Die hele idee is om op n afstand verskillinde ladings wat jy in inkremente hoer laai na dieselfde plek toe te skiet en dan vas te stel watse ladings op die tyken op dieselfde plek skiet. Hier is jy nie baie gepla oor horisontale verspryding nie maar meer oor vertikaal, wind het wel nog n invloed en kan jou koel hoer of laer laat land op die tyken so dit is nog belangrik om op n dag waar die wind nie te erg waai nie te skiet, wind kan jou hele tyken ook natuurlik rond waai.
Soos met alle ander lading ontwikkeling verander ons net een ding op n slag en kort ons n "base line" om van af te werk.
So die heel eerste ding wat jy oor moet besluit is watse TPL jy gaan gebruik vir n begin, as jy uit n magasyn uit gaan skiet begin ek met my max tpl wat die magasyn kan hanteer met so .2mm spasie tussen koel se meplat/tip en magasyn.
In n komp geweer of jag geweer waar ek 1 vir 1 gaan laai begin ek in die lands, basies +5thou in die lands in, jy kan teen die lands ook begin en van daar werk maar wat ek gesien het met meeste koels wil hulle of in die lands wees of weg van die lands en nie net teen die lands nie, your mileage my vary so jy kan begin net waar jy wil.
Nou het ons die max tpl waar ons begin en nou kort ons natuurlik kruit, as jy jou kaliber/geweer ken sal jy min of meer weet waar om te begin maar hier werk quick loads ook lekker. Ek sal QL gebruik om te kyk wat my "Max spoed" is en n nota daar van maak sodat ek weet as ek naby daai spoed kom of om versigtig te wees of om te stop, weer as jy jou geweer ken sal jy ook weet wanner jy naby te vee druk kom en jou primer pockets gaan seer maak.
Met QL sal jy dan ook n idee kry waar om te begin met jou koel en kruit kombinasie, ek gebruik .2gr inkremente soos ek die kruit/lading verhoog in al my kalibers maar jy kan .3gr in die groter kalibers as n 308 klas dop gebruik.
Ons het nou ons TPL waar ons begin en ons kruit so as ek my 6SLR as voorbeeld vat gaan dit soos hier onder lyk.
TPL wat ek gebruik om te begin is 2.860” met n 105gr VLD
QL wys dat 3160fps net net onder 61K druk is en dit is ook dan my max spoed, om veilig te wees stop ek dan voor ek by 3160fps kom maar as ek 10 of so fps met die laaste skoot oor my max spoed gaan weet ek dit is darem nie te erg nie. Ek weet die kombinasie kan nog n klompie fps ekstra gaan maar daar is geen rede om jou toerusting ek komponente onder druk te plaas om 40 of 50fps te wen nie. Soos ons ook al weet skiet baie gewere op hule beste hier by 55k psi so ek bly dan gewoonik tussen 55k en 60k druk, vir doppe form en nekke skil is ek ook goed moeg so primer pockets is vir my belangrik.
Met N160 sou ek dan hier by 40.8gr begin as dit n nuwe kombinasie was en van 40.8gr tot 43gr of dalk 43.4gr op laai in .2gr inkremente, dit gee jou dan iets in die orde van 12 ladings om te skiet. Ek sal 2 van elk laai om basies die ladder 2 keer te skiet om seker te maak van die resultate en dan ook so 2 of 3 ekstra om die loop warm te maak in die begin en ook dalk as jy op 100m wil kyk of jou lading darem op papier is.
https://image.ibb.co/ciC6fL/DSC-0724.jpg
Nou is dit baie eenvoudig, jy kies n dag op die baan waar jy nie te veel deur wind gepla word nie en skiet die ladder op (verkieslik) 300m + maar dit hang ook af wat jou doel met die lading/geweer is. Persoonlik sou ek nie nader as 300m sukkel met n ladder nie, as die geweer akuraat is gaan jy heel moontlik sukkel om iets uit die ladder te leer, 500m werk vir my die beste as ek begin maar as jy nog verder kan gaan is dit beter maar hier van 700m af raak dit baie moeilik om die kondiesies die heeltyd reg te kry en wat dit dan ook baie moeilik maak is as die wind jou tyken/bord bq waai. Beste tyd vir my om die goed te doen is so 2ure voor die son sak en nog beter net as die son op kom in die ogend.
Kry n lekker groot bord om na te skiet, jou skiet en wind vernuf sal bepaal hoe groot jou tyken moet wees maar so meter lank by half meter breed behoort meer as genoeg vir meeste mense te wees om op 500m te skiet.
https://image.ibb.co/hRJPjf/IMG-20180402-WA0013.jpg
Stel jou bord op en maak een mik punt op die tyken, jy gaan al jou ladings na die een punt toe skiet. 1 skoot van elke lading
Crony is seker nie noodsaaklik nou nie maar jy kan baie leer as jy na jou spoed kyk en dan weet jy ook presies wanner jy naby aan jou “max spoed” kom.
Om na die bord te kyk is die heel beste of maklikste om n drone te gebruik wat bo jou tyken hang tussen skote maar almal het natuurlik nie n drone nie so die next best thing vir my is n kamera voor die tyken wat n lekker lang video kan neem van jou skiet sessie.
Jy kan jou foon ook gebruik om die video te neem of 2 fone gebruik en dan n video call tussen die 2 te maak sodat jy alles op die tyken kan sien maar my foon word altyd te warm (dit is nou as da opvangs is) op die baan as ek hom die heeltyd in direkte son gebruik en dan vries hy, dit het al met n tablet van my ook gebeur so ek gebruik eder dan n kamera en neem die hele storie van begin tot einde af dan kan ek na die tyd rustig sit en na alles kyk.
https://preview.ibb.co/dSzfPf/DSC-0587.jpg
Ek probeer nie te vinnig skiet nie maar ek wil ook nie 3ure daar le om 12 of 15 skote te skiet nie, dit is nog belangrik om die kondiesies dieselfde te “hou” tussen al jou skote of so naby aan dieselfde te hou.
My SLR se loop is lekker duk en vat lank om warm te word so ek sal 1 skoot elke 50 tot 60 sekondes met hom skiet en dalk n smoke break vat na 5 of 6 skote, as die kondiesies baie rustig is skiet ek dalk 1 skoot elke 5 miniete maar jy wil ook probeer om jou skiet posiesie dieselfde te hou elke skoot so dit is dalk makliker om vinniger te skiet. Met n dunner lopie wil jy dalk langer wag so ook as jy n silencer gebruik wat kan warm word en mirage veroorsaak.
Ons het nou n lekker dag op die baan gehad en ons ladder 2 keer geskiet om seker te maak alles is mooi, nou moet ons na die ladder kyk om te sien wat daar aan gaan. Op die tyken merk ek dan elke skoot soos ek hulle geskiet het en skryf somer die spoed ok by, nou kan ek n foto van alles vat en enige tyd weer daar na kyk as iets my dalk pla
https://image.ibb.co/g46rfL/20180402-120124.jpg
Die crony het my die volgende spoed gegee per skoot wat ons ook na kyk maar dit is maar meer om te weet waste spoed ons lading skiet , party keer is die laagste ES tussen die skote ook die lading/node wat die ladder wys maar dit gebeur nie baie met my nie.
Spoed op die een lyk so.
1. 3007fps
2. 3044fps
3. 3055fps
4. 3084fps
5. 3083fps
6. 3104fps
7. 3121fps
8. 3149fps
9. 3120fps
10. 3157fps
11. 3148fps
Hier het ek na nr 7, 8 en 9 gekyk vir n lading, ek kan nie presies onthou wat die lading hier was nie maar ek dink nr 7, 8 en 9 was 42.2gr, 42.4gr en 42.6gr 365 agter n 105gr VLD.
Deur na daai tyken te kyk kan mens sien dit is beter om aan die bo kant van 3120fps met daai geweer/lading te wees, skoot nr 6 van 3104fps val taamlik ver na onder en skoot 7, 8, 9 en 10 bly relatief naby aan mekaar op dieselfde lyn so ek wil laai om tussen 3120fps (skoot nr 7) en 3157fps (skoot nr 10) te bly
https://image.ibb.co/gjtMfL/DSC-0589.jpg
Vir my volgende toets laai ek dan 42.4gr (skoot nr 8 ) wat mooi tussen skoot 7 en 9 le en my dan ook nog bq speling gee sou die temp of n ander kondiesie baie vinnig verander of sou ek dalk erens .1gr meer kruit perongeluk agter daai koel gooi.
Nou sal ek van 600m tot 1000m paar groepe skiet om seker te maak daai lading hou sy mooi reguit horisontale waterlyn op die tykens.
As ek verder wil krap kan ek weer n ladder skiet met 42.4gr en verskillinde TPLs en selfs ook met verskillinde primers op die einde om seker te maak ek is nou reg.
PS vir Oom Tripod, met my laaste ladder wat ek geskiet het met my SLR stem QL en die ladder omtrent presies saam, ek gaan hom wel weer oor skiet net om seke te maak




