Imagine Comfortvan / Trailvan

User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Kallie404 »

More Skollie. Alles is nou weer skoon en uitgepak na ons trip. Kom ek vertel meer vd Imagine. Ek het myne nou twee jaar al nadat ek moerse navorsing gedoen het. Het ook al voorheen n Echo 3 asook n Afrispoor Mongoose boswaens gehad. Ek het basies na al die vervaardigers se produkte gaan kyk waar moontlik, fisies asook op die internet en op buitelewe skoue.

Boswaens is maar n kombinasie van persoonlike smaak en praktiese oorwegings. Daar is vrek baie soorte daar buite waarvan Conqueror seker vd bekendste , volopste en gehardste is ook met goeie rede agv hulle militere agtergrond.

Ek het eerstens gekyk na gewig. Die Imagine Trailvan is leeg + - 700 kg en ek sleep hom gelaai met my 2.4 GD-6 SRX wat ook vol gelaai is met kamp toerusting en ek moet af en toe loer of die wa nog aan is so lekker sleep hy. Hy is ook lekker aerodinamies gebou wat sleep baie help. Ek sleep hom tussen 120 en 130km/ uur sonder probleme. Net vir interesantheid, my Toyota was vol gelaai asook die wa en my trip deur Botswana en Zimbabwe was 3500km ( teer en slegte grond paaie ) en brandstof gebruik was gemiddeld 8.54 km/ liter. Hy het die paaie in Hwange asook grond paaie in Matetsi safari area en bitter slegte pad in Tuli blok in Botswana bitter goed gevat gedurende hierdie trip.

My Imagine is n 4 bed model en slaan bitter vining op. Ek het ook die Awning/Afdak by gevat omdat dit letterlik 20 sekondes neem om amper reg rondom skaduwee te he. Een van my persoonlike vereistes was ook dat n wa binne darem bietjie " cosy" of huislik moet lyk. Meeste waens op die mark is binne net staal en canvas wat voel of jy in n tronk is. Die Imagine het laag hout panele teen kaste en binnekante en vloer in wat soos n houtvloer lyk wat dit n baie meer gemaklike gevoel gee binne.

Daar is n klomp opsionele opsies wat natuurlik by gevat of later bygevoeg kan word. Ek het sommer dadelik die National Luna 90 liter Twin yskas/vrieskas kombinasie gevat wat soos n droom werk . Net voor hierdie trip het ek ook n Ctek D250SA DC to DC battery laaier laat instaleer en dit tesame met my sonpanele het my n hele week laat kamp sonder krag in Hwange sonder enige probleme.

Naverkoop diens is ook puik by oom Gideon in PTA al is dit n paar jaar na die tyd. Ek het ook aanvanklik gesukkel om die pryse vd boswaens te regverdig tot n maat van my wat n groot kop is in die finansierings wereld dit vir my so opsom………...hy vra my het ek n tweede/vakansie huis by die see? ek se nee, hy se toe sien hierdie as jou goedkoper opsie as n huis by die see en jy hoef nooit verplig te voel om elke vakansie na dieselfde plek terug te gaan nie !
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Kallie404 on Sat Jul 14, 2018 11:00 am, edited 5 times in total.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by skollie »

Baie dankie Kallie, ek waardeer die terugvoering........ Ek is reeds in gesprek met Gideon, so die besluit is geneem ek kyk na die 2.5 bed eenheid aangesien dit net ek en my vrou is, en sy soek die ekstra pakplek.

Dankie aan almal vir hul insette, lekker naweek verder

Skollie


Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Kallie404 »

skollie wrote:Baie dankie Kallie, ek waardeer die terugvoering........ Ek is reeds in gesprek met Gideon, so die besluit is geneem Image ek kyk na die 2.5 bed eenheid aangesien dit net ek en my vrou is, en sy soek die ekstra pakplek.

Dankie aan almal vir hul insette, lekker naweek verder

Skollie


Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Groot plesier, glo jy gaan baie gelukkig wees !!
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by BSniperEM »

Kallie ek sekondeer die "mobile holiday home" wat jou vriend van praat!

Lekker Skollie, hoop jy kry hom vinnig en geniet die kampe wat voorle!
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by Boesman10 »

Baie geluk. Jy gaan nie spyt wees nie. Ek het vir die 40L yskas gegaan en n stoof met 2 gasplate laat insit vir brood bak en pizza baj en muffins in die oggend. Laat Gideon vir jou dieselfde wheel hubs opsit as wat jou sleepvoertuig het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Imagine Comfortvan / Trailvan

Post by tau »

Baie geluk. EK sukkel nogsteeds om in my bed te slaap by die huis. Die reuk van my kampwa word gemis.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply