Subsonic lading

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Subsonic lading

Post by JacoJ »

Dagse almal.

Ek spook met die gedagte om vir my .308 win subsonic rondtes te laai. Ek het by n vriend van my n lading gekry van 9 gr mp200 op n 180gr punt. Dan laai hy dit met n papier pluisie om die kruit teen die primer te hou.

Wel hier kom die kinkel. Die trajek is BAIE om van te wens. Dus het ek gedink om dalk impale punte te gebruik. Dalk hulle 90 gr punte om die trajek te verbeter.

Enige raad of idees?

Groete

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Subsonic lading

Post by Armand Steenkamp »

JacoJ ek kan nie sien dat jou trajek sal verbeter nie. Jy gaan altwee koeels subsonies laai. Die impala gaan jy sukkel om subsonies te laai en ek befeel dit nie aan nie...
Gebruik ook maar eerder dacron vir n vuller..

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Subsonic lading

Post by tripodmvr »

Subsoniese ladings is vir afstande nader as 50m. Hierdie ladings kan met 0,22 ammunisie vergelyk word en ons weet dat dit baie erg val na 50m. Die beste is 'n swaar koeël met pistool dryfmiddel wat vinnig ontbrand. Gewoonlik word dit gebruik om bosvarke of soortgelyk in die nag te skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Hi baie dankie vir die raad sover. Ek beplan om dit om en by op 50m te gebruik. Maar het gedink dit sou dalk effe verder gebruik kon word met n ligter punt wat nie so vinnig grond toe kom nie.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Subsonic lading

Post by tripodmvr »

Trajek is gekoppel aan spoed. As jy subsonies skiet dan moet jy sorg dat jy die loop in sy oor druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

tripodmvr wrote:Trajek is gekoppel aan spoed. As jy subsonies skiet dan moet jy sorg dat jy die loop in sy oor druk.
Beteken dit dan dat n 100gr punt teen 1000fps en n 200gr punt teen 1000fps (wat die selfde bc het vir arguments onthalwe) die selfde trajek gaan volg? Volgens my behoort die penitrasie van die swaarder punt beter te wees (gegewe dat albe die selfde vorm is of glad nie mushroom nie) agv beter kinetiese energie. Is die stelling korek?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Subsonic lading

Post by Aceofspades »

'n Beter BC op die koëel sal sorg dat hy beter sy spoed behou, dus minder val. Jy sal nou moet begin rondsoek, want jy sal moet kyk na die BC as die koëel subsonies is en nie supersonies nie. Daar is ander tipes kragte wat op die koëel inwerk as hy stadig beweeg. As jy alles bymekaar bring gaan 'n swaarder koëel beter werk vir 'n beter trajek.

Praat met Neef hier op die forum, hy het al subsons gelaai.

Kriek
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Subsonic lading

Post by tripodmvr »

Kom ons draai die vraag vraery om. Hoekom wil jy subsonies skiet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Aceofspads wrote:'n Beter BC op die koëel sal sorg dat hy beter sy spoed behou, dus minder val. Jy sal nou moet begin rondsoek, want jy sal moet kyk na die BC as die koëel subsonies is en nie supersonies nie. Daar is ander tipes kragte wat op die koëel inwerk as hy stadig beweeg. As jy alles bymekaar bring gaan 'n swaarder koëel beter werk vir 'n beter trajek.

Praat met Neef hier op die forum, hy het al subsons gelaai.

Kriek
Dankie ek sal so maak

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

tripodmvr wrote:Kom ns draai die vraag vraery om. Hoekom wil jy subsonies skiet?
Min as moontlik geraas maak. Varke hoofsaaklik beheer.

Ek weet ek vra seker dalk on nodige vrae volgens party mense. Maar wil net die hele ding mooi verstaan. Eks maar van natuure n nuuskierige mens....

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Subsonic lading

Post by Pvdw »

Ek het gereeld subsonies met my 303 geskiet. Vetpret om letterlik die slagpen op die slagdop te hoor.

Ek het 180gr lood gelaai met tussen 9 en 10gr S221.

Het 1 dag gesit en speel toe ek nog geglo het aan fireform vir my 303. Ek het 30 rontes gehad. Dit het my seun 5 skote gevat om mooi te sien hoe hy moes opmik sodat hy op 100m zero. Daarna het hy die ander 25 skote met gemak in 'n 50x50mm blokkie geskiet.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Subsonic lading

Post by Pvdw »

As jy subsonies wil jag moet jy die swaarste koeël kies wat die geweer gaan stabuliseer sodat jy meer energie kan kry. Kyk na die opsie om lood te skiet aangesien dit moontlik beter mag omklink as koper mantel koeëls.
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Dankie vir die raad. Ek het n 303 ook wat ek kan gebruik vir dit. Enige voorstelle vir watse matryse om lood punte te cast?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Subsonic lading

Post by Pvdw »

Vir lood moet jy tenminste .001" oversize selfs .002" cast dus 'n mould wat 313of 314" gooi en jy kan dan size na 312 of 313". Beide Lyman en Lee maak nice moulds vir 303.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Subsonic lading

Post by tripodmvr »

Varke skiet in die dag of nag? By water of voerplek?

As jy by water of 'n voerplek sit kan jy sorg dat jy 20-30m weg is. Die beste is dan om swaar koele in veral 30 of 303 te skiet wat goed sal penetreer om hulle gou dood te maak. Jy moet dus die voordeligste jagposisie soek asook die beste skietgoed wat goed sal werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Om op te som sover.

Swaar koel
Vinnig brand kruit
Indien lood - oversize en dan trim
Naby skiet 30-50m

Wat die cast en trim aan betref. Hoe trim jy die punte? Watse toerusting is nodig?


Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

tripodmvr wrote:Varke skiet in die dag of nag? By water of voerplek?

As jy by water of 'n voerplek sit kan jy sorg dat jy 20-30m weg is. Die beste is dan om swaar koele in veral 30 of 303 te skiet wat goed sal penetreer om hulle gou dood te maak. Jy moet dus die voordeligste jagposisie soek asook die beste skietgoed wat goed sal werk.
Varke maar in dag en nag. Sal by voerplekke ook wees van tyd tot tyd. Soos dit vir my nou lyk dink ek dat ek die 303 subsonic gaan laai vir as ek by voerplek of water skiet en die 308 maar normaalweg laai vir verder afstande.

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Subsonic lading

Post by Pvdw »

RCBS lub o matic of Lee se sizing stel. Ek gebruik RCBS.
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Subsonic lading

Post by Krobb »

Ek het ook n paar jaar n gejeuk gehad wat gekrap moes word. Na ek alles gelees het wat ek op die net kon kry het ek 10gr mp200 agter n 143gr FMJ gelaai wat ek agterstevoor in die dop geseat het. Ek het nooit die spoed gemeet nie maar glo ek was sub-sonies of baie na daaraan.
Akuraatheid was vrot, so 4 duim op 50m met flyers wat die groep nog rek.
Ek en my swaer het elkeen n tarentaal mooi "op die knoppe geskiet en albei het nog n ent gehardloop. Ek sal definitief nie n vark met hulle skiet nie.
Dit is wel groot pret met geen terugskop en min geraas.
Ek sal die varke liewer met gewone 308 ladings skiet .
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Krobb wrote:Ek het ook n paar jaar n gejeuk gehad wat gekrap moes word. Na ek alles gelees het wat ek op die net kon kry het ek 10gr mp200 agter n 143gr FMJ gelaai wat ek agterstevoor in die dop geseat het. Ek het nooit die spoed gemeet nie maar glo ek was sub-sonies of baie na daaraan.
Akuraatheid was vrot, so 4 duim op 50m met flyers wat die groep nog rek.
Ek en my swaer het elkeen n tarentaal mooi "op die knoppe geskiet en albei het nog n ent gehardloop. Ek sal definitief nie n vark met hulle skiet nie.
Dit is wel groot pret met geen terugskop en min geraas.
Ek sal die varke liewer met gewone 308 ladings skiet .
Hoekom agterste voor in die dop geseat?? Eerste wat ek dit van hoor...

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Subsonic lading

Post by Krobb »

Jy is ook op die grens tussen sub-sonies en koeel in die loop laat vassit.
Begin liewer met 12gr en laai dan af as jy n chrony het.
Wees ook baie versigtig vir dubbel ladings.
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Subsonic lading

Post by GVC86 »

Jaco,

Gaan speel n bietjie met n app soos applied ballistics. As jy twee punte (een ligter en een swaarder) skiet teen die selfde spoed, in dié geval subsonies, gaan die swaarder punt sy spoed langer behou weens sy hoër momentum. Dus gaan sy trajek beter wees as die ligter punt.

Soos die manne reeds genoem het gaan so swaar as moontlik vir die beter penetrasie. Ons het al ver met .22 60gr subs geskiet, gaan kyk ook op youtube. Trajek kan bepaal word deur oefening.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Subsonic lading

Post by Krobb »

As jy n FMJ omdraai het jy n sagtepunt koeel wat kan omklink.
Het al baie daarvan gelees maar was nog nooit heeltemal gemaklik daarmee nie.
Voel net nie vir my reg nie.
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

GVC86 wrote:Jaco,

Gaan speel n bietjie met n app soos applied ballistics. As jy twee punte (een ligter en een swaarder) skiet teen die selfde spoed, in dié geval subsonies, gaan die swaarder punt sy spoed langer behou weens sy hoër momentum. Dus gaan sy trajek beter wees as die ligter punt.

Soos die manne reeds genoem het gaan so swaar as moontlik vir die beter penetrasie. Ons het al ver met .22 60gr subs geskiet, gaan kyk ook op youtube. Trajek kan bepaal word deur oefening.

Sent from my SM-G610F using Tapatalk
Dankie. Ek wil net seker maak van die app. Is dit applied ballistics?

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
User avatar
JacoJ
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Wed Jan 14, 2015 10:01 pm

Re: Subsonic lading

Post by JacoJ »

Krobb wrote:As jy n FMJ omdraai het jy n sagtepunt koeel wat kan omklink.
Het al baie daarvan gelees maar was nog nooit heeltemal gemaklik daarmee nie.
Voel net nie vir my reg nie.
Mmm interesant maar voel ook nie vir my reg nie! Dink dalk ook dis hoekom akuraatheid by die agterdeur uit is!

Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Jag - Eeste
Visvang - Tweede
Die res - Derde

.22 LR
.303 Brittish
.308 Winchester
.30 - 06 Springfield
.375 Holland & Holland
12 br Haelpomp
Post Reply