Knaldemper se kopkrap impak op teiken

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

ek skiet met my 308 met knaldemper(kd) op en kry goeie groeppe met 130grn Hornadys. ek gaan die winter koedoe jag en dan gaan dit sonder die kd wees. dit sal wel met 150gr wees. ek doen toe gister op die baan sommer n paar toetse om te sien waar tref die skote met en sonder die kaldemper.
ek skiet toe sommer ook oor die crony om te sien hoe verskil die spoed met en sonder die kd.  ek was aangenaam verras om te sien dat die groeppe en die spoed konstabt bly. wat ek nie kon verstaan nie is dat ten spyte daarvan dat die spoed dieselfde gebly het skiet die geweer 2duim hoer!!! met 130grn sonder die knaldemper. is daar van julle manne wat al meer ondervinding het oor met en sonder kd te skiet en die verskille wat ek kan verwag?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Gerhard »

Jy is 100% reg,

Impak punt met en sonder demper gaan verskillend wees.

Ek het my Hornet in gestel met die demper op en dis al hoe ek met hom jag.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

ek verstaan dat die loop se karaktereienskappe verander as daar meer gewig op die punt is, in die geval die kd. maar as hy hoer skiet dan moet die koel tog vinniger wees?  ek sou verstaan het as hy na regs of links uitgewyk het maar hoer wil nie vir my sin maak nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Naas »

Jagbehep

ek verstaan dat die loop se karaktereienskappe verander as daar meer gewig op die punt is, in die geval die kd. maar as hy hoer skiet dan moet die koel tog vinniger wees?  ek sou verstaan het as hy na regs of links uitgewyk het maar hoer wil nie vir my sin maak nie.

As ek dalk kan help.Baie eenvoudig gestel.As jou geweer die kd op het,skop die geweer minder.so jou loop se punt tel minder op as jy skiet.
Met die kd af tel jou geweer se loop meer op,en dis hiekom jy dan hoer skiet.jou spoed bly die selfde.

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

Ludwig wrote:
Ludwig wrote: ... en daar is minder loop wip.
Jagbehep, daai is maar die groot rede soos ek genoem het hoekom jy daai impak verskil sien. Onthou, 'n geweer se loop begin optel die oomblik sodra ontbranding in die kamer geskied. Teen die tyd wat die koeel by die loop uitgaan, het die loop al heelwat opgetel (loop wip). Met die KD op is hierdie mos nou 'n heel ander prentjie en teen die tyd wat die koeel nou by die loop uitgaan is die loop nie naastenby so hoog gelig soos in die geval sonder die KD nie.
Ludwig, ek verskil van jou. maar ek het nie self die blootstelling nie, ek verskil van jou op grond van videos wat ek al gesien het. dis hierdie hoespoed kameras tipe dokumentere programme. ek dink daar is n paar op youtube ook, waarop hulle wys dat die patroon tref al op 25m die teiken dan kom die recoil en loopwip eers.

ek weet die loop maak n tipe van figuur 8 by sy kroon en iewers in die figuur 8 los hy die patroon, so ek moet aflei dat die plek op die figuur 8 waar die loop dan die patroon los verskil van waar dit die loop verlaat met die kd en daarsonder. ek verstaan nie hoekom is dit hoer nie. my vriende se verskille is almal na links of regs.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Geno »

Die loop begin wel optel/beweeg vandat die koeel begin beweeg uit die dop uit.
Dis agv die druk wat die koeel vorentoe laat gaan, en die geweerloop wat dit probeer weerstaan.
Dis hoekom 'n ligte geweer meer as 'n swaarder geweer skop.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Geno »

'n Geweer skiet hoog sonder kd omdat die loop amper mikroskopies afbuig met of sonder 'n kd, maar meer met 'n kd. Dis ook hoekom 'n stywer, lees dikker loop minder verskil het met of sonder 'n demper.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Gerhard »

Enige invloed (drukking) op die loop gaan n verskil maak op die impak punt.

Of dit nou n demper is of dat die loop nie free floating is nie of soos Ludwig die loop vas druk beinvloed die impak punt van die punt op die teiken.

Die presisie metalurgiese rede hoekom dit gebeur kan ek nie se nie
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by MJK »

Ek stem saam met die 8 figuur wat loop maak. My .270 skiet 2 duim links en 3 duim hoog sonder die KD. Wat verklaar dat met die gewig vooraan loop die 8 se beweging beiinvloed is, veral omdat die loop swaarder is en dus minder beweeg(kleiner 8 figuur).

Ludwig
As jy enige iets teen die loop laat rus tydens die skoot sal jou POI verskil omdat die normale vloeiaksie beiinvloed is, selfs iets soos jou hand.

Ek het al daai skoot beleef dat gewonder het ho op dees aarde het ek daai bok mis geskiet. Met nabetragting het ek agter gekom my loop het teen die tak geraak toe ek aangele het. Jy fokus so op wat daarvoor aangaan dat nie opmerk waarop geweer rus nie.

Om goeie groeperings te kan skiet moet daar so baie dinge so na as moontlik dieselfde bly, selfs jou agterste greep op die kolf,  die manier hoe die sneller gedruk word, hoe en waar die geweer voor rus, ens, ens bo en behalwe die effek van die komponente van die patroon.

Daarom is dit belangrik, soos Koos Vassuig altyd s?,  om jou POI in velddoestande (sit, staan, kniel, le, rol  ;D) te bevestig voordat jy jagveld betree want dit kan verskil met jou baan instelling
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Stefan764 »

Hierdie punt is al lekker bespreek hier op die forum...

My raaiskoot: Moet wees agv loopwip. Onthou net hoe min moet hy fiesies wip om net 15cm hoog op 100m te wees. Dis maar 0.09grade !!  :o So dit kan defnitief dit wees.

Ludwig, oppas net, as jy jou loop teen jou kussings/sandsakkies vasdruk kan dit dieselfde effek he as wat n loop en kolf iewers raak (drukpunt). MJK het my voorgespring! Ek sluit aan hier by sy punt.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

MJK, ek sien jy se jou impakpunt verskil van sonder die kd en met. nou is ek net nuuskuurig of jy die spoed gemeet het met en sonder?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Jagtersdok »

Manne hoe lekker lag ek nou ;D

Die ding is al deur en deur bespreek op die forum

Die microskopiese buig van die loop is nie genoeg om die geweer laar te laat skiet nie. Dit het ons nou al mooi bewys met die wiskunde.

Dit gaan als oor die gewig voor aan. Die toetse is ook gedoen waar daar meer gewig voor aan die geweer se kolf gesit is en niks wat aan die loop raak nie dan bly dit laer skiet.

As jy nou wil weet hoekom daar verskil in verandering is tussen die 150gr en 130gr, hier is recoil en spoed van belang.

Gaan lees die topic "laagskiet met silencer/knaldemper"
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Jagtersdok »

Boys dis baie maklik om te verduidelik

Met 'n 300 Win mag sukeel jy maar om die tyken te sien as jy daai skoot getrek het want die opwaartse krag is net te veel. Sit vir daai roer 'n Lekker silencer op en jy hou hom gemaklik op die teiken. want die kragte wat afwaarts teen die opwaartse wip werk is net soveel meer.

Ook met die diesign van die kd wat ek netnou vergeet het om te s? vang die "baffles" die lug wat vorentoe verplaas word op, dit in sy eie werk weer teen die agtertoe stoot krag van die recoil wat om die "pivot" in opwaartse wip om geskakel word
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Jagtersdok »

Ludwig is heeltemal reg dat as jou kd reg is kan jy soms spoed wen( die druk van agter uit die kamer is nog daar, maar die sleur van die loop nie,)
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by MJK »

Jagbehep! wrote: MJK, ek sien jy se jou impakpunt verskil van sonder die kd en met. nou is ek net nuuskuurig of jy die spoed gemeet het met en sonder?
Minimale verskil in spoed. Ek het al 3 keer die toets gedoen(nie elke keer spoed gemeet nie). As KD afhaal, kan ek maar daai duime afmik om weer op die kol te skiet.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

dankie.

ek dink sommer om my nuuskierigheid in toom te kry sal ek n toets doen waar ek die geweer voor houvas of vasmaak en kyk of hy dan steeds hoer skiet. ek se weer ek het al n paar dokumentere programme gesien en op die net waar die patroon al n teiken tref op 25m voordat die loop wip, so hoe kan die loop wip dan die patroon beinvloed het?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Jagtersdok »

Jagbehep

Ek is ook so ek toets als ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

hel dok, ons het darrem n lekker stokperdjie!!!! ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Stefan764 »

Jagbehep! wrote: dankie.

ek dink sommer om my nuuskierigheid in toom te kry sal ek n toets doen waar ek die geweer voor houvas of vasmaak en kyk of hy dan steeds hoer skiet. ek se weer ek het al n paar dokumentere programme gesien en op die net waar die patroon al n teiken tref op 25m voordat die loop wip, so hoe kan die loop wip dan die patroon beinvloed het?
James

Soos ek gese het gister. Ek het dit wiskundig uitgewerk ( haha  ;D sorry Ludwig ou maat). Die loop wip 0.09 grade op om 15cm hoer te skiet op 100m. Dink gou mooi oor 0.09grade!! Dis boggerol! Jy sal dit glad nie met die oog kan raaksien nie. Onthou hy moet in 1,2millisekondes (tyd wat dit neem vir koeel om loop te verlaat) net 0.09grade opspring (recoil), en eks bevrees dit gaan jy op geen HD/Highspeed/Helsegoeie kamera kan vasvang nie. Nie eers die Mythbusters nie  ;D ;D

Ek weet nie, maak dit sin wat ek se?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

Stefan, dit is al verklaring war vir my sin maak. maw die loop wip tog op al kan dit nie met die oog gesien word op die hoespoed film nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Beyers »

Ek het al gedink om 'n potlood vooraan die loop vas te maak en te probeer om die figuur 8 te sien. maar 0,09grade gaan net 'n kolletjie wees
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Stefan764 »

Jagbehep! wrote: Stefan, dit is al verklaring war vir my sin maak. maw die loop wip tog op al kan dit nie met die oog gesien word op die hoespoed film nie?
Hoe ek dit ok sien mater. En dis op 6" !!! Dis baie kleiner in jou geval van 2"....

Onthou net, as julle die toets wil doen moet julle n gewig aan die kolf hang, nie aan die loop nie. Enige afwaartse druk op die loop kan dit teen die kolf laat druk en dan is jou toets anyway moertoe. Ook nie op teleskoop nie (skies weer maat  :angel: ), net jou kolf...

Sal interessant wees om die resultate te sien. Waner is jou toets James ??  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by James Wilson »

jong ons is kwaai besig hier in Christiana met die Delwersfees van die naweek, en dan het ons nou n skietklub gestig en n huurooreenkoms met die munusipaliteit aagegaan om die vervalle skietbaan te huur en te herstel. so skiet is op die oomblik vir n verandering tweede in my lewe. so ek glo ek eers sal saterdagoggend gaan skiet.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Jagtersdok »

Ek het nie eers geweet julle manne daar in Christain trane kan skiet nie hehehehe.

Om jou toets so erverdig as moontlik te maak sonder om dit ingewikkeld te maak. Weeg jou kd
Vat nou iets dubbeld( want jy kom nou halfpad terug met die aksis n? dompkrag beginsel) daai gewig en maak dit vas aan daai voorste "sling swivel" en onthou dit moet "suspend"
skiet sonder om die geweer voor vas te hou tenminste 3 skote op teiken. Merk met kleur pen
Haal die gewig af en sit kd op. Die gweer se rests en als moet presies dieselfde posisies wees as wat dit was met die gwig, maw jy moet presies dieselfde skiet houding h?. Skiet weer 3 skote op dieselfde teiken merk met ander kleur pen.
Nou gaan skiet jy 3 skote met die kaal geweer, weer presies als dieselfde
Onthou om nie met een van die 3 groepe die geweer voor vas te hou nie die geweer moet "pivot' om jou skouer

Ek gaan jou nou klaar s? wat die reseltate gaan wees maar jy kan dit maar kom bevestig.

Die kaal geweer gaan die hoogste skiet.

Die met die gewig gaan laer skiet agv die ekstra swaarte krag wat inwerk teen die recoil

Die silencer gaan nog bietjie laer skiet agv die feit dat daar 2 meganismes is wat teen die recoil werk,nl die ekstra gewig en dan die gas wat in die baffles vas gevang word soos ek vroeer verduidelik het
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Knaldemper se kopkrap impak op teiken

Post by Stefan764 »

Manne/Maninne/Jagbehep en Jagtersdok

Na aanleiding van Dok se stelling hierbo (waarmee en 101% saamstem) vra ek nou die volgende vraag:

Gaan my geweer laer skiet as ek hom (aan die kolf) stywer vashou of stywer teen die dooierus-boom vasdruk of stywer aan sy geweerbelt onder die kolf vashou/trek of op watter manier ook al, stywer vashou as ek skiet/jag as waneer ek hom ingeskiet het vanaf sandsakkies op die Bench by die skietbaan waar hy net in gerus het en nie vasgedruk was nie?? ?? ??

Dit kan mos neuk....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply