25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Wouter Hugo2
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jun 19, 2016 6:23 pm

25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Hugo2 »

Hallo ek is opsoek na raad . Enige iemand al 25-06 ge AI .Wat is julle gevolg trekking of sal julle n kaliber verander eerder doen en wat sal die aanbeveling wees
Dankie


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by tripodmvr »

Gaan lees hierdie artikel en dit sal jou iets oor die geskiedenis vertel.

https://www.shootersforum.com/wildcat-c ... idges.html
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Pvdw »

WH wat pla jou van jou 25-06? Met meer info kan jy dalk meer raad kry.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Roets »

Hallo Wouter

Ek het een al vir n geruime tyd. Deur so bietjie meer informasie te gee soos wat jou behoefte is kan n mens vir jou goeie raad in die verband gee.

Groetnis
Wouter
Wouter Hugo2
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jun 19, 2016 6:23 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Hugo2 »

Goeie naand dankie my loop is uit geskiet ek skiet links en het n links aksie en het baie gesukkel met die geweer so dit is of n ander kaliber maak of AI maak
Dankie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Roets »

Wouter

Kom ek probeer praat oor die 25-06 Ackley. Hy wen nie veel bo die standaard 25-06 Rem in spoed terme nie. Die eenvoudige rede hiervoor is oor ons nie n geskikte poeier het om die beste te maak van sy groot vir kaliber dopkapasiteit nie. Ons poeiers doen nie te sleg met koeels van tot 85/90gr nie, maar met die swaarder koeels kort n mens n stadiger verbrandende poeier as S385. Daar is van die nuwe invoer kruite wat wel hier sal kan werk. Ek dink nou maar aan Vihtavouri N560 agter n 115gr Berger teen n nodespoed van 3341ft/sek uit n 28 duim loop.

Die positiewe kant natuurlik is dat jy maar gaan sukkel om n kaliber te kry wat hom klop in die meduim tot lang afstand (>400m) in trajek terme. Tipies dink ek aan bakkie jag waar daar vinnig geskiet moet word en n mens nie altyd tyd het vir afstand meet nie. Min kalibers klop hom in die departement. Persoonlik voel ek net dat sy recoil maar n rapsie hoog is vir oes werk aangesien n mens gewoonlik die dier uit die teleskoop verloor met die skoot.

As my loop moeg is en ek moet weer n .257 kaliber kies sal ek eerder vir die 257 Roberts AI gaan. Hy is balisties identies aan die 25-06 Rem en sal beter looplewe en recoil he. n Beter keuse sal natuurlik n 6.5 wees agv beskikbaarheid van hoe BC koeels vir werklike langafstand skiet werk. Hier kan n mens kyk na of die 6.5-284 of die 6.5-06 om te kompeteer met die 25-06 Rem. Onder toe is natuurlik die verskillende 6mm om van te kies. Alles hang natuurlik van jou aplikasie af hetsy dit nou skiet of jag is. Onthou net jy sit met n lang aksie so probeer n rondte kry wat daarvan gebruik kan maak.

Laat weet maar jou aplikasie dan kan n mens beter en meer spesifieke aanbevelings doen.

Groetnis
Wouter
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Supacow »

Niks benut n lang aksie so goed soos n 270 ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Capt. Yoda »

Supacow wrote:Niks benut n lang aksie so goed soos n 270 ;)

These are the days of our lives
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Williel »

Wouter Roets wrote:Ek dink nou maar aan Vihtavouri N560 agter n 115gr Berger teen n nodespoed van 3341ft/sek uit n 28 duim loop.
Wouter, is die gegewens baseer op die AL weergawe?
Groete, Willie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Roets »

Williel wrote:
Wouter Roets wrote:Ek dink nou maar aan Vihtavouri N560 agter n 115gr Berger teen n nodespoed van 3341ft/sek uit n 28 duim loop.
Wouter, is die gegewens baseer op die AL weergawe?
Yebo.
Wouter Hugo2
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jun 19, 2016 6:23 pm

Re: 25-06 Ackley of kaliber verander na .....

Post by Wouter Hugo2 »

Dankie Wouter ,jy insette help dankie
Geseende aand


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply