Zebra wys my wie is baas....

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

Goeie dag....

Ek, Myburgh en 'n pel het verlede Woensdag vinnig besluit om nog 'n draai te ry terwyl dit lekker koud was.
Ek het my moses teë gekom met 'n hopelose swak skoot op 'n zebra....in die wildkamp was 'n Zebra met lang kloue wat ons moes skiet...op 'n vorige geleentheid kon ons die zebra net een keer sien en het ons toe besluit ons sal hom op die voet aanvat omdat hy so skelm is...ons het 'n lekker wakker spoorsnyer gehad en binne 10 minute was ons op 'n baie vars spoor, ek , Myburgh en die spoorvatter. Na so 20 minute se stap het ons hom hoor hardloop met die kenmerkende tipiese galop geluid van die lang kloue wat val op die Kalahari sand. Ons kon hom in 'n uur se tyd nooit onder sig kry nie...die spoorsnyer was op my linker kant en ek en Myburgh het so effe in 'n sekel vorm geloop tov die spoorsnyer...ek het probeer om die spoor effe voor te sny...die zebra het in 'n duidelike sekelmaan vorm geloop. Ek het hom ewe skielik net sien stap op so 160m en dis toe wat ek besef my skietstok lê op die bakkie en Myburgh se skouer was nou die enigste opsie omdat die gras net te lank was vir 'n van die knie af skoot....die skoot het geklap en die zebra slaan neer op die plek...net om so paar lekker vastrappe te gee en op te spring...daar was 2 ure sonskyn oor en ek het geweet daar is 'n goeie kans vir die son om te sak op ons. Op die plek aangekom waar die zebra geval het was paar druppels bloed en sy spoor was die van 'n dier wat doelgerig weghardloop. Ek wou nie vir Ruger losmaak nie agv gemsbokke wat kort kort voor ons uitspring. Toe begin die spoorvat en wat 'n belewenis om saam 'n man te loop wat die storie verstaan...die plekke waar die zebra gestaan het , het my moed gegee omdat die bloed baie en aanhoudend geword het. Na 45 minute se stap het ek hom sien staan op so 80m met net die agter kant van sy kop wat bo die Swarthaak uitsteek en voor my was 'n Witgat wat die perfekte dooierus was vir 'n goeie opsie vir 'n kopskoot...dis toe wat die spoorsnyer vir my sê:" Lanie nou moet jy nie mis nie." Ek het my kep onder die geweer in die skurwe mik van die Witgat gesit en die skoot geskiet en kon in die teleskoop sien ons stappery het tot 'n einde gekom. Met die aankoms by die zebra kon ek sien my eerste skoot sit op sy wang in plaas van op die hart, nou ja dit kon ek nie verstaan nie , net voor ons begin jag het , het ons seker gemaak die gewere is reg. Ons het die zebra gelaai en ek is trug skietbaan toe en die geweer was nogsteeds perfek...Myburgh sê my toe pa dis toe pa oor my skouer geskiet het...hy sê hy kon voel hoe beweeg die geweer heen en weer op sy skouer tesame met ons moegheid...Darem het hy vir my opgekom. ;D Hier is paar fotos.

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Mon Aug 13, 2018 9:47 pm, edited 3 times in total.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by tripodmvr »

Ben, dankie vir die fotos. Is dit al vier hoewe wat vergroei is?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Sun Aug 12, 2018 5:57 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Ben Remington »

tripodmvr wrote:Ben, dankie vir die fotos. Is dit al vier hoewe wat vergroei is?
Goeie naand,

Dit was net die twee voorpote oom.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by partner »

Ai Ben. Baie dankie vir al die bederf.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by joe rocket »

Lekkerte, mooi gegooi. Bly alles het n goeie einde gehad.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by JPS »

Soos altyd lekker om na die fotos te kyk en jou stories te lees Ben.
User avatar
.270 Man
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by .270 Man »

Dankie Ben lekker storie en mooi fotos
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
;D ;D ;D
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Baasvark »

Dankie man. Soos altyd is jou stories lekker om te lees!

Sent from my SM-A720F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Lourens Potgieter »

Daai woef is moeg gewerk......
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by theedge »

Netjies maat
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by koos 2 »

Pragtig vertel
Dankie vir die deel
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Rudiejacobs »

Ben.

Watse breed hond is Ruger?

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by joe rocket »

Ruger is n draad kar of in ingels n wirehaired fox terrier.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Zebra wys my wie is baas....

Post by Rudiejacobs »

Dankie.
Verskriklike oulike hond.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Post Reply