Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jake, ek het nog nie op baie plekke bass op vlieg gehengel nie, maar daar waar bass is gooi ek altyd eerste my selfgemaakte whooly bugger en dit werk nog elke keer helder en troebel water.
Gee hoek 'n tungsten bead, pou veer lyf (PEACOCK HURL) met Rooi marabou stert net so lank soos die lyf, draai dan swart hackle om lyf. ek bind hulle van 'n 10 tot 18 hoek grootte.
Ek hou baie van 'n popper vir bass, hetsy vlieghengel of konvensioneel, vroeg oggend en laat middag.
Hier is 'n voorbeeld van 'n popper vir vlieg hengel waarmee ek al baie welslae gehad het, hy is swaar en moeilik om te gooi maar iets aan hom maak hom net meer aanloklik as konvensionele poppers, die feit dat hy nie maklik vashaak nie maak hom ook lekker om mee te hengel
20191230_180447.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Ek hou baie van 'n popper vir bass, hetsy vlieghengel of konvensioneel, vroeg oggend en laat middag.
Hier is 'n voorbeeld van 'n popper vir vlieg hengel waarmee ek al baie welslae gehad het, hy is swaar en moeilik om te gooi maar iets aan hom maak hom net meer aanloklik as konvensionele poppers, die feit dat hy nie maklik vashaak nie maak hom ook lekker om mee te hengel
20191230_180447.jpg
Die ou wat die spinning vir die popper gedoen het mag maar...
Jake ek dink wat Gerhard bedoel is dis baie netjies gedoen die bind en die sny, ek het met takbokhaar prawns so probeer bou en wel hulle lyk meer soos brandsiek muise ek self het maar besluit om by die basiese vliegies te bly
Manne ek het ook nou met die vlieg begin vang. Ek is redelik op die ball met al die ander vasette maar hier is ek heeltemal onnosel! Sit gerus nog goette op ek leer saam! Ek gaan nou dinsdag vir so 3 dae oranje rivier toe om bietjie vliee te gaan swaai!
Ek het Woensdag en Donderdag bass in Belfast gevang op vlieg. Beide dae meer as 10 bass in minder as twee ure gevang. Het slegs Nyap vlieggie gebruik op die bo water. Gooi die vliegie in die water - reg langs watergras, laat hom doodstil lê vir so 10 sekondes en gee hom so vinnige twitch dat hy net bietjie water spat. los hom weer vir 10 sekondes en herhaal die proses. Bitter effektief gewees.
Armand Steenkamp wrote: Sun Jan 12, 2020 12:04 pm
Manne ek het ook nou met die vlieg begin vang. Ek is redelik op die ball met al die ander vasette maar hier is ek heeltemal onnosel! Sit gerus nog goette op ek leer saam! Ek gaan nou dinsdag vir so 3 dae oranje rivier toe om bietjie vliee te gaan swaai!
Jy is gelukkig, daardie wêreld het van osn beste vlieg hengel vir geelvis. EK is nie seker van die water vlakke nie maar die kleinbekke behoort dik te ê in die stroom versnellings.
Armand, julle sal Geelvis daar teiken op vlieg, dit sal goed wees as jy saam met iemand gaan wat die storie ken op vlieg, en voor ek vergeet, dis verslawend, jys gewaarsku...
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Ek gaan saam met n ou hand. Ek het al baie daar met aas gehengel en ken die wereld, maar met die vlieg is dit my eerste! Ek sal bitter graag n baber op vlieg wil vang!!