Met toestemming vanaf Jaracal bestuur plaas ek weereens die jaar 'n loting vir 'n vondsinsameking vir my seun.
Heelwat van die lede op die forum weet my seun skiet al so paar jaar luggeweer en on het die vorige twee jaar met behulp van skiet vriende pryse uitgeloot om te help met kostes vir sy internationale toere saam die SA skole skietspan 2017 en as Junior ontwikkelings skut verlede jaar(Sassco).
Hy was bevooreg om die jaar (uiteindelik
Baie dankie and Herme van CMH wat weereens die jaar borgskap toegestaan het en 'n Silver mountain elektroniese teiken geborg het. Ek glo almal het al van die terugvoer hier gesien oor die teikens. Die waarde van die teiken (voor die Rand veld verloor het die laaste paar dae) is R14600.00. Daar is baie teikens om van te kies om na te skiet en jy moet basies net jou eie raam maak, so groot soos jy wil, jou teiken kalibreer en dan kan jy maar skiet. Daar is tot "gong" teikens beskikbaar om af te laai. Soos jy skiet sal die teiken op jou selfoon of tablet verskyn. jy het nie nodig om data te he op die foon of selfoon sein nie. jou selfoon of tablet moet net wifi he en jy sal kan kan skiet tot op 1000m.
Daar is slegs 175 kaartjies beskikbaar teen R250.00 per kaartjie. Ons gaan poog om teen 22 Junie die loting te hou by die Alrha Skietdag te PArys. Wenner sal telefonies gekontak word indien nie by die skietdag teenwoordig.
Baie dankie by voorbaat vir die ondersteuning.
Vir verdere navrae kan ek gekontak word op WA: 084 80 twee 516 vier.
Groete
Jan Swanepoel
