Goeie messe wat hierbo genoem word.KillMurphy911 wrote:Jy maak 'n geldige punt Boomstomp. Dis asof mens so oor dit kyk. My derde beste tweede knipmes was een wat my pa vir my gegee het. 'n Silver, Vloot issue Victorinox. Sal my linker voortand gee vir so messie.Boomstomp wrote:Is daar 'n rede dat niemand nog die oorpsonklike sakmesse (Victorinox messe) genoem het nie?
Ek gebruik nou al paar jaar 'n Victorinox Sentinal One hand (liner lock) 111mm of die Victorinox Hunter 111mm -> dis die groter reeks knipmesse.
Werk baie lekker!
Laat ek bietjie verder soek.
Dis soos n teleskoop kies, elke ou soen sy vrou...
Ek is n Puma man, al 30 jaar lank. Het 5 jaar terug vir my nog een gekoop in Swakopmund. Daai spesefieke een soos hier onder is bietjie kleiner (korter) as my ander twee. Die mes (Rotwildmesser) met staal 440A / 55-57 HRC is so + - 25 cm lank in totaal en pas lekker styf en diep in sy skede dus is die uitval kanse skraal en sy gewig le ondertoe in die skede. Ek haat n mes wat aan my sy sit en weens 'n swaar handvatsel of tos skede aanmekaar skeef gly of wil 'gaan le'. Hulle (Puma) is nie te sag op die beursie nie, die een in Duitsland vervaardig was R 4800 op n 'special so 5 jaar terug, maar dis n mes wat jou laaitie kan erf eendag ou maat!
Sterkte met die soek



