Enige iemand met die nuwe 2.3 Navara.
Ek is nou so gatvol vir my 3.2 ek wil nooit weer Ford of Mazda sien nie. 120 000km en my koppelaar wat op 98 000km vervang is is weer oppad uit, wel hy was nooit reg na hy vervang is nie, maar Ford het met my gestrei en ek het hom nou gery totdat hy so ruk agv. van pressure plate backlash of servo wat weer foutief is hy hop hop so.
Turbo is al vervang en die vents se ratjies strip in die dash dan klap hy heeltyd en drywer kant het net koue lug geen verhitting nie en ook nie op demist vir windscreen nie. Hy gaan nou dat hulle dit kan herstel voor waarborg 31 Maart verval en dan moet hy maar groet.
My Pa het 'n Toy 2.8 auto DC 4x4 wat my baie beindruk, net te klein agter seats vir my en my werks bakkie is 'n Toy 2.4 extra cab so ek ry genoeg hard
Ek het lank 'n 2.5 Navara gery en my Pa ook en ons het baie goeie diens van hulle gekry en die ry gerief was tops.
Die Navara sal mamma se daaglikse ryding wees en dan gaan kamp en teor ons met hom.
Sien Nissan doen helse trade-in assistance en ja ek hou van Nissan.
Ek ry net sand as dit offroad/ 4x4 is en laai nie die bakkie dood nie, maar sleep gereeld sleepwa en dit is waar my 2.4 Toyota bietjie swaar kry en die Toyota 2.8 het ook nie my 3.2 se sleep vermoe nie, maar hy breek darem ook nie elke tweede trip nie.
Is die coils agter werklik 'n probleem?
Oja en die drukfin effek op die agterklap is lelik!!!

