Navara 2.3 ervarings

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Middag Manne

Enige iemand met die nuwe 2.3 Navara.
Ek is nou so gatvol vir my 3.2 ek wil nooit weer Ford of Mazda sien nie. 120 000km en my koppelaar wat op 98 000km vervang is is weer oppad uit, wel hy was nooit reg na hy vervang is nie, maar Ford het met my gestrei en ek het hom nou gery totdat hy so ruk agv. van pressure plate backlash of servo wat weer foutief is hy hop hop so.

Turbo is al vervang en die vents se ratjies strip in die dash dan klap hy heeltyd en drywer kant het net koue lug geen verhitting nie en ook nie op demist vir windscreen nie. Hy gaan nou dat hulle dit kan herstel voor waarborg 31 Maart verval en dan moet hy maar groet.

My Pa het 'n Toy 2.8 auto DC 4x4 wat my baie beindruk, net te klein agter seats vir my en my werks bakkie is 'n Toy 2.4 extra cab so ek ry genoeg hard :laugh: . Eintlik is dit tussen nuwe Navar en die 2.4 Toyota vir my tans.

Ek het lank 'n 2.5 Navara gery en my Pa ook en ons het baie goeie diens van hulle gekry en die ry gerief was tops.

Die Navara sal mamma se daaglikse ryding wees en dan gaan kamp en teor ons met hom.

Sien Nissan doen helse trade-in assistance en ja ek hou van Nissan.

Ek ry net sand as dit offroad/ 4x4 is en laai nie die bakkie dood nie, maar sleep gereeld sleepwa en dit is waar my 2.4 Toyota bietjie swaar kry en die Toyota 2.8 het ook nie my 3.2 se sleep vermoe nie, maar hy breek darem ook nie elke tweede trip nie.

Is die coils agter werklik 'n probleem?

Oja en die drukfin effek op die agterklap is lelik!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by RUPERT »

snaaks genoeg ek sit met dieselfde kopelaar problem op my 2.2.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by StefL »

Tau, jy moet nou mooi kies hoor, ons soek n lekker ryding vir die jag in Augustus!

Live on the edge, otherwise you're wasting space
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Joe13 »

Ja nee wat, ford se moer. Is die Navara nie bietjie overpriced nie? Wat van die Hilux / Fortuner / Isuzu?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Gawie(13mm) »

Joe13 wrote:Ja nee wat, ford se moer. Is die Navara nie bietjie overpriced nie? Wat van die Hilux / Fortuner / Isuzu?
Almal ry 'n Hilux.
Fortuner is 'n stasie-wa met 'n "cubby-hole" agter die tweede stel sitplekke.
Isuzu; by die tyd wat hy op spoed kom, is jy al doodmoeg by jou bestemming. >:D

Tau, koop daai Datsun sodat ek ook kan voel hoe ry hy. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Joe13 wrote:Ja nee wat, ford se moer. Is die Navara nie bietjie overpriced nie? Wat van die Hilux / Fortuner / Isuzu?
Ek het nuwe Toyota extra cab en is GLAD NIE TOYOTA man nie, maar die 2.4 beindruk my vreeslik. Ek het nou so bietjie beeste met hom gesleep en hy het nie die torque nie. Ek geniet wel die brandstof verbruik en die ratkas. Terwyl my 3.2 by handelaar was het ek my Pa se Hilux 2.8 dc gebruik om naweek te gaan kamp en my waentjie te sleep. EK het die bakkie baie geniet die Autobox is vir my baie goed en hy trek ok, hy is net nie so stabiel voor die wa soos my Mazda of ou Navara nie.

Ek het my het my spotless Fortuner verkoop om die Mazda te koop. Ek en my seun ry offroads en ons vang baie vis so 'n stasiewa werk nie.

Isuzu was lank my brand, en ek is steeds lief vir hulle ek is net nie helemal gemaklik om so baie vir ou tegnologie te betaal nie. Al werk die "ou tegnologie" nog asemrowend.

Ek moet eintlik nie 'n ander bakkie nou koop nie, maar mens raak so gatvol vir 'n ding wat heeltyd breek of nukke het.

Ek is eintlik glad nie brand vas nie. Soek net iets betroubaar met wit verf vir die stof.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

StefL wrote:Tau, jy moet nou mooi kies hoor, ons soek n lekker ryding vir die jag in Augustus!

Live on the edge, otherwise you're wasting space
Ons ry met die Uri :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Harambe »

Meneer, as jy 'n bakkie wil he wat alles doen, moet jy 'n Hilux kry. Of as jy net worry oor hoe hy in die veld werk, kan jy ook na Isuzu kyk. Anders is daar ook die Subaru Outback as jy iets heel anders wil he wat nogsteeds goed in die sand en in die veld werk, maar vreeeeeslik lekker langpad ry.
Of so iets
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by cassie_calvinia »

Pas net op vir sabaru. maak seker van tyre size. baie van hul kan net suv tyres vat, en nie all terrein. maak noggals 'n verskil
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Fishaman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Nov 07, 2013 4:28 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Fishaman »

Gaan ry die nuwe Triton....
http://www.animatedimages.org/data/media/199/animated-fox-image-0059.gif
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tripodmvr »

As Wouter hier was het hy jou vertel watter trok om te koop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Geno »

Ek het 'n 2017 Hilux 2.4 DC 4x4 en is nie 'n dag spyt nie. Meer as genoeg krag met 300kg+ se ekstras soos tralies, jag trommel en skietstoel op.
Goed, beter, 6millimeter!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Supacow »

Regte mans ry n Isuzu
skiet n 270
en lees Jagter.
Die res probeer soos Chuck Norris wees.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Harambe »

cassie_calvinia wrote:Pas net op vir sabaru. maak seker van tyre size. baie van hul kan net suv tyres vat, en nie all terrein. maak noggals 'n verskil
Jy kan enige bande opsit. My Forester het me all-terrain bande gekom. Of ten minste toe ek hom tweedehand koop, het hy all-terrains opgehad. Jy kan 'n 16" of 17" wiel opsit en enige bande wat daarop pas. Ek het 'n stell 80/20 bande op en ek ry omtrent enige plek in die veld. Ek sou net nie riviere aandurf nie. Die XT model is snotvinnig, maar die XS is effe gelig.

Dis nou nie 'n ernstige 4x4 nie, maar hy doen nogal die joppie en die rit op die teer is baie gemaklik. Ek sou nou nie my plaas probeer onderhou met die ding nie, maar vir kamp en karavaansnleep werk hy baie goed. Veral die Outback met die 3 liter boxer-6.
Of so iets
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Harambe »

Ek meen nou nie Subaru is beter as Toyota as dit by jagbakkies kom nie. Ek meen maar net dis 'n lekker alternatief as jy ver wil ry.
Of so iets
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Chevvy SS »

Harambe wrote:Meneer, as jy 'n bakkie wil he wat alles doen, moet jy 'n Hilux kry. Of as jy net worry oor hoe hy in die veld werk, kan jy ook na Isuzu kyk. Anders is daar ook die Subaru Outback as jy iets heel anders wil he wat nogsteeds goed in die sand en in die veld werk, maar vreeeeeslik lekker langpad ry.
Ek en my seun ry offroads en ons vang baie vis so 'n stasiewa werk nie.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Apie »

Geno wrote:Ek het 'n 2017 Hilux 2.4 DC 4x4 en is nie 'n dag spyt nie. Meer as genoeg krag met 300kg+ se ekstras soos tralies, jag trommel en skietstoel op.
Myne staan nou op 63000km na 13 maande en hy loop nog net so lekker soos dag 1.

Het nie dieselfde spasie as die ander bakkies nie maar nou ja.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Melckman »

tripodmvr wrote:As Wouter hier was het hy jou vertel watter trok om te koop.
En ek sou heelhartig saam met hom gestem het. Na 210,000km nog elke keer ‘n glimlag as ek inklim.
;)
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Apie »

Melckman wrote:
tripodmvr wrote:As Wouter hier was het hy jou vertel watter trok om te koop.
En ek sou heelhartig saam met hom gestem het. Na 210,000km nog elke keer ‘n glimlag as ek inklim.
;)
Ons kantoor Amarok het nou net or die 250000km en loop nog mooi...
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by joe rocket »

Jy kan 'n Ford, Nissan, Isuzu, Amarok ens. koop, maar as jy weer verkoop vat jy pak, groot pak. Alles loop reg altyd reg.... Toyota.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Apie »

joe rocket wrote:Jy kan 'n Ford, Nissan, Isuzu, Amarok ens. koop, maar as jy weer verkoop vat jy pak, groot pak. Alles loop reg altyd reg.... Toyota.
Dis hoekom ek nou op die Hilux kar is.

Die Isuzu Amarok en Ford hou nie waarde met die kilos wat ek reis nie.


Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Smit@50 »

As Toyota manne kuier praat hulle oor jag en visvang.
Isuzu manne oor rugby en braai.
Amarok manne oor mans en modes.
Landrover manne oor waar olie die goedkoopste is.
Ford manne praat mekaar moed in.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by savage(P Coetzer) »

Volkswagen maak my bietjie bang hoe vinnig hulle n model of reeks net los. Die petrol bakkies is nie lank na hul bekendstelling gedrop nie en onlangs is die enkel kajuit bakkies ook gedrop. Boesem nie juis vertroue in nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by tau »

Hierdie draad is nou 'n tipiese voorbeeld oor hoe ons klomp lees.

Ek vra oor ervarings oor die nuwe Navara 2.3 bakkie en dan vertel een man my ek moet 'n stasiewa koop wat soos 'n 2002 Carolla binne lyk en 'n ander klomp vertel my oor Toyota.

Lees in my eertse pos. EK het reeds 'n Toyota en het ervaring met my Pa se nuwe Toyota. Ek weet klaar van die Toyota.

Kom ek vra so is hier enige iemand wat al die nuwe 2.3 Navara gery het verder as om die blok by jou handelaar?

Julle maak my so kwaad ek koop sommer weer 'n Ford.....
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 563
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Navara 2.3 ervarings

Post by Dumbluck »

tau wrote:Julle maak my so kwaad ek koop sommer weer 'n Ford.....
Dis wat ek gedoen het na ek hom gery het. Ek het die Navara so halwe dag gehad, bietjie oop pad, en in die dorp gery. Ek verstaan dis nie n 3.2 5cyl nie ma dit het net gevoel of die enjin te hard werk.

Dit het geesins soos 'n upgrade gevoel van my 3.5 jaar ou Wildtrak nie. Afwerking is plastiek binne, die Navigation en knoppies en gadgets het net nie luuks gevoel nie. Dieselfde geld vir die Toyota binne.
Ek kan ook nie oor die feit kom dat nie hy of die Hilux pakplek bied agter die seat nie. Enige ou met n Ford d/c weet hoeveel goed jy agter jou seat kan inpak.

Hy het my so probeer shark met die trade in prys (R50k minder as wat toyota my geoffer het en R60k minder as ford) dat sy R70k trade assist niks beteken het nie. Nie Toyota of Nissan wou 'n sent afgee op die lyspryse nie.

Ek het 9% afslag op die lysprys en die beste trade gekry op n nuwe Wildtrak.



Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Post Reply