/kg so ek sal van daai R30/kg lekker wors maak.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by wlm »

Ockert
Amper vergeet ek, lekker wees om Sutterlandse stories om die vuur te gesels.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Gawie(13mm) »

Dawie kom in!!!!
Moenie nou klein koppie trek nie! ;D
Willem se hout maak mooi, so hy kan braai. Die drank is "ge-orgenaais" en Kingy sal skink. Ek weet nie waar Ockert gaan sit nie, maar ons kan nie die braaier alleen los nie. Ek sal al die gaps invul, maar ek sit niemand in die bed nie. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by Gawie(13mm) »

Karooman, grappies op 'n stokkie. Hoeveel man verkies jy by 'n voorsit. Ek dink ons kan 'n Jaracal groep van agt man sommer vinnig vol maak. Watter tye het jy beskikbaar? Jag julle ook Vrydag en Saterdag en hoeveel bokke moet 'n span afhaal?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by THOMAST »

Gawie, nou maak julle my ook lus!
Vir springbok skiet, nie die drankie nie.
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Re: Sprinbok jag in die karoo

Post by OU VOORSLAG »

Daai jagtrippie klink lekker
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
Post Reply