Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
tripodmvr wrote: Mon Jun 12, 2023 3:20 pm
Arnold, hierdie vraag om beter te verstaan en ons metodes te bepaal. Hoe kalibreer jy 'n lading in QL?
Marius, voor ons hierdie pad af stap antwoord asb eers dievolgende soos ek gevra het. Met 'n weighting factor van 0.65 en jou kalibrasie van S365 in QL, kan jy 45.5gr insit en QL gee vir jou die regte spoed? Of andersom, kalibreer op 45.5gr en sit dan 43gr in kry jy die regte spoed?
As jou antwoord hierop ja is en jy kry die regte spoed met die lading waar jy nie gekalibreer het nie dan kan ons verder praat oor die proses maar anders gesels ons oor iets wat regtig nie saak maak nie, of elkeval nie hoe jy of ek dit doen nie.
Jou kommentaar oor die op en af van die V/C is geldig maar ek glo met 'n groter proef by elke lading sal hierdie meer liniêr wees. As ons egter kyk na jou berekeninge dan is die standaard afwyking nie eers 0.3% nie en daarom dat ek sê hierdie is taamlik linieer.
Gekalibreer op 44,5gr met WF van 0,65 en toe die spoed bereken vir 43gr en 45gr - 3125vps en 3250 (+10 en -15vps)
Gekalibreer op 44,5gr met WF van 0,5 en spoed van 3115vps en 3254vps (0 en -11 vps)
Jy wil dus jou laer WF waarde as beter aanvaar vir die kalibrasie. Die verskille verkry met die 0,5 waarde is dus nader aan dit wat verkry is. My kommentaar hierop is die volgende :-
1. Ek het onlangs in QL 'n nuwe kaliber geskep deur die dopafmetings vanaf die SAAMI skets in te voer. Daarvolgens word 'n berekende WF bepaal. Ek gaan kyk wat gebeur as ek 'n duplikaat 243W skep.
2. Jy het reeds genoem dat die steekproef 'n gebrek aan inligting het en dit kan die hele teorie omvêrwerp.
3. Koeëls naby aan die lande kan soms snaakse drukpieke gee weens geringe TPL verskille.
4. Dopvolumes kan ook verskil en die spoedwisseling tot gevolg hê.
So kan daar heelwat praktiese elemente wisselende spoed veroorsaak. As die WF verandering jou berekeninge voordelig beinvloed sou ek nog steeds kalibreer met die 0,65 WF om druk te beloer om veilig te speel.
Ek het ook al voorheen n debat gehad oor spesifiek die .243win se WF.
Dit is nie net met s365 en 87vmaxe wat ek gevind het die wf of ware spoed gemeet stem nie ooreen met wat ql voorspel nie en dat as ek die wf afwaarts aanpas, onder 0,5 dan stem dit baie meer ooreen met die werklike gemete spoed.
55gr Koele in n 243win word op bv nosler se website en herlaai data tot en met net onder 4000fps as veilig aangetoon, maar as jy dit op ql bereken dan is die maks druk heelwat minder, tensy jy die wf aanpas om die werklike spoed ooreen te stem.
Met ander kalibers vind ek dit nie so nodig om die wf aan te pas nie.
tripodmvr wrote: Mon Jun 12, 2023 5:29 pm
Het die 243 dopdata gebruik en 'n kaliber geskep. WF het bereken as 0,49.
Hier word die WF nou as 0.49 bereken. Jy wys dat die spoed ook nader aan die waarheid is as die WF van 0.5 gebruik word.
Ek het nêrens gesê die steekproef is te klein en werp die resultate omvêr nie. Ek sê dat 'n groter steekproef my aanname sal bevestig dat die spoed lineêr toeneem vir die gelaaide waardes vanaf 43gr tot 45.5gr.
Die ander punte wat jy noem is nie van toepassing hier nie aangesien ek 'n gemiddeld van 'n paar skote geneem het vir spoed en nie 'n enkel skoot per lading gebruik het nie. Maar weereens is dit sigbaar uit die resultate van die gemete spoed en hoe linieêr dit is want enkel skote gee tipies nie so mooi reguit lyn nie (tensy jou ES en SD bitter klein is).
Ek het ook al voorheen n debat gehad oor spesifiek die .243win se WF.
Dit is nie net met s365 en 87vmaxe wat ek gevind het die wf of ware spoed gemeet stem nie ooreen met wat ql voorspel nie en dat as ek die wf afwaarts aanpas, onder 0,5 dan stem dit baie meer ooreen met die werklike gemete spoed.
55gr Koele in n 243win word op bv nosler se website en herlaai data tot en met net onder 4000fps as veilig aangetoon, maar as jy dit op ql bereken dan is die maks druk heelwat minder, tensy jy die wf aanpas om die werklike spoed ooreen te stem.
Met ander kalibers vind ek dit nie so nodig om die wf aan te pas nie.
Is daar van julle wat die wf aanpas?
Groete
Dankie Danie
Ek probeer tipies my WF kalibreer deur te doen wat ek hier in die draad wys. Vir baie ander kalibers werk dit goed maar die 243 Win is nogal 'n uitsondering. Ek wonder ook nog oor die 223 Rem en selfs die 308 Win maar sal hulle eers los
Die raad op die forum is moenie die WF verander nie. Soos jy sal kan aflei uit my skrywe is ek dalk bietjie meer wetenskaplik geoorienteer as meeste en hierdie goedjies is nie iets wat ek sommer net aanvaar nie. Solank mens veilige herlaai praktyke toepas is daar geen skade om te eksperimenteer nie.
Ek sou graag wou gesels oor die effekte, moontlikhede, voordele en nadele ... soos jy kan sien, sonder dat iemand bloot 'n antwoord wil verskaf (wat heel moontlik net so verkeerd soos my hipotesis is).
Die raad op die forum om nie aan jou WF te stel nie was grotendeels gebasseer toe mense lings en regs Pierre-hulle se voorgestelde waardes begin gebruik het. Ons het die gevaar asook die invloed daarvan breedvoerig bespreek. Ek is ook een wat al destyds, dink dis iets soos 13 jaar terug , die 243 Win se WF bevraagteken het. My fisiese getoetste nodes het nie ooreengestem met my node berekeninge as ek op 0.65 gewerk het nie. Die oomblik toe ek 0.5 gebruik het was dit in die kol.
EK gooi V 550 agter 'n 87gr Vmax met Lapua doppe in my .243. vir 3269fps. Staan nou op so 700 skote.
Yoda sê dit is mooi so.
Oja en "87gr Vmax vir dinge minder ernstig" !!!!!!! Die 87gr Vmax is die alpha en omega van koeels. Wat hy nie kan plat trek nie moet jy eerder lugaweer ammunisie voor gebruik. Die 87gr Vmax is bitter konstant, sy kop expand, onplof en sy gat hardloop aan.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ek sien uit daarna om die ladings te bevestig. Hierdie was sommer vinnig geksiet om spoed, wat ek reeds gegee het, te kry en ek was nie baie stabiel nie maar ek weet mense hou daarvan om na prentjies te kyk
243 Win 87gr Vmax S365 lot 102.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Arnold, moet asb nie ophou praat en deel nie. Hierdie is 'n baie interessante draad en dit laat 'n klomp van ons weer bietjie dieper dink oor al die goed wat ons doen. Ek wil die naweek nou weer 'n paar van daai "onverklaarbare" berekeninge gaan opgrawe en toets met verskillende WF.
Dit sou nou baie lekker gewees het om rondom 'n tafel te sit saam met 'n klomp manne en te gesels oor die onderwerp en leer uit mekaar se ervarings.
For straight wall handguns loads way in excess of SAAMI registered pressures, Quickload is not worth a toot, and I ignore it.
But for bottle necked rifle cartridges, the limit of brass pressure can be right on the money, and the QL predicted velocity can be right in the center of the chronograph measured string.
I don't mess with the weighing factor.
I do put in:
Powder
powder charge
bullet
cartridge length
barrel length
starting pressure ~ 2kpsi off the lands, ~ 5kpsi jammed into the lands
For the same 1889 7.65x53mm Mauser case heads built with large Boxer primer pocket, I get the threshold of loose primer pockets in one firing at ~ 74kpsi.
This would include 22-250, 243, 6mm Rem, 250 Savage, 257 Roberts, 25-06, 260 Rem, 6.5x55 [US brass], 270, 7mm-08, 7x57mm, 280, 300Sav, 308, 7.62x51mm, 30-06, 8x57mm, 338F, 358, and 35W.
The 300 H&H magnum case heads are at a higher pressure.
The .222 case heads are at an even higher pressure.
The 6mmBR case heads are not the weak link, the primer is, and that pressure will be dependent on the firing pin to firing pin hole fit, and the primer used.
In order to get the threshold of primer pocket looseness and the chronograph measurements to be perfect, I need to fool with the powder charge.
Some of my jugs of powder and right on the money, but with H4350, I must put 4% more powder in the case than I put in Quickload for the two to match.
So for the first few cartridges with a powder, there is some fine tuning to know how to adjust the powder entry in Quickload, but after that, with other cartridges, Quickload can save lots of time.
I have hundreds of guns to test, and QL does more than a couple full time employees would.”
Arnold, op die foto's van die groeperings sien ek die geweer gooi elke keer een skoot weg. Is dit sy algemene patroon of kon jy al mooi "ronde" groepe skiet?
Koos Barnard wrote:Arnold, op die foto's van die groeperings sien ek die geweer gooi elke keer een skoot weg. Is dit sy algemene patroon of kon jy al mooi "ronde" groepe skiet?
Hallo Koos, hy is hier in die GRS Bifrost wat vir my nuut is. Voorheen in die chassis het hy ronde groepe geskiet met die ammo wat ek saam met die geweer gekry het.
Ek het nie baie aandag aan die groepe gegee nie maar sal oplet hierna as ek nou weer gaan skiet en my opstelling bietjie meer stabiel kry.
Gewoonlik skiet ek 5 skoot groepe om beter te sien wat aangaan. Nou dat ek weet waar die maksimum is sal ek bietjie groepe gaan skiet om te kyk wat hy maak.
Die geweer en lot dryfmiddel is nuut vir my so ek is nog versigtig vir hom
Ek is self ook besig met lading vir my 243Win (Sauer Fieldshoot) met 87gr VMax.
Ek gebruik Norma doppe en IMR4350, en moet die geweer nog bed.
My eerste load (hoofsaaklik vir spoed) het ek begin met 'n OAL van 68mm en 44.5gr IMR4350.
My spoed was: 3106fps, 3083fps, 3098fps en 3109fps. SD: 11.6 en ES 26 (3m van chrony af) Ave Muzzle Velocity: 3107fps met druk 3467bar 4 skoot groep: 0.75MOA
aaaaaaa.jpg
Volgens GRT is my nodes onder andere op: 44.4gr (3100fps) of 45.8gr (3200fps, 3797bar)
Gaan hulle volgende week probeer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Arnold wrote: Fri Jul 07, 2023 1:05 pm
Ok so dit lyk nie of dit bedding/kolf was nie want hy skiet steeds sleg in die chassis.
243Win_shots only.jpg
Ek sal maar van vooraf begin en ladingontwikkeling doen soos ek dit altyd doen instede van spoed jaag
Arnold ek het gevind met my 243 en 87gr v-max dat die volgende werk:
Seat die punt 6mm vanaf waar die boattail begin in die dop. Behoort jou 'n c.o.a.l van om en by 66.60mm te gee. Jy kan die v-max maar bietjie jump.
Dan hou 'n 243/v-max kombinasie van so 3050 fps of 3180 fps. Erens in daardie omgewing sal vir jou mooi groepe gee. Ek het my 243 teen 3040fps geskiet en hy het konstant vir my 0.10 to 0.15 moa groepe gegee op 100m en as ek my kant bring het hy my op 200m 'n .25moa groep gegee.
Hoop hierdie help jou dalk
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Ruger AR556 (Pending)
Arnold nee ek hoor jou. My 243 was maar 'n 24" loop gewees maar op 2000 skote skiet hy nog een gat groeperings vir 'n kaliber wat maar 'n barrel burner is. Elke man doen maar 'n ding op sy eie manier.
Hoop jy kry hom dat hy mooi skiet
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Ruger AR556 (Pending)
Ek sit nou hier en kyk na die chronograaf data en sien my ES is 50 fps. Hierdie is met 'n stel doppe van die vorige eienaar wat ek gekry het met Hornady doppe in gemeng by Norma ...
Daar is heel moontlik verskillende batches Norma doppe tussen die wat ek skiet. So ek gaan vars begin met Lapua doppe en sal dan my normale herlaai prosedure volg.