Watter varmint kaliber

Post Reply
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Watter varmint kaliber

Post by Sako75 »

Manne,

Ek will julle mening hoor oor watter varmint kaliber geskik sal wees vir 'n geleentheidsjagter wat net dan en wan in die veld kom?  Ek het reeds 'n 243 en sou graag julle mening wou hoor watter kaliber, scope en konfigurasie geskik sou wees vir iemand wat net by geleentheid in die veld sou wees vir enigiets van makoue, dassies, jakkalse, rooikatte, ens.

Sien uit na julle menings.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Ponkie »

Sako

My mening: 22-250 Howa Varminter met 24'' loop. Enige scope met 'n lens van 50mm en groter en 'n vergroting van 6-20.

Kom ons luister wat se die manne. Onthou, hierdie is 'n 6mm forum!!  ;D ;D

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Theo E »

22-250
herley

Re: Watter varmint kaliber

Post by herley »

22-250 Tikka ek wag nog net vir my lisensie, sal hopenlik iewers volgende maand reg wees
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Jaco Bezuidenhout »

Manne

Wat van n lekker akkurate 222 rem,ek weet hy is nie heeltemal reg vir n jak op 300m nie,maar hy is meer as genoeg vir jag van kleiner goed soos r/meerkat,waaier stert,s/hase,kraaie,ganse,makoue,ape,dassies ens. 22 250 is great,ekt ook een,so ook 243 waarmee ek jakkies en bokke skiet. Dalk soek sako net iets om meer casual mee te skiet. Dis ander saak as jy skiet vir n lewe of as jou skaap gevang word. Ek moet by se n 222 staan nie trug vir n jakkie nie,baie manne skiet jakke met hom.Sy akkuraatheid s potensiaal is vd beste. Net my 2c soos Francois altyd se.

Jaco
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Watter varmint kaliber

Post by Stefan764 »

Jy het mos n 243?? Vat diegeld wat jy op die nuwe roer wil spandeer en koop vir jou n BUL scope met n Varmint kruishaar. Leopold VX3.

As jy nou regtig geld het om te spandeer, koop n 22 - 250 en Ackley hom. O ja, en VX3 op sy rug...  ;)

Stef se 2c....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
fredd
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by fredd »

22-250 sal mooi werk.

fredd
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Jaco Bezuidenhout »

Stef

N 22 250 AI het nie so n moerse scope nodig nie,wel n 308  ;D Nou t ek seker moeilikheid!

Groete
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Watter varmint kaliber

Post by fanie17 »

Sako
Jy kan n 243 laai om omtrend n 22-250 te duplieseer.Watse geweer het jy en wat is jou loop se twist.Stuur vir my jou E-pos adres dan stuur ek vir jou n artikel oor die laai van 243 om soos n 22-250 te skiet.Koop n goeie scope en eksperementeer met herlaai.Probeer Barns TSX punte ,hulle is redelik lank vir hulle gewig en jy behoord hulle maklik in jou geweer te stabiliseer.Die punte kan jy ook met gewone hoeveelheid kruit laai ,is gemaak soos Frontiers
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Watter varmint kaliber

Post by Namib »

Naant Sako75

Vat daai 243 van jou gee hom n 70-65 gr BT en jy het niks meer nodig.Vat die geld wat jy op n ander geweer sou spandeer en sit n Zeiss op..... of as jy nou regtig wil iets anders he,laat Ackley daai 243.Om nog n geweer te koop vir dan en wan en jy sit met n 243,weet nie so mooi nie  :P :P

Namib Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Gerhard »

Rooikat wrote: Manne

Wat van n lekker akkurate 222 rem,ek weet hy is nie heeltemal reg vir n jak op 300m nie,maar hy is meer as genoeg vir jag van kleiner goed soos r/meerkat,waaier stert,s/hase,kraaie,ganse,makoue,ape,dassies ens. 22 250 is great,ekt ook een,so ook 243 waarmee ek jakkies en bokke skiet. Dalk soek sako net iets om meer casual mee te skiet. Dis ander saak as jy skiet vir n lewe of as jou skaap gevang word. Ek moet by se n 222 staan nie trug vir n jakkie nie,baie manne skiet jakke met hom.Sy akkuraatheid s potensiaal is vd beste. Net my 2c soos Francois altyd se.

Jaco
Jaco,

Ek het n Anshutz 222 by my pa gekry die naweek.

Ek moet nou net wag vir my hernuwing van die bevoegdheids kaartjie...

Dan gaan ek die geweer saam met die 30 06 Musgrave en 375H&H op my naam laat sit.

Dan word die 222 Rem bietjie ge herwerk om n varmint kaliber te word wat nog baie jakkalse gaan laat bars met 50gr V Max...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Sako75 »

Dankie manne,

Net nog 'n klip in die bos : Gesien in die lig dat ek maar 'n geleentheidsjagter is het ek gewonder hoe iets soos 'n ou Sako Varmintertjie in 222 met 'n ou 8x56 sou werk?  Mens behoort seker die geweer en scope vir goeie prys te kry en die loop kostes behoort laag te wees en die akkuraatheid goed?
Last edited by Sako75 on Tue Mar 29, 2011 9:52 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Watter varmint kaliber

Post by fanie17 »

Vat n 223 dit is soos n 30-06 net bietjie beter as n 308.Nou gaan my gat seker slae ,kry sal dit vat
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Wouter Roets »

Faan

Jy beveel nou n top premuim koeel soos barnes TSX aan vir n persoon wat so bietjie wil rondspeel? Stadig op die voggies my maat! ;D
Onthou die man het aangesluit by die forum om GOEIE RAAD te verkry!
Die 223 gedeelte was nie te sleg nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Henk »

Fanie
Jy gan nie by my slae kry nie!!! My 222 het op pensioen gegaan, nou wag ek vir my 223 (mod 700 SPS Varmint) se liksens. Aansoek le darem al "voor die raad".
Ligte kalibers is koning !!!
Henk
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Geno »

.223 Ackley, oeeeee, daai skouertjies is al te pragtig!!!!!!!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Watter varmint kaliber

Post by Hein M. »

Stefan764 wrote: Jy het mos n 243?? Vat diegeld wat jy op die nuwe roer wil spandeer en koop vir jou n BUL scope met n Varmint kruishaar. Leopold VX3.

As jy nou regtig geld het om te spandeer, koop n 22 - 250 en Ackley hom. O ja, en VX3 op sy rug...  ;)

Stef se 2c....
Wat meer wil jy he?  Dalk 'n 223?  Baie bekostigbaar en jy kan jou kinders leer skiet met hom.  Heerlik om voor te herlaai.

Net my 2c

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Watter varmint kaliber

Post by Armand Steenkamp »

Geno mater kyk daar stem ek saam.Daai skouertjies het die selle uitwerking as n meisie met n mooi lyf
Kry eintlik so n krieweling in my
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Post Reply