Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hy werk by Gerrie coetzee vuurwapens in Bloemfontein.Hy is die persoon wat gewoonlik die foon antwoord as n mens die werkswinkel skakel.
Ek sal later nommer aanstuur
Ek sal later nommer aanstuur
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Welkom Oom Daan, ek sien oom maak al klaar die manne wiser met die baie inligting
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Jis manne,
Oom Daan was 3 jaar laas op die forum. Ek dink nie die vrae aan hom sal binnekort beantwoord word nie.

Goed, beter, 6millimeter!
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
More Junglejulian,
Baie dankie vir die inligting. Ek en Dawid het n baie goeie verstandhouding in tagtigs en negentigs gehad. Sal graag weer met hom wil gesels oor die ou dae.
Groete Bennie

9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- kapteinoubaas
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Tue Sep 12, 2017 10:01 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Middag. Ek hoop iemand kan my help - dit gaan meer oor geskiedenis as 'n spesifieke wapen. Wat was die verbintenis tussen Musgrave en Bruno? Het hul op 'n stadium Bruno K98 aksies gebruik? Ek het 'n vriend met 'n 30-06 musgrave met 'n bruno aksie ...
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Kapteinoubaas, ek het gou met Daan gepraat, want ek het al self oor hierdie saak gewonder. Wat gebeur het is dat Musgrave agente gehad het in Duitsland met die naam van A.KInd. Hierdie agente het hulle dan in kontak gebring met derde partye wat K98 verkoop. Hierdie K98's het dan van regoor die wereld gekom, en is dan in Oostenryk deur werknemers van Musgrave getoets, en daarna aan Musgrave beskikbaar gestel vir montering. Onder anderre was daarCZ/Bruno aksies tussenin.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Benco77
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Sep 15, 2019 3:13 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dag se mannne
Ek wil graag meer inligting kry oor die hostory van my .270 musgrave, hoe oud hy is en wie sy voorige eienaars was. Weet nie of hier dalk iemand is wat my kan help ni?
Het rede om te glo dat dit Bennie Musgrave sepersooike geweer was en sal net graag dit wil bevestig of die storie waar is.
Sent from my iPhone using Tapatalk

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Werk jou spellchecker nie?
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Last edited by toxicsox on Mon Sep 16, 2019 11:19 am, edited 1 time in total.
-
Benco77
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Sep 15, 2019 3:13 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Blykbaar doen hy nie. Duime werk nie altyd so lekker nie. Maar dankie vir jou korreksie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Benco77
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Sep 15, 2019 3:13 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dankietoxicsox wrote:Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.toxicsox wrote:Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Spellchecker is wel ook reg.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Bennie Musgrave moes blerrie baie persoonlike gewere besit het, elke 3de ou se Mugrave het eers aan Bennie behoort!!!
Net soos met Boere-oorlog Mausers wat aan Gen. de Wet behoort het.

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Benco77
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Sep 15, 2019 3:13 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Is seeker waar maar . Is wel Bennie Jnr. Maar is altyd lekker om te weet.swc-tr wrote:Bennie Musgrave moes blerrie baie persoonlike gewere besit het, elke 3de ou se Mugrave het eers aan Bennie behoort!!!
Net soos met Boere-oorlog Mausers wat aan Gen. de Wet behoort het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Ag hemel tog! Regtig? Jy kon nie verstaan wat die persoon vra nie?ruaanb wrote:Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.toxicsox wrote:Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.ruaanb wrote:Werk jou spellchecker nie?
Spellchecker is wel ook reg.
Almal sit nie agter 'n rekenaar nie.
Ek het ook twee dom duime wat nie altyd op my selfoon wil saamwerk nie. Dit gebeur.
Ek het 'n ander forum gelos om hier aan te sluit weens presies sulke kleinlikheid. Lyk my dit is maar dieslefde orals.
Net my 2c - of is dit nou 2s
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Blou Maandag lyk dit vir my. Sterkte!
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Raak rustig en gaan vat n sluk water. Jy kan nie Jaracal met ander plekke vergelyk nie want daar is geen forum soos die een nie.toxicsox wrote:Ag hemel tog! Regtig? Jy kon nie verstaan wat die persoon vra nie?ruaanb wrote:Ja want dit maak dit moeilik om te verstaan wat die persoon vra.toxicsox wrote: Seriously? Spell checker is twee woorde inelkgeval.
Spellchecker is wel ook reg.
Almal sit nie agter 'n rekenaar nie.
Ek het ook twee dom duime wat nie altyd op my selfoon wil saamwerk nie. Dit gebeur.
Ek het 'n ander forum gelos om hier aan te sluit weens presies sulke kleinlikheid. Lyk my dit is maar dieslefde orals.
Net my 2c - of is dit nou 2s
As jy vir Ruaan ken sal jy weet dit is n grap. Dalk is jy weg oor jy so reageer het ek weet nie maar vat maar alles tong in die kies want dit is meeste van die tyd die geval.
As jy n slegte dag het sterkte met hom hy is darem amper verby.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Ooh ja...hijack af

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Jip. Onder andere na Santa Barbera aksies van Spanje (wat via Brasilië na SA gekom het).Johan van Wyk wrote:Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.
Groetnis!
-
Benco77
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Sep 15, 2019 3:13 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dis 100% korrek, die .270 wat ek het, het die Santa Barbera aksie.Hein M. wrote:Jip. Onder andere na Santa Barbera aksies van Spanje (wat via Brasilië na SA gekom het).Johan van Wyk wrote:Daar is merkwaardig baie ouens wat dink dat hulle Musgraves eens op `n tyd of aan Bennie Musgrave of aan Lucas Potgieter self behoort het. Merkwaardig baie…
Dok Lucas het destyds baie gewere by die Musgrave pasmaak-afdeling laat bou en dan in sy winkel verkoop. Op meeste van hulle wat ek al gesien het was sy naam (dikwels iets soos Lucas P en dan die reeksnommer) gegraveer of ingestamp. Baie mense raak hieroor verward en dink hulle besit een van sy eie gewere. Nie so nie. Hy het die roer dalk laat bou maar hom net so aan `n lid van die publiek verkoop. My pa het destyds so 7x57 op `n DWM M98 aksie besit waarmee ek my eerste rooibok geskiet het. Van hierdie gewere was baie mooi met uitgesoekte hout en gravering, andere was maar redelik intreevlak.
Wat die aksies aan betref het Musgrave destyds surplus M98 Mauser aksies van heinde en verre opgekoop, die ergste kosmetiese skade herstel en gewere daarop gebou en verkoop aan die skietpubliek. Dit was die Musgrave K98 reeks gewees en hulle was in drie modelle beskikbaar gewees. Die goedkoopste een het nog die standard Mauser sneller gehad. Brno het derduisende M98 aksies in die 1920's en -30's gemaak, onder andere vir die Duitse Wehrmacht, so dis niks snaaks om `n ou M98 te sien met hulle naam op nie. Hulle was almal eens op `n tyd 8x57's gewees. Toe die voorraad surplus M98's opdroog was hulle verplig om na ander opsies te kyk.
Groetnis!
Hoe kan mens bepaal hoe oud di wapen is?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Baugust
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Oct 17, 2012 8:30 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dag se
Ek is in die process om n Musgrave model 90 mini in 222 Remington te koop...condisie is baaie mooi en bitter min gebruik
My vraag is hoe good werk die kombinasie..will maar klein wild en tuiken skiet
Dankie
Baugust
Sent from my SM-J410F using Tapatalk

Zabala 12g S/S ( Classic )
Brno ZKK600 270 Win (Deadly)
Musgrave K98 30-06 ( Alldays )
Custom 303 Lee Enfield (Bushy)
Custom 460 WBY ( Brutus )
Brno ZKK600 270 Win (Deadly)
Musgrave K98 30-06 ( Alldays )
Custom 303 Lee Enfield (Bushy)
Custom 460 WBY ( Brutus )
-
Baugust
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Oct 17, 2012 8:30 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Zabala 12g S/S ( Classic )
Brno ZKK600 270 Win (Deadly)
Musgrave K98 30-06 ( Alldays )
Custom 303 Lee Enfield (Bushy)
Custom 460 WBY ( Brutus )
Brno ZKK600 270 Win (Deadly)
Musgrave K98 30-06 ( Alldays )
Custom 303 Lee Enfield (Bushy)
Custom 460 WBY ( Brutus )
-
Wilanie762
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Feb 03, 2023 5:12 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
hallo daan
ek besit ook n paar musgraves en versamel graag musgravr artikels
ek is op soek na n musgrave geweersak.ek vermoed hulle is baie skaars
groete
willie