CZ P10C

RBEKK
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Sep 11, 2018 12:47 pm

CZ P10C

Post by RBEKK »

Hallo almal!

Ek is in die proses om 'n pistool vir selfverdediging en dan vir "conceal carry" aan te skaf.

Van die begin af was my uitkykpunt gewees dat die ding moet nie te veel knoppe hê nie en dan moet hy werk wanneer ek wil hê hy moet werk.

So ek het al die kandidate uitgedun tot by die Glock 19 gen 5 en die CZ P10C.

Ek het geen probleem om die Glock te kry nie, maar die CZ P10C is net soveel beter koop vanaf 'n finansiele oogpunt, dit kom met lekker sights en die sneller is beter.

So basies om die GLock op dieselfde vlak te kry gaan ek baie geld moet spandeer bo-op sy koop prys wat alreeds duurder as die CZ is.

So wat ek eintlik wil weet. Is daar van julle ouens wat die CZ gekoop het onlangs nadat al daai klomp probleme reg gestel is, en ondervind julle nog enige probleme ens.

Ek wil eenmaal koop en klaarkry so ek sal nie twee keer dink om die Glock te vat ter wille van lewe en dood al het hy plastiek sights ens. Maar ek hou baie van die CZ ook. So ek wil seker wees hy gaan my nie probleme gee nie.

Ek wil graag goeie, kort en kragtige advies hê, nie 'n debat begin oor hoe goed Glock is en sleg al die res nie. Ek weet GLock is goed, ek oorweeg maar net 'n alternatiewe net so goeie produk.

Sal enige "feedback" van die CZ ouens waardeur. (Of GLock ouens) ;D
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: CZ P10C

Post by Springkudu »

Kyk hier op die forum is ‘n splinternuwe P10 te koop teen ‘n bitter goeie prys, koo en koop klaar. Ek het weer die CZ 75 gekoop, as ek kon kies sou ek die P10 vat, maar vir my was dit ‘n finansiele besluit en die P10 was daai tyd nog nie SA


Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ P10C

Post by Ratel »

Hou hierdie in gedagte en seker maak die wapen wat jy koop het nie hierdie probleme nie. Op die baan is dit nog OK maar beslis nie in 'n SD situasie nie.

https://www.omahaoutdoors.com/blog/cz-p ... -reliable/

Ek sou beslis elke moontlike forum eers goed gaan oplees oor die probleem.

PS
Ek het 'n Glock en 'n CZ ++>:
Maak 'n verskil
RBEKK
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Sep 11, 2018 12:47 pm

Re: CZ P10C

Post by RBEKK »

Dankie vir die raad.

Ja, die internet is vol klagtes oor die CZ toe hy 2/3 jaar terug uit gekom met allerhande verskillende probleme.

Volgens die ouens by een van die groot "gunshops" hier in die Kaap is daardie probleme reg gemaak.

Ek soek verseker nie iets wat my in die steek gaan laat nie, daarom sal ek enige tyd die Glock koop as ek net in die minste twyfel oor die CZ.

Ek het maar net gehoop iemand kan bevestig dat hy wel nou probleem vry is, want dit is 'n baie lekker pistool in my hande en sy sights praat sommer met jou as jy daardeur kyk. Jy kry sommer die gevoel jy gaan skiet waar jy mik.

En dis baie goeie waarde vir geld wat jy kry.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: CZ P10C

Post by Ashley »

Indien albei ewe betroubaar is, CZ.
My 2c...
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ P10C

Post by Ratel »

Ek sien op ander forums dat CZ die probleme uitgesorteer het. Indien jy ernstig is oor die pistool kan jy dalk die reeks nommer vat van die wapen wat jy wil koop en CZ -e-pos. Ek verstaan dat wapens bo 'n sekere reeks nommer se foute in die fabriek reggestel is.

Ek moet se CZ se naverkope diens blyk goed te wees.
Maak 'n verskil
RBEKK
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Sep 11, 2018 12:47 pm

Re: CZ P10C

Post by RBEKK »

Dankie Ratel,

MY plan is om te kyk of die pistool in die winkel 'n metaal "guide rod" het, want die P10c het aanvanklik met 'n plastiek een uitgekom. Hulle sê met die regmaak van al die foute, het hulle hom toe met die metaal een uitgestuur.

Hoop dit is die geval, want dan is dit maklik om te identifiseer en jy weet dis die "revised model".

Op die regterkant van die pistool naby die serial nr is ook 2 digti getal wat die jaar is waarin dit vervaardig is, dit kan ook seker help.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: CZ P10C

Post by LUAN »

Daars weer videos op youtube waar hierdie cz al n paar duisend skote gedoen het sonder probleme. Ek het nie eers geweet daar was probleme met hom.

Ek het tot die gevolgtrekking gekom as jy n baan pistool wil he kan jy kyk na cz maar vir sd sal ek maar my GLOCK dra.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1886
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: CZ P10C

Post by Ratel »

RBEK
Ek weet nie van waar jy is nie maar ek sien op 'n ander forum dat Dave Sheer 'n toets wapen het wat jy kan skiet. Ek vermoed hulle sal jou ook eerlike inligting oor die wapen kan gee. Vra om met hulle wapensmid te gesels.
Maak 'n verskil
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: CZ P10C

Post by Supacow »

Ek vra altyd hoekom die copy van iets koop as jy net die ding wat gecopy is kan koop?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
RBEKK
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Sep 11, 2018 12:47 pm

Re: CZ P10C

Post by RBEKK »

Luan,

Stem saam. As ek op die dag nog geen versekering het dat ek die CZ sal kan vertrou nie, dan vat ek die Glock. GLock is darem al "tried and tested" al is dit nie noodwendig die verbeelding rykste pistool nie, kan jy darem weet hy sal werk.

Ek besef dis "function before looks", maar die CZ is nogsteeds baie nice.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: CZ P10C

Post by figjam »

Rbekk het jy al besluit? Ek self het hard na die p10 gekyk en sy prys was reg. Ekt egter weer geval vir die P01. Is nou in afwagting vir my lisensiekaartjie.

Ivm die storie van daai striker wat roteer. Jis ekt ook forums OP gelees oor daai. Daar is n ou op youtube wat daai omaha perde proef gestel het en dit dalk met opset gedoen het. Hyt alles moontlik probeer om daai striker te roteer sodat hy nie werk nie en kon dit nie regkry nie... So ek weet nie..

Al die ouens wat hom deur "gauntlet" tipe toetse gesit het, het fantastiese resultate gekry.

Lw hulle was tot vroeer in hierdie jaar baie skaars in sa. Hier in die kaap het ek van net 1 geweet. So ek glo nie TE veel ouens het al een nie.
RBEKK
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Tue Sep 11, 2018 12:47 pm

Re: CZ P10C

Post by RBEKK »

Hi Figjam,

Jislaaik, ek wou graag daai P10 gekry het, maar sien nie kans om dit te koop as ek die versekering het hy werk perfek nie. Ñ ou sukkel te veel om lisensies te kry in SA.

Ek het op die Glock 19 besluit, maar sien toe die Glock 19x by die gunshop. Toe ek hom optel toe is dit ñ no brainer. Koop hom toe sommer net daar.

Moet nou ook maar deur die proses gaan met my aansoeke. Hoop nie hulle draai te lank nie.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: CZ P10C

Post by figjam »

Haha my lisensie is goedgekeur onder 3 maande na dit meer as 3 weke by die polisiestasie gele het.maar ek wag al 6 weke vir die kaartjie......

By huntex het ek ook die 19x hanteer. Maar hy is nie n kompakte pistool nie. Die grip is die moeilikste gedeelte om te conceal en daar is hy vol grootte. Maar hy voel goed en sy sights is beter en hyt n beter sneller.

Sterkte en geniet
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: CZ P10C

Post by Hennie Oelofse »

Ek het self nou vir my n CZ P10C gekoop.

Ek het heelwat navorsing gedoen oor die P10C. Van die vroër (voor 2018) modelle was daar probleme met van die parte. Slide release was baie styf, mag release ook baie styf. Daar was n paar gewere wat ook nie terug gegaan het "battery" toe nie as gevolg van die staal plaatjie op die agterkant wat afbeweeg. Daar is n video op facebook oor waarvoor om na uit te kyk. Maar die belangrikste is maar om te kyk na n model wat 2018 of 2019 is.

Hier is n video daaroor.
https://youtu.be/bYRYTaLGtmA

As ek eendag die pistool op my naam kry met hierdie 350a vorm boggerop sal ek bietjie terugvoering gee oor die geweer.

Ek hou baie daarvan dat die nuwer model met staal tridium night sights kom as n standaard. Bonus.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: CZ P10C

Post by spekieries »

Op "You tube" is daar 'n "torture test" waar hulle hom 3000 skote op een dag skiet sonder om skoon te maak. Hy begin later stoor nie "malfunction" nie a.g. v. van die koolstof aanpaksel. Sal vanaand kyk of ek die adres kry.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: CZ P10C

Post by Hennie Oelofse »

spekieries wrote:Op "You tube" is daar 'n "torture test" waar hulle hom 3000 skote op een dag skiet sonder om skoon te maak. Hy begin later stoor nie "malfunction" nie a.g. v. van die koolstof aanpaksel. Sal vanaand kyk of ek die adres kry.
Hier is n video waar hulle met hom net oor die 10 000 skote in een dag geskiet het met een "malfunction".

https://youtu.be/ILltPQyskf0
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: CZ P10C

Post by spekieries »

Dankie Hennie . Ek kan onthou dit was baie, maar wou nie te groot gaan nie want netnou sê die manne ek is 'n bulsh...r.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: CZ P10C

Post by Hennie Oelofse »

spekieries wrote:Dankie Hennie . Ek kan onthou dit was baie, maar wou nie te groot gaan nie want netnou sê die manne ek is 'n bulsh...r.
Jaja... nee wat. Hulle is fantastiese gewere.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
kapteinoubaas
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Tue Sep 12, 2017 10:01 am

Re: CZ P10C

Post by kapteinoubaas »

Nog tevrede met hierdie wapen?
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 486
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: CZ P10C

Post by saswart »

Baie lekker handwapen! Jy kan die wapen uit die boks net so los en lekker skiet! Ek het een al vir so paar maande en nou nog nie 10000 rondtes geskiet nie, maar dit wat ek al het is ek baie tevrede mee.
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: CZ P10C

Post by Kolhasie »

Springkudu wrote: Tue Sep 11, 2018 2:07 pm Kyk hier op die forum is ‘n splinternuwe P10 te koop teen ‘n bitter goeie prys, koo en koop klaar. Ek het weer die CZ 75 gekoop, as ek kon kies sou ek die P10 vat, maar vir my was dit ‘n finansiele besluit en die P10 was daai tyd nog nie SA


Sent from my iPhone using Tapatalk
waar is hy? kry nie post
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: CZ P10C

Post by THOMAST »

Kolhasie, Springkudu se pos dateer vanaf September 2018, ek dink daai pistool is laangkal verkoop.
Kyk bietjie by Humansdorp Ko-op
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: CZ P10C

Post by figjam »

Humansdorp Kooperasie het baie goeie prys op hom op die oomblik!
User avatar
kapteinoubaas
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Tue Sep 12, 2017 10:01 am

Re: CZ P10C

Post by kapteinoubaas »

Dankie vir die terugvoer - ek het 'n reuse bargain by Safarioutdoor gekry.
Post Reply