Ek is in die proses om 'n pistool vir selfverdediging en dan vir "conceal carry" aan te skaf.
Van die begin af was my uitkykpunt gewees dat die ding moet nie te veel knoppe hê nie en dan moet hy werk wanneer ek wil hê hy moet werk.
So ek het al die kandidate uitgedun tot by die Glock 19 gen 5 en die CZ P10C.
Ek het geen probleem om die Glock te kry nie, maar die CZ P10C is net soveel beter koop vanaf 'n finansiele oogpunt, dit kom met lekker sights en die sneller is beter.
So basies om die GLock op dieselfde vlak te kry gaan ek baie geld moet spandeer bo-op sy koop prys wat alreeds duurder as die CZ is.
So wat ek eintlik wil weet. Is daar van julle ouens wat die CZ gekoop het onlangs nadat al daai klomp probleme reg gestel is, en ondervind julle nog enige probleme ens.
Ek wil eenmaal koop en klaarkry so ek sal nie twee keer dink om die Glock te vat ter wille van lewe en dood al het hy plastiek sights ens. Maar ek hou baie van die CZ ook. So ek wil seker wees hy gaan my nie probleme gee nie.
Ek wil graag goeie, kort en kragtige advies hê, nie 'n debat begin oor hoe goed Glock is en sleg al die res nie. Ek weet GLock is goed, ek oorweeg maar net 'n alternatiewe net so goeie produk.
Sal enige "feedback" van die CZ ouens waardeur. (Of GLock ouens)


