Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek, Myburgh en 'n pel het verlede Woensdag vinnig besluit om nog 'n draai te ry terwyl dit lekker koud was.
Ek het my moses teë gekom met 'n hopelose swak skoot op 'n zebra....in die wildkamp was 'n Zebra met lang kloue wat ons moes skiet...op 'n vorige geleentheid kon ons die zebra net een keer sien en het ons toe besluit ons sal hom op die voet aanvat omdat hy so skelm is...ons het 'n lekker wakker spoorsnyer gehad en binne 10 minute was ons op 'n baie vars spoor, ek , Myburgh en die spoorvatter. Na so 20 minute se stap het ons hom hoor hardloop met die kenmerkende tipiese galop geluid van die lang kloue wat val op die Kalahari sand. Ons kon hom in 'n uur se tyd nooit onder sig kry nie...die spoorsnyer was op my linker kant en ek en Myburgh het so effe in 'n sekel vorm geloop tov die spoorsnyer...ek het probeer om die spoor effe voor te sny...die zebra het in 'n duidelike sekelmaan vorm geloop. Ek het hom ewe skielik net sien stap op so 160m en dis toe wat ek besef my skietstok lê op die bakkie en Myburgh se skouer was nou die enigste opsie omdat die gras net te lank was vir 'n van die knie af skoot....die skoot het geklap en die zebra slaan neer op die plek...net om so paar lekker vastrappe te gee en op te spring...daar was 2 ure sonskyn oor en ek het geweet daar is 'n goeie kans vir die son om te sak op ons. Op die plek aangekom waar die zebra geval het was paar druppels bloed en sy spoor was die van 'n dier wat doelgerig weghardloop. Ek wou nie vir Ruger losmaak nie agv gemsbokke wat kort kort voor ons uitspring. Toe begin die spoorvat en wat 'n belewenis om saam 'n man te loop wat die storie verstaan...die plekke waar die zebra gestaan het , het my moed gegee omdat die bloed baie en aanhoudend geword het. Na 45 minute se stap het ek hom sien staan op so 80m met net die agter kant van sy kop wat bo die Swarthaak uitsteek en voor my was 'n Witgat wat die perfekte dooierus was vir 'n goeie opsie vir 'n kopskoot...dis toe wat die spoorsnyer vir my sê:" Lanie nou moet jy nie mis nie." Ek het my kep onder die geweer in die skurwe mik van die Witgat gesit en die skoot geskiet en kon in die teleskoop sien ons stappery het tot 'n einde gekom. Met die aankoms by die zebra kon ek sien my eerste skoot sit op sy wang in plaas van op die hart, nou ja dit kon ek nie verstaan nie , net voor ons begin jag het , het ons seker gemaak die gewere is reg. Ons het die zebra gelaai en ek is trug skietbaan toe en die geweer was nogsteeds perfek...Myburgh sê my toe pa dis toe pa oor my skouer geskiet het...hy sê hy kon voel hoe beweeg die geweer heen en weer op sy skouer tesame met ons moegheid...Darem het hy vir my opgekom. Hier is paar fotos.
Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Mon Aug 13, 2018 9:47 pm, edited 3 times in total.