Ladder Test-lading ontwikkeling

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

So met Wouter wat se hier gaan niks aan nie en ek wat nie baie lus is vir werk nie het ek gedink om so vinnig te verduidelik hoe ek n ladder toets doen. Daar is gereeld iemand wat n vraag of 2 oor dit het en ek kan nie dink dat ek regtig al erens n thread gesien het wat dit verduidelik nie.

Die hele idee is om op n afstand verskillinde ladings wat jy in inkremente hoer laai na dieselfde plek toe te skiet en dan vas te stel watse ladings op die tyken op dieselfde plek skiet. Hier is jy nie baie gepla oor horisontale verspryding nie maar meer oor vertikaal, wind het wel nog n invloed en kan jou koel hoer of laer laat land op die tyken so dit is nog belangrik om op n dag waar die wind nie te erg waai nie te skiet, wind kan jou hele tyken ook natuurlik rond waai.

Soos met alle ander lading ontwikkeling verander ons net een ding op n slag en kort ons n "base line" om van af te werk.
So die heel eerste ding wat jy oor moet besluit is watse TPL jy gaan gebruik vir n begin, as jy uit n magasyn uit gaan skiet begin ek met my max tpl wat die magasyn kan hanteer met so .2mm spasie tussen koel se meplat/tip en magasyn.

In n komp geweer of jag geweer waar ek 1 vir 1 gaan laai begin ek in die lands, basies +5thou in die lands in, jy kan teen die lands ook begin en van daar werk maar wat ek gesien het met meeste koels wil hulle of in die lands wees of weg van die lands en nie net teen die lands nie, your mileage my vary so jy kan begin net waar jy wil.

Nou het ons die max tpl waar ons begin en nou kort ons natuurlik kruit, as jy jou kaliber/geweer ken sal jy min of meer weet waar om te begin maar hier werk quick loads ook lekker. Ek sal QL gebruik om te kyk wat my "Max spoed" is en n nota daar van maak sodat ek weet as ek naby daai spoed kom of om versigtig te wees of om te stop, weer as jy jou geweer ken sal jy ook weet wanner jy naby te vee druk kom en jou primer pockets gaan seer maak.

Met QL sal jy dan ook n idee kry waar om te begin met jou koel en kruit kombinasie, ek gebruik .2gr inkremente soos ek die kruit/lading verhoog in al my kalibers maar jy kan .3gr in die groter kalibers as n 308 klas dop gebruik.

Ons het nou ons TPL waar ons begin en ons kruit so as ek my 6SLR as voorbeeld vat gaan dit soos hier onder lyk.

TPL wat ek gebruik om te begin is 2.860” met n 105gr VLD
QL wys dat 3160fps net net onder 61K druk is en dit is ook dan my max spoed, om veilig te wees stop ek dan voor ek by 3160fps kom maar as ek 10 of so fps met die laaste skoot oor my max spoed gaan weet ek dit is darem nie te erg nie. Ek weet die kombinasie kan nog n klompie fps ekstra gaan maar daar is geen rede om jou toerusting ek komponente onder druk te plaas om 40 of 50fps te wen nie. Soos ons ook al weet skiet baie gewere op hule beste hier by 55k psi so ek bly dan gewoonik tussen 55k en 60k druk, vir doppe form en nekke skil is ek ook goed moeg so primer pockets is vir my belangrik.
Met N160 sou ek dan hier by 40.8gr begin as dit n nuwe kombinasie was en van 40.8gr tot 43gr of dalk 43.4gr op laai in .2gr inkremente, dit gee jou dan iets in die orde van 12 ladings om te skiet. Ek sal 2 van elk laai om basies die ladder 2 keer te skiet om seker te maak van die resultate en dan ook so 2 of 3 ekstra om die loop warm te maak in die begin en ook dalk as jy op 100m wil kyk of jou lading darem op papier is.

https://image.ibb.co/ciC6fL/DSC-0724.jpg

Nou is dit baie eenvoudig, jy kies n dag op die baan waar jy nie te veel deur wind gepla word nie en skiet die ladder op (verkieslik) 300m + maar dit hang ook af wat jou doel met die lading/geweer is. Persoonlik sou ek nie nader as 300m sukkel met n ladder nie, as die geweer akuraat is gaan jy heel moontlik sukkel om iets uit die ladder te leer, 500m werk vir my die beste as ek begin maar as jy nog verder kan gaan is dit beter maar hier van 700m af raak dit baie moeilik om die kondiesies die heeltyd reg te kry en wat dit dan ook baie moeilik maak is as die wind jou tyken/bord bq waai. Beste tyd vir my om die goed te doen is so 2ure voor die son sak en nog beter net as die son op kom in die ogend.

Kry n lekker groot bord om na te skiet, jou skiet en wind vernuf sal bepaal hoe groot jou tyken moet wees maar so meter lank by half meter breed behoort meer as genoeg vir meeste mense te wees om op 500m te skiet.

https://image.ibb.co/hRJPjf/IMG-20180402-WA0013.jpg

Stel jou bord op en maak een mik punt op die tyken, jy gaan al jou ladings na die een punt toe skiet. 1 skoot van elke lading

Crony is seker nie noodsaaklik nou nie maar jy kan baie leer as jy na jou spoed kyk en dan weet jy ook presies wanner jy naby aan jou “max spoed” kom.

Om na die bord te kyk is die heel beste of maklikste om n drone te gebruik wat bo jou tyken hang tussen skote maar almal het natuurlik nie n drone nie so die next best thing vir my is n kamera voor die tyken wat n lekker lang video kan neem van jou skiet sessie.
Jy kan jou foon ook gebruik om die video te neem of 2 fone gebruik en dan n video call tussen die 2 te maak sodat jy alles op die tyken kan sien maar my foon word altyd te warm (dit is nou as da opvangs is) op die baan as ek hom die heeltyd in direkte son gebruik en dan vries hy, dit het al met n tablet van my ook gebeur so ek gebruik eder dan n kamera en neem die hele storie van begin tot einde af dan kan ek na die tyd rustig sit en na alles kyk.

https://preview.ibb.co/dSzfPf/DSC-0587.jpg

Ek probeer nie te vinnig skiet nie maar ek wil ook nie 3ure daar le om 12 of 15 skote te skiet nie, dit is nog belangrik om die kondiesies dieselfde te “hou” tussen al jou skote of so naby aan dieselfde te hou.
My SLR se loop is lekker duk en vat lank om warm te word so ek sal 1 skoot elke 50 tot 60 sekondes met hom skiet en dalk n smoke break vat na 5 of 6 skote, as die kondiesies baie rustig is skiet ek dalk 1 skoot elke 5 miniete maar jy wil ook probeer om jou skiet posiesie dieselfde te hou elke skoot so dit is dalk makliker om vinniger te skiet. Met n dunner lopie wil jy dalk langer wag so ook as jy n silencer gebruik wat kan warm word en mirage veroorsaak.


Ons het nou n lekker dag op die baan gehad en ons ladder 2 keer geskiet om seker te maak alles is mooi, nou moet ons na die ladder kyk om te sien wat daar aan gaan. Op die tyken merk ek dan elke skoot soos ek hulle geskiet het en skryf somer die spoed ok by, nou kan ek n foto van alles vat en enige tyd weer daar na kyk as iets my dalk pla

https://image.ibb.co/g46rfL/20180402-120124.jpg

Die crony het my die volgende spoed gegee per skoot wat ons ook na kyk maar dit is maar meer om te weet waste spoed ons lading skiet , party keer is die laagste ES tussen die skote ook die lading/node wat die ladder wys maar dit gebeur nie baie met my nie.

Spoed op die een lyk so.

1. 3007fps
2. 3044fps
3. 3055fps
4. 3084fps
5. 3083fps
6. 3104fps
7. 3121fps
8. 3149fps
9. 3120fps
10. 3157fps
11. 3148fps


Hier het ek na nr 7, 8 en 9 gekyk vir n lading, ek kan nie presies onthou wat die lading hier was nie maar ek dink nr 7, 8 en 9 was 42.2gr, 42.4gr en 42.6gr 365 agter n 105gr VLD.
Deur na daai tyken te kyk kan mens sien dit is beter om aan die bo kant van 3120fps met daai geweer/lading te wees, skoot nr 6 van 3104fps val taamlik ver na onder en skoot 7, 8, 9 en 10 bly relatief naby aan mekaar op dieselfde lyn so ek wil laai om tussen 3120fps (skoot nr 7) en 3157fps (skoot nr 10) te bly

https://image.ibb.co/gjtMfL/DSC-0589.jpg

Vir my volgende toets laai ek dan 42.4gr (skoot nr 8 ) wat mooi tussen skoot 7 en 9 le en my dan ook nog bq speling gee sou die temp of n ander kondiesie baie vinnig verander of sou ek dalk erens .1gr meer kruit perongeluk agter daai koel gooi.
Nou sal ek van 600m tot 1000m paar groepe skiet om seker te maak daai lading hou sy mooi reguit horisontale waterlyn op die tykens.

As ek verder wil krap kan ek weer n ladder skiet met 42.4gr en verskillinde TPLs en selfs ook met verskillinde primers op die einde om seker te maak ek is nou reg.


PS vir Oom Tripod, met my laaste ladder wat ek geskiet het met my SLR stem QL en die ladder omtrent presies saam, ek gaan hom wel weer oor skiet net om seke te maak ;)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Rem »

Baie interessant, dankie
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Williel »

Dankie Kaptein, die moeite om die inligting te deel spreek van die liefde vir die sport. Ek wil graag weet wat is n aanvaarbare ES (30 vps verskille) vir so toets bv? Ek is bewus dat laer is beter maar ons kom nie almal daar uit nie. Kan ek met n Magneto op die loop ook so ladder skiet met bruikbare/betroubare inligting?
Groete, Willie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

Willie daai lading wat ek toe gebruik het het altyd hier by 3150fps gehardloop. As ek dink was hy seker tussen 3140fps en 3155fps, ES was altyd so 15fps oor 5 skote. ES pla my nie vreeslik baie nie, ek sal simuleer wat ek in n komp gaan doen en as dit goed lyk los ek dit net so of die ES 3fps oor 5 skote is of 30fps.

As ek en Stompe saam oefen skiet ons na dieselfde plek toe op n gong, hy sal spot en wind kyk vir my terwyl ek 5 skote skiet en dan sal ek wind kyk vir hom as hy skiet net soos ons in n komp sal doen. Sy Dasher se ES oor 10 skote is bitter min meer as 8fps waar my SLR self by 18fps kom maar al 2 "groepe" sit bo op mekaar al is my ES 2 keer way syne is. As my geweer kosntant mooi skiet al is die ES 20 of 30fps sal ek hom net so skiet, almal gaan deur die fase waar jy n ES van 3fps soek maar ek kyk eder wat die tyken vir my se.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Nico Harris »

Siebert ek dink dit hang ook af van hoe ver jy wil skiet. 20ft/s is skaars merkbaar op 500yds maar op 1000yds is hy duidelik sigbaar, en as jy verder as 1000yds wil gaan is n baie lae es nog meer belangrik!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Theunodb
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Theunodb »

Baie dankie! Ek comment eintlik sodat ek hierdie makliker in die toekoms kan kry


Sent from my iPad using Tapatalk
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Willeboer »

Theunodb wrote:Baie dankie! Ek comment eintlik sodat ek hierdie makliker in die toekoms kan kry Image


Sent from my iPad using Tapatalk
Ek hou van jou commentImage


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Ds J »

Kaptein, my 308 BRNO het n Weaver K4 teleskoop. Ek kry 1.5" groeperings op 100m, en verkies 180gr koeëls om vleisskade te beperk.

Is dit sinvol dat ek n ladder skiet op 300m? Die teiken is goed klein met my toerusting.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

Nico Harris wrote:Siebert ek dink dit hang ook af van hoe ver jy wil skiet. 20ft/s is skaars merkbaar op 500yds maar op 1000yds is hy duidelik sigbaar, en as jy verder as 1000yds wil gaan is n baie lae es nog meer belangrik!

Verder as 1000m verseker (ELR) maar tot op 1000m glo ek nie jy gaan dit sien as jy jou geweer/lading reg getune het nie veral as jy op n 1000m getune het vir n 1000m.

Met n ladder of seker meeste van die tiepe lading ontwikkelinge "soek" jy die plek waar al die koels die loop op dieselfde plek/tyd verlaat, of anders gese jy wil he die koels moet op dieselfde tyd in die golf die loop verlaat. Dit is onafhanklik van ES en ook die rede hoekom mense aan beveel dat jy n ladder op die afstand skiet wat jy jou groepe wil skiet, as jy op 100m lading ontwikkeling doen gaan n baie lae ES seker n groter fator wees as jy met daai lading op n 1000m wil skiet.

Met meeste 6mms praat jy van oor n duim se elevasie met net n 5fps ES tussen skote as jy dit in jou ballistic program sou sit en na die nommers kyk, 15fps is seker al oor die 3 duim tog is daar taamlik IBS 1000m wereld records die jaar geskiet met gewere wat 15 tot 20fps ES skiet oor 5 skote

ES en lading ontwikkeling is iets wat ek al n paar jaar volg en ek vra gereeld van die top LR BR manne in die US hoe hul ES lyk en meeste se oor 5 skote is hul akuraatste ladings tussen 12 en 15fps met iets soos n Dasher of BRA.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Nico Harris »

Stem met jou saam. Ek probeer maar altyd my es so laag as moontlik kry sodat ek die swakste skakel in die ketting is.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Drikus Maritz
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Feb 15, 2018 11:10 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Drikus Maritz »

Dankie.

Ek wou die vraag al 'n keer of wat gevra het.
Baie intresant.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Apie »

Hoekom begin jy in die lande?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by musgrave270 »

Nog n vraag by. Doen mens die toets met of sonder jou silencer? ( Eintlik retories)

In my 6mm se geval groepeer my loop verskillend met en sonder die silencer. Is daar n manier hoe mens die “sweetspot” of dan n enkele lading wat werk vir beide kan kry?

Groete
Ruan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

Apie wrote:Hoekom begin jy in die lande?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Aapman jy moet erens begin,vir my werk meeste koels behalwe hybrids goed hard in die lands. Ek hou ook van "soft seat" waar ek die lands gebruik om die laaste deel van die koel in die dop te seat dan hoef ek vir n ruk nie lands te jaag nie

Ruaan doen doe toets soos jy wil skiet met die geweer.

Manne net so van die kant af ek se glad nie die is die beste of regte manier van ladibg ontwikkeling nie, ek het n paar oproepe gehad wat basies op n ladder vs x uit geloop het. Die is maar net iets wat ek wou deel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Apie »

Capt. Oblivious wrote:
Apie wrote:Hoekom begin jy in die lande?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Aapman jy moet erens begin,vir my werk meeste koels behalwe hybrids goed hard in die lands. Ek hou ook van "soft seat" waar ek die lands gebruik om die laaste deel van die koel in die dop te seat dan hoef ek vir n ruk nie lands te jaag nie

Ruaan doen doe toets soos jy wil skiet met die geweer.

Manne net so van die kant af ek se glad nie die is die beste of regte manier van ladibg ontwikkeling nie, ek het n paar oproepe gehad wat basies op n ladder vs x uit geloop het. Die is maar net iets wat ek wou deel
Ek begin weer altyd met 'n 0.5mm en gaan dan dieper as hy nie skiet nie.

Ek is lief vir Scenars en oor die algemeen het ek nog nie nodig gehad baie te spook met Tpl nie.

Maar dan ook skiet ek nie baie lang afstande nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Theunodb
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Theunodb »

Ons het hierdie gemaak om die vasvang van al hierdie data makliker te maak. Jy kan die ladder test doen en sommer by die skietbaan al ‘n grafiek sien met nodes.

www.worldofhunt.com



Sent from my iPhone using Tapatalk
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Rudie »

Ek het die app gelaai. Lyk of dit van baie waarde kan wees. Dankie vir die deel.

Sal vanmiddag 'n ladder gaan skiet en vir jou praktiese terugvoer kom gee.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
User avatar
Theunodb
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Theunodb »

Rudie wrote:Ek het die app gelaai. Lyk of dit van baie waarde kan wees. Dankie vir die deel.

Sal vanmiddag 'n ladder gaan skiet en vir jou praktiese terugvoer kom gee.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
100%


Sent from my iPhone using Tapatalk
GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by tripodmvr »

Ds J wrote:Kaptein, my 308 BRNO het n Weaver K4 teleskoop. Ek kry 1.5" groeperings op 100m, en verkies 180gr koeëls om vleisskade te beperk.

Is dit sinvol dat ek n ladder skiet op 300m? Die teiken is goed klein met my toerusting.
Vir jagdoeleindes sal 1 MOA meer as voldoende wees en 'n normale inkrementele ladingontwikkeling sal dit vir jou gee. Dieselfde kan met QL gedoen word.

Klein foute wys baie groter afwykings op die langer afstande en verg dus meer aandag aan dopvoorbereiding, ladings en skiettegnieke. Jou Weaver bril kan geensins gereg laat geskied aan jou geweer se werklike presiesheid, maar vir jag is hy baie geskik. Jy is nog jonk en kan dus naby genoeg bekruip.

Kappetijn kan my reghelp, maar brille wat vanaf 20x vergroting het is die beste om die teiken op lang afstande (300+) te identifiseer en dan akkuraat op te mik.

Die "ladder" metode gee geleentheid vir oefening in die skiettegniek en toon dan gewoonlik ook die nodes. Spoed neem daar nie noodwendig gelykmatig toe nie en dui dus op die plato van die node waar meer of minder dryfmiddel slegs 'n geringe of geen invloed het nie. (Lae ES word verkry) In effek word die plato nou eksperimenteel verkry.

Kyk na die grafiek hieronder waar dit met 'n 308 bepaal is.
Jan Haasbroek Grafiek Klein.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by SinWolf »

Dagse…

Ek het gister 'n ladder test gaan skiet… Die wind het bietjie gepla, so hoop nie ek het my tyd gemors nie…

Sien aangeheg die foto…

Ek het op 300m geskiet
Tikka T3 30-06
Barnes TTSX 150gn
Het 22 skote geskiet… Begin by no. 1 gelaai met 47.0gn, +0.2gn tot by 51.2gn
Hodgon H4895

Volgens Barnes se reload data is max lading met H4895 op die 150gn TTSX 51.0gn, 2975fps

Ek het nie spoed gemeet met ladder test nie, want ek het n Magnetospeed wat POI belemmer… Ek het wel die laaste 2 rondtes 2 van elk gelaai… 1ste een was vir die ladder, 2de een om na die tyd spoed te meet... So ek het spoed gemeet met die 51.0gn en 51.2gn

51.0gn - GEEN druk indikasies nie - 3001 fps
51.2gn - GEEN druk indikasies nie - 3008 fps

Stem julle saam dat ek na skote 13, 14, 15 en 16 moet kyk?
ladder2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by Kallie Fernhout »

Ek sou loer na 19,20,21 ook as ek jy was
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by SinWolf »

Dankie…

Baie mense reken ek moet wegbly van daai 3000fps op 'n 30-06 met 150gn punte… So to dog ek ek los maar... Maar sal seker nie skade maak nie :)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by tripodmvr »

Wolfie, as jy met die QL manne gesels het kon ons jou nou al miskien die regte lading en spoed gegee het. Daardie Barnse is nie goedkoop nie.

Jy soek 'n jaglading en ek kan verseker sê dat hulle in my geweer kleiner as 1 MOA skiet.

Gee jou geweerdata en ons probeer help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
SinWolf
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Wed Jun 19, 2013 6:57 am

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Post by SinWolf »

tripodmvr wrote: Thu May 14, 2020 10:16 am Wolfie, as jy met die QL manne gesels het kon ons jou nou al miskien die regte lading en spoed gegee het. Daardie Barnse is nie goedkoop nie.

Jy soek 'n jaglading en ek kan verseker sê dat hulle in my geweer kleiner as 1 MOA skiet.

Gee jou geweerdata en ons probeer help.
Dankie vir die hulp oom… Oom het my reeds baie gehelp al met QL... viewtopic.php?f=75&t=62615&p=804404&hilit=digkuns

Ek het wel 'n lading met QL gekry op node 5... Die lading was op 47.05gn, teen 2775fps. Volgens BARNES se reload data, is die MIN lading 48.5gn, teen 2822 fps...

So ek is nie heeltemal gelukkig met die lading van QL nie (alhoewel hy mooi skiet)… Ek het toe maar besluit om ladder test te doen vir die shit and giggles... So kan ek QL en Ladder met mekaar vergelyk…

Op daai QL post van my (bl. 3) (viewtopic.php?f=75&t=62615&p=804404&hilit=digkuns) was ek aangeraai om nie node 4 te jaag nie… Maar lyk my ek sal node 4 baie gemaklik kan haal…

Inteendeel, ek het reeds 5 ekstra rondtes gelaai met 50.48gn om node 4 ook te toets soos per QL :)

Ek het die spoed kalibrasie op 51.0gn gedoen…
Post Reply