Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johann Marais »

Sjoe hierdie is 'n baie goeie idee.

Ek kan dink hulle maak baie mooi messe maar bly hulle lank skerp?
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

BAIE inligting vir al die rookies wat praktiese inligting soek om daai EEN mes te maak!

Ek hou veral van die mosaic pins op p4

http://www.northcoastknives.com/northco ... s_tips.htm
mosaic1.gif
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JJV »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016082 ... df5c27.jpg[/IMG]More is dit hout tyd!!
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Baasvark »

Lekker draad die!
Messe lyk goed!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

JJV wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20160820/aae738b4a445dbeaeefbf20085df5c27.jpgMore is dit hout tyd!!
Lyk goed so vêr.
Jannie Welman
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

JJV
Dit lyk baie belowend. Daai profile maak n lekker skinner om vel af te haal.

Jannie hoe vorder jou projek?

Ek het gister aan n "sushi" mes begin werk. Net eenkant word geslyp en hy het n versteekte tang...met lig en donker hout handvatsel.

Sal later fotos opsit.

Laat die staal skerp word!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Het iemand al Transvaalse boekenhout gebruik as hef materiaal? Ek wonder of dit geskik sal wees, want ek het toegang tot hout. Die selvormige patroon van die hout lyk interessant.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Johan Nel wrote:Het iemand al Transvaalse boekenhout gebruik as hef materiaal? Ek wonder of dit geskik sal wees, want ek het toegang tot hout. Die selvormige patroon van die hout lyk interessant.
Johan n mens kan basies enige hout gebruik solank hy nie te sag is nie. As jy duike in hom kan druk met jou vinger naal gaan hy dalk nie werk nie maar andersins sal dit nie n probleem wees nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Dries, ek wil vir my n ordentlike skuur masjien koop. Waar stel jy voor moet ek gaan kyk?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Henning ek sou nie twee keer dink nie. herbst se 3 wheel grinder. En as jy spasie het eerder herbst se ultimate grinder. Ek stel voor byt die bullet en kry wat ookal masjien met die verstelbare spoed. Ek werk op enkel spoed maar dit is 3 keer moeiliker as op n VSD.

Dan terwyl jy besig is kry sommer dan die disc sanding attachment, small wheel attachment en buffing attachment. Dan kan jy basies enige mes maak.

As jy wil flatgrind gaan jy n platten ook soek. Ek flatgrind amper exklusief aangesien ek glo dit is n better grind vir die klas mes wat ek maak. En ongelukkig hollow grind elke 2 de ou en dis hoekom meeste mes maakers se messe in SA so dieselfde lyk.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

My projek kom mooi aan. Ek het die lae van die handvatsel klaar ge-epoxy gister.

Ek het ook die bolster/vingerwag plaat voltooi
14717893821660.jpg
14717894363062.jpg
14717894819604.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Vanmiddag het ek 'n koper sleeve ingesit vir 'n lanyard en die vormwerk begin. Die ontwerp is eenvoudig en kry insperasie van japanese styl swaard handvatsels om by die tanto lem profiel te pas. Is baie tevrede met die resultaat so vêr vir my eerste projek.
14717894930015.jpg
14717895060556.jpg
14717895130957.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Nou nog die handvatsel pin en behandel.
14717908100378.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Dries101 wrote:Henning ek sou nie twee keer dink nie. herbst se 3 wheel grinder. En as jy spasie het eerder herbst se ultimate grinder. Ek stel voor byt die bullet en kry wat ookal masjien met die verstelbare spoed. Ek werk op enkel spoed maar dit is 3 keer moeiliker as op n VSD.

Dan terwyl jy besig is kry sommer dan die disc sanding attachment, small wheel attachment en buffing attachment. Dan kan jy basies enige mes maak.

As jy wil flatgrind gaan jy n platten ook soek. Ek flatgrind amper exklusief aangesien ek glo dit is n better grind vir die klas mes wat ek maak. En ongelukkig hollow grind elke 2 de ou en dis hoekom meeste mes maakers se messe in SA so dieselfde lyk.
Dankie Dries, dit klink na n plan.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Viking wrote: Ek het gister aan n "sushi" mes begin werk. Net eenkant word geslyp en hy het n versteekte tang...met lig en donker hout handvatsel.

Sal later fotos opsit.
Mes maak hou jou nederig - al gebruik jy 2e graadse staal (saaglem)

Die "sushi" mes het my geleer om STADIG te moet slyp en veral warm word te beperk. Die saaglem is wel hard en jy boor nie maklik 'n gat in die staal nie, maar is steeds net 1.6 mm dun. Om die skuins snit oor die lengte te "grind" sonder dat die lem krom trek van die hitte is 'n uitdaging!

Nou kan ek begin met die 8 kantige hout handvatsel.
20160820_123517_resized_2.jpg
20160820_164912_resized_2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Mooi so Viking. Ek hou ook maar die staal koud soos ek skuur.

Watse mareriaal maak jy handvatsel van?
Jannie Welman
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Jannie,

Ek gebruik wat beskikbaar is in die garage - gaan swarthout en imbuya met ss spacer probeer.

Het die een op die internet gesien.
Blackwood handle.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Dries101 wrote:Henning ek sou nie twee keer dink nie. herbst se 3 wheel grinder. En as jy spasie het eerder herbst se ultimate grinder. Ek stel voor byt die bullet en kry wat ookal masjien met die verstelbare spoed. Ek werk op enkel spoed maar dit is 3 keer moeiliker as op n VSD.

Dan terwyl jy besig is kry sommer dan die disc sanding attachment, small wheel attachment en buffing attachment. Dan kan jy basies enige mes maak.

As jy wil flatgrind gaan jy n platten ook soek. Ek flatgrind amper exklusief aangesien ek glo dit is n better grind vir die klas mes wat ek maak. En ongelukkig hollow grind elke 2 de ou en dis hoekom meeste mes maakers se messe in SA so dieselfde lyk.
Dries baie dankie. Ek het nou vir my al die goete bestel by Thinus wat vir my n aftree joppie is.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Ekself het gister my 'wonder metaal' yster getoets. Eers na die vonke gekyk van die ‘grinder’ en dit maak ster vonke. Toe 'n stukkie rooiwarm gemaak met die gasvlam totdat dit nie meer magneties is nie en toe in olie gedompel. Daarna in die werksbank klamp vasgetrek en hom 'n allemintige hou met die hamer gegee.... ++>: Hy het solied deurgebreek en wys die beskryfde grys kleur en wat vir my lyk na fyn korrelrige tekstuur... :-[ Handvyl maak net ligte merkies.
Nou beplan ek om die profiel van die ontwerp wat ek gekies het uit te sny uit die stuk staal uit en tot teen die merke te ‘grind’. Daarna wil ek dit uitgloei om te versag sodat ek dit met die vyle kan bewerk tot basiese vorm en weer verhard. Alles dinge wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie... ???
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Mooi Johan! Ek dink jy is 'n YSTER!

Hier kom 'n ding - ek bewonder jou "guts" om die bul by die horings te pak.

Hou ons op hoogte van jou vordering en plaas 'n paar fotos.

Sterkte
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Dankie Viking,
Jy is my al 'n ent voor met die messe wat jy al gemaak het. Ek dink el wil binnekort 'n mesmaakkursus gaan bywoon sodat mens die fundamentele vaardighede en tegnieke onder die knie kan kry.
Sterkte ook met die sushi mes. Ek glo dit gaan mooi uitkom.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

20160823_134205.jpg
20160823_140633.jpg
Middagete gou die lem uit die staal gesny.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Hier kom 'n netjiese mes!!

"n Man wat sy profile so naby en netjies teen die lyn "gou oor etenstyd" kan gesny kry - hy ken van met tools werk.

Johan dit lyk of die oorspronklike staal ook as snylem gebuik is?

Ek hou die een fyn dop ...
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Johan Nel wrote:Ekself het gister my 'wonder metaal' yster getoets. Eers na die vonke gekyk van die ‘grinder’ en dit maak ster vonke. Toe 'n stukkie rooiwarm gemaak met die gasvlam totdat dit nie meer magneties is nie en toe in olie gedompel. Daarna in die werksbank klamp vasgetrek en hom 'n allemintige hou met die hamer gegee.... ++>: Hy het solied deurgebreek en wys die beskryfde grys kleur en wat vir my lyk na fyn korrelrige tekstuur... :-[ Handvyl maak net ligte merkies.
Nou beplan ek om die profiel van die ontwerp wat ek gekies het uit te sny uit die stuk staal uit en tot teen die merke te ‘grind’. Daarna wil ek dit uitgloei om te versag sodat ek dit met die vyle kan bewerk tot basiese vorm en weer verhard. Alles dinge wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie... ???
Johan jy praat van die metaal weer verhard.

Jy sal waarskynlik n redelike goeie job doen maar jy kan nooit die metaal se potensiaal bereik tensy jy presies weet watter staal en die verharding prosses wat gevolg moet word met hierdie staal.

Ek dink dit is gepas om weer te noem soos Dries gese het dat as jy met n onbekende staal werk moet jy nie die beste resultaate verwag nie. Alhoewel dit goed is om te begin leer op sommer enige carbon staal.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Pvdw »

Viking en manne. Ek wou so 2 jaar gelede 'n mes vir my maak maar die kostes was net te erg. Die draad blaas nuwe lewe in my ptojek.

KMT en Herbst is beide so 15km van my af en ek gaan maar vir eers so blank of 2 by hulle aanskaf.

Adendorff het selle klein band grinder as die 1 van RYOBI tee R1100. Voorraad is egter eers oor 3 weke in. Hulle gebruik die 25x760mm bande wat KMT en Herbst verkoop.

Sodra ek wegspring met my projek hou ek julle op hoogte.
Post Reply