Pro Chrono Akkuraatheid
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 721
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Pro Chrono Akkuraatheid
Iemand het my gesê dat my Pro Chrono se spoedlesings waarskynlik verkeerd is.
Is daar iemand met 'n chronograaf in Centurion omgewing wat bereid is om tyd aan my af te staan om te kontroleer of my Pro Chrono korrek meet al dan nie?
nulagttwee 456 3565
Is daar iemand met 'n chronograaf in Centurion omgewing wat bereid is om tyd aan my af te staan om te kontroleer of my Pro Chrono korrek meet al dan nie?
nulagttwee 456 3565
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Gebruik 'n afstand van 5 meter tussen loop se punt en die chrony. Maak seker jy skiet parallel en teen 90 grade oor die chrony. Maak merke op die ysters van die skerms sodat jy nie die apparaat raakskiet nie. As die wind sterk waai en die chrony beweeg, gaan jy swakker lesings kry. Onder is 'n vergelyking van die Prochrono met 'n Magnetospeed. Die prochrono doen baie goed en ek het ander vergelykings ook al gesien wat soortgelyk is.
https://www.snipershide.com/shooting/th ... s.7034119/
https://www.snipershide.com/shooting/th ... s.7034119/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
ń Vriend se Prochrono het 2950 fps gemeet toe die spoed eintlik 2850 was. Ons kon nie verstaan hoe die man gemaklik vol talle skiet op kort afstand maar bly sleg doen op lang afstand. Tot iemand genoem het sy koeëls gaan subsonies deur die teiken. Dis toe ons agterkom sy Prochrono is vol nonsens.
Met die Prochrono is dit maar hit-and-miss. Goeie idee om dit te toets teen iets wat meer akuraat is.
Met die Prochrono is dit maar hit-and-miss. Goeie idee om dit te toets teen iets wat meer akuraat is.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Probeer dalk skiet oor die onderste derde 'lyn'.....as n ou te hoog deur hom skiet gee hy soms snaakse lesings of self geen lesing nie.
My Pro Chrony se 'deviation' tolleransie is maks so 15fps
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
My Pro Chrony se 'deviation' tolleransie is maks so 15fps
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
So as my DLX en F1 binne 5fps van mekaar meet is altwee verkeerd of is dit net die Prochrono?
Moet ek 'n derde opinie kry? 4de en 5de?
Klink soos die ou wat 6 skale het en heeltyd wonder watter een presies reg is.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Moet ek 'n derde opinie kry? 4de en 5de?
Klink soos die ou wat 6 skale het en heeltyd wonder watter een presies reg is.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Die punt is, kalibreer jou chrony. Meet teen 2de een of ‘n tipe wat veronderstel is om akkurater te wees.
Die voorstel hier is nie wat sê die 4/5/6de een nie.
As joune 5fps verskil, dan het jy die nommer.
Beste.
Die voorstel hier is nie wat sê die 4/5/6de een nie.
As joune 5fps verskil, dan het jy die nommer.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Natuurlik kan jou ProCrono, of enige ander mens gemaakte ding 'for that matter', verkeerd/voutief wees....n pel sin (die model met bluetooth) het moeilikheid gegee met snaakse lesing en moes hom terug vat vir herstel.Aceofspades wrote:So as my DLX en F1 binne 5fps van mekaar meet is altwee verkeerd of is dit net die Prochrono?
Moet ek 'n derde opinie kry? 4de en 5de?
Klink soos die ou wat 6 skale het en heeltyd wonder watter een presies reg is.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Ek het ook al getwyfel oor my Prochrono se akkuraatheid, om agter te kom die laer spoed was by die geweer.
Met 'n nuwe geweer is my metings "meer akkuraat". Wat ek ook besef is dat geen Prochrono, Chrony, of watter van daardie ontwerp gaan "akkuraat" wees as dit nie elke keer op presies dieselfde metings opgestel is nie. As dit 'n aks van 'n graad in 'n rigting anders is, gaan jy verskille kry teen die spoed waarmee die koeël regtig beweeg. Die lesing wat jy gaan kry is in werklik maar 'n "om en by" getal. Dit gee 'n aanduiding.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Ek dink tog nie so "om en by" as wat jy dink nie.
https://bulletin.accurateshooter.com/20 ... ehler-35p/
https://bulletin.accurateshooter.com/20 ... ehler-35p/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Wat ek wel met my Chrony agter gekom het, is dat ek sovêr as moontlik, altyd op dieselfde tyd van die dag moet skiet.
Vroeg oggend en laat middag, is in my ondervinding, die slegste tyd om n akkurate lesing te kry . Ek vermoed dit het iets te doen met die hoek van die son en dus die koeël se skaduwee oor die ogie.
Vroeg oggend en laat middag, is in my ondervinding, die slegste tyd om n akkurate lesing te kry . Ek vermoed dit het iets te doen met die hoek van die son en dus die koeël se skaduwee oor die ogie.
Groetnis
Philip
Philip
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Dit is hoekom die Labradar, FX crony, magnetospeed so goed werk. Geen lig word benodig nie en gee dieselfde lesing ongeag waar die son sit.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lewies
- Newbie

- Posts: 28
- Joined: Wed Sep 23, 2015 8:46 am
Re: Pro Chrono Akkuraatheid
Ek het al gesien op my Pro Chron dat hy snaakse lesings gee as die diffuser 'n skadu gooi op een van die sensors
Sabatti 12 ga
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H