Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Ek weet dis nie hoe dinge gedoen word nie maar ek probeer 'n pel help. Ek moet hom help laai ma daar is nie baie voorraad vir lading ontwikkeling nie.
Hy wil net sy biltongjag kan doen later die jaar as Covid19 dit gaan toelaat.

Howa dun loop 22"
S365 Lot 86 (halwe blik)
Sierra Prohunter/ Spitzer 150gr (2130), Max TPL gemeet 3.265, Lengte gemeet 1.060"
CCI200
Federal once fired doppe meet heel konstant 68.7gr H2O

Enige iemand al so kombinasie gelaai of het iemand dalk raad wat ons vir hom kan laai?

Lyk dit veilig?
3.200"
58.6gr

Dankie
Kosie 3006.png
https://drive.google.com/open?id=1x7zUm ... ihHs436lq_
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

Somchem gee 55.9gr as max vir 'n 168gr koeël.

Ek sou veilig speel en 55gr laai. Skiet een skoot oor die chrony en dit behoort dan die brandtempo toe te lig. Die berekeninge wat ek met Lot 86 gedoen het toon nie snaakse dinge nie, maar veiligheid eerste.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Gawie(13mm) »

Maks vir S365 met 150 grein koeël volgens se Somchem se web-tuiste, is 57 grein @ 2979 vps uit 'n 24 duim loop.
Trek 40 vps af vir die 22 duim loop en jou maks spoed is 2939 vps.
Ek sal nes Marius voorstel dat jy met 55 grein begin om spoed te kalibreer.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Arnold »

tripodmvr wrote: Tue Mar 31, 2020 3:47 pm Somchem gee 55.9gr as max vir 'n 168gr koeël.

Ek sou veilig speel en 55gr laai. Skiet een skoot oor die chrony en dit behoort dan die brandtempo toe te lig. Die berekeninge wat ek met Lot 86 gedoen het toon nie snaakse dinge nie, maar veiligheid eerste.
Maar hoekom kan hy nie die laaidata vir 'n 150gr koeel gebruik nie?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Gawie(13mm) »

Arnold wrote: Tue Mar 31, 2020 3:56 pm
tripodmvr wrote: Tue Mar 31, 2020 3:47 pm Somchem gee 55.9gr as max vir 'n 168gr koeël.

Ek sou veilig speel en 55gr laai. Skiet een skoot oor die chrony en dit behoort dan die brandtempo toe te lig. Die berekeninge wat ek met Lot 86 gedoen het toon nie snaakse dinge nie, maar veiligheid eerste.
Maar hoekom kan hy nie die laaidata vir 'n 150gr koeel gebruik nie?
..., want hy ken die data vir die 168 greiners uit sy kop en wil nie aan die WF stel nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Andre308 »

Ooo, Gawie, wil jy nou ook die weighting factor club join?

Ons lede geld is nie baie duur nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

Herstel. Aandag.

Nie my beste dag sovêr nie. Nuus van die afsterwe van 'n vriend gekry. Kanker gehad.

My 55gr is nie sleg gekies nie. Maks is 57gr vir 150gr volgens Somchem. Ek hou daarby.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Gawie(13mm) »

Andre308 wrote: Tue Mar 31, 2020 4:02 pm Ooo, Gawie, wil jy nou ook die weighting factor club join?

Ons lede geld is nie baie duur nie.
Hoekom moet ek betaal as ek verniet al die nodige inligting in QL se handleiding kan kry? ;)
Dit is hoekom daar 'n paar van ons is wat mekaar se data nagaan en mekaar reg help indien daar goggas uitpeul. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Andre308 »

Gawie(13mm) wrote: Tue Mar 31, 2020 5:03 pm
Andre308 wrote: Tue Mar 31, 2020 4:02 pm Ooo, Gawie, wil jy nou ook die weighting factor club join?

Ons lede geld is nie baie duur nie.
Hoekom moet ek betaal as ek verniet al die nodige inligting in QL se handleiding kan kry? ;)
Dit is hoekom daar 'n paar van ons is wat mekaar se data nagaan en mekaar reg help indien daar goggas uitpeul. ;D
Miskien maar by ons lede geld betaal...ek wil amper sê ek sal my salaris daarop sit dat jy QL verniet gekry het en dit nie self gekoop het nie...iewers moet n mens tog maar betaal dan. >:+
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Willie »

tripodmvr wrote: Tue Mar 31, 2020 4:10 pm Herstel. Aandag.

Nie my beste dag sovêr nie. Nuus van die afsterwe van 'n vriend gekry. Kanker gehad.

My 55gr is nie sleg gekies nie. Maks is 57gr vir 150gr volgens Somchem. Ek hou daarby.
Ek laai net 52gr 365 maar met 'n 25 duim loop en kry 2770vfs. Dit is oorgoed genoeg vir biltong jag. Stadiger = minder vleis skade, minder kruit. Miskien kan jy dit ook oorweeg met 'n skoot of twee vir spoed en dan weer die Marius vra om jou nader aan 'n node te kry. Net my stuiwer vir wat dit werd mag wees.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

[/quote]

Watter Lot S365 gebruik jy?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Willie »

lot 74
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Baie dankie almal, ek sal veilig speel met die lading. Julle het my herhinder om nie altyd die hoogste node jaag nie :)
Gaan my bes probeer om hom op die skietbaan te kry en spoed meet voor ons als laai. Ons kyk ma wat sê covid.

Ek sukkel ook met die RCBS matrys en my COAX press, die matrys is net net te lank en druk onder vas voor ek die skouer vêr genoeg kan terugdruk tot waar die slot gemaklik toemaak. Ek het al die probleem met een van my ander kalibers ook gehad maar 'n bietjie overcamber om die press het hom vêr genoeg gekry. Met die een gaan ek my press breek voor ek êrens gaan kom.
Dalk is dit nou finaal my verskoning om 'n klein draaibank aan te skaf, ek soek al lank een :)

Sterkte met die huisarres
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

Hier is verskeie voorstelle. Die "shims" is moontlik die beste tydelike oplossing.

https://www.longrangehunting.com/thread ... gh.122963/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Gerhardu »

Dumbluck wrote: Wed Apr 01, 2020 10:04 pm Baie dankie almal, ek sal veilig speel met die lading. Julle het my herhinder om nie altyd die hoogste node jaag nie :)
Gaan my bes probeer om hom op die skietbaan te kry en spoed meet voor ons als laai. Ons kyk ma wat sê covid.

Ek sukkel ook met die RCBS matrys en my COAX press, die matrys is net net te lank en druk onder vas voor ek die skouer vêr genoeg kan terugdruk tot waar die slot gemaklik toemaak. Ek het al die probleem met een van my ander kalibers ook gehad maar 'n bietjie overcamber om die press het hom vêr genoeg gekry. Met die een gaan ek my press breek voor ek êrens gaan kom.
Dalk is dit nou finaal my verskoning om 'n klein draaibank aan te skaf, ek soek al lank een :)

Sterkte met die huisarres
Het jy al gekyk wat gaan hy maak met N550?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Capt. Yoda »

Dumbluck wrote: Wed Apr 01, 2020 10:04 pm Baie dankie almal, ek sal veilig speel met die lading. Julle het my herhinder om nie altyd die hoogste node jaag nie :)
Gaan my bes probeer om hom op die skietbaan te kry en spoed meet voor ons als laai. Ons kyk ma wat sê covid.

Ek sukkel ook met die RCBS matrys en my COAX press, die matrys is net net te lank en druk onder vas voor ek die skouer vêr genoeg kan terugdruk tot waar die slot gemaklik toemaak. Ek het al die probleem met een van my ander kalibers ook gehad maar 'n bietjie overcamber om die press het hom vêr genoeg gekry. Met die een gaan ek my press breek voor ek êrens gaan kom.
Dalk is dit nou finaal my verskoning om 'n klein draaibank aan te skaf, ek soek al lank een :)

Sterkte met die huisarres

Druk daai DIE somer teen n grinder se lem vas en haal so 2mm onder af
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Ek was gou besig met 'n ander projek vanoggend wat my toe langer geneem het as verwag, na hoeveel jaar uiteindelik my press vasgeboud op die werksbank. Die G-Clamp het lank gewerk ma het nie gehou van doppe size nie, nou is hy ordentlik stewig
tripodmvr wrote: Thu Apr 02, 2020 2:09 am Hier is verskeie voorstelle. Die "shims" is moontlik die beste tydelike oplossing.
Dankie, ek het my press so bekyk maar die coax het nie n shellholder nie en ek sien nie hoe ek 'n shim sal inkry nie
Gerhardu wrote: Thu Apr 02, 2020 8:52 am Het jy al gekyk wat gaan hy maak met N550?
die man moet dit eers self koop :)
Capt. Oblivious wrote: Thu Apr 02, 2020 10:07 am Druk daai DIE somer teen n grinder se lem vas en haal so 2mm onder af
ek was amper oppad maar dink ek gaan nou sommer my eie stel matryse aanskaf

As iemand 'n stel 30-06 die's het wat in die pad lê laat weet asb.

Image

Image

Image

Image
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

Ek het 2 van my Lee perse op 'n stewige plank monteer wat redelik lank is. Ek kan nou voor en agter 'n G-klamp opsit en die lang afstand gee genoeg hefboom krag dat dit amper geen spanning op die voorste klamp sit nie. Die lading word ook oor die breedte van die tafel versprei sodat dit nie voor versplinter nie.

Nou het ek 'n mobiele stelsel.
Press Lee Dual Small.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Skietstoel
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Skietstoel »

Ek het n spaar stel RCBS matryse as jy dalk sou belangstel.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Skietstoel wrote:Ek het n spaar stel RCBS matryse as jy dalk sou belangstel.
Dankie, ek het al 'n stel opgespoor Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
Skietstoel
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Skietstoel »

Doodreg!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Ek dink die man kan ma gaan jag met die "duimsuig" lading.

GRT se voorspelling was 2974, die 9 skote is met sy demper geskiet.
Is nuuskierig oor die spoed sonder demper ma ons kon nie patrone mors nie en moes zero ook

Image

Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Arnold »

Hy kan maar gaan jag met daai lading. Nou het hy n lekker 308

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by Dumbluck »

Arnold wrote:Hy kan maar gaan jag met daai lading. Nou het hy n lekker 308 Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Toe hy die eerste keer begin praat van jaggeweer het ek gesê hy moet 308 koop haha

Ek is bly ons kon redelike resultate kry met die eerste probeerslag. Het nie baie gehad om me te werk nie, die man skiet op 'n baie tight budget. 38 once fired Federal doppe, 2/3 blik 365 en primers het hy geskenk gekry en die pakkie munte het hy iewers gekoop vir onder R300.

As hy die dag 'n nuwe blik kruit koop en my 165 SST's oorkoop sal ek die hoër nodes aanpak.

Hy is ten minste oppad jagveld toe met sy 308 volgende week, meer as wat ek kan sê :(

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad vir Lading Asb. 30-06 S365 150gr Sierra Pro Hunter

Post by tripodmvr »

As ek so na die QL syfers kyk kan die node naby 2850vps wees en 56,8gr word daarvoor bereken. Lyk asof julle in die nodeband se onderste punt ingesluip het.