Ek kan 'n oorspronklike Mauser M98 militêre (2de WO) aksie in goeie toestand bekom vir 'n gawe prys. Net die kaal aksie. Hy is nog nie geboor en getap nie.
My vraag is nou, wat bou ek op hom?
1. Ek sien nie die nut om 'n geweer te bou wat ek goedkoper oor die toonbank kan koop nie.
2. Ek herlaai, dus is ek nie bang vir half-eksotiese kalibers nie. (Nee, net nie 'n Ackley Improved iets nie asb?
3. Die aksie is myns insiens nie ideaal vir lang afstand, swaar loop, presisie tipe toepassings nie.
4. Ek is nie lus om die aksie oop te sny om langer as standaard patrone te akkomodeer nie. Ek weet dit kan gedoen word, is net nie lus vir die moeite of koste nie. Ek het ook reeds ander magnum aksie gewere.
5. As ek by 'n dop met standaard (8mm Mauser/30-06 familie) kop afmetings kan bly, hoef die grendel nie aangepas te word nie.
6. Ek giet my eie lood koeëls, dus sal iets wat met die tipe koeëls kan werk nogal goedkoop wees om te voer. Iets om te oorweeg.
7. Dit laat my met korter-afstand of bosveld jag tipe toepassings vir die geweer. Dalk 'n "Scout Rifle" of 'n Bosvark-geweer met korterige loop en knaldemper?
Enige voorstelle welkom, dit hoef ook nie doodernstig te wees nie. Ek hou soms van mal idees.
