Watter kaliber en konfigurasie?

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Alwin »

Ek sit met 'n lekker probleem. Hoop julle kan my 'n paar idees gee om hom op te los?

Ek kan 'n oorspronklike Mauser M98 militêre (2de WO) aksie in goeie toestand bekom vir 'n gawe prys. Net die kaal aksie. Hy is nog nie geboor en getap nie.

My vraag is nou, wat bou ek op hom?
1. Ek sien nie die nut om 'n geweer te bou wat ek goedkoper oor die toonbank kan koop nie.
2. Ek herlaai, dus is ek nie bang vir half-eksotiese kalibers nie. (Nee, net nie 'n Ackley Improved iets nie asb? ++>: )
3. Die aksie is myns insiens nie ideaal vir lang afstand, swaar loop, presisie tipe toepassings nie.
4. Ek is nie lus om die aksie oop te sny om langer as standaard patrone te akkomodeer nie. Ek weet dit kan gedoen word, is net nie lus vir die moeite of koste nie. Ek het ook reeds ander magnum aksie gewere.
5. As ek by 'n dop met standaard (8mm Mauser/30-06 familie) kop afmetings kan bly, hoef die grendel nie aangepas te word nie.
6. Ek giet my eie lood koeëls, dus sal iets wat met die tipe koeëls kan werk nogal goedkoop wees om te voer. Iets om te oorweeg.
7. Dit laat my met korter-afstand of bosveld jag tipe toepassings vir die geweer. Dalk 'n "Scout Rifle" of 'n Bosvark-geweer met korterige loop en knaldemper?

Enige voorstelle welkom, dit hoef ook nie doodernstig te wees nie. Ek hou soms van mal idees.
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Dash431 »

Wat van n 35 Whelen...?
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Supacow »

9.3x62
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Klein Chris »

45-70 met swaar lood koeëls
Skiet bly maar lekker
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Rudi Fischer »

Supacow wrote:9.3x62
Stem 100% saam
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Ds J »

458 -½"

458-2"

9.5x57

9.3 x 64 Brenneke
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Stef1274 »

Leef my droom uit:
8mm Mauser
Pencil barrel
Ligte, klassieke houtkolf
Nice klassieke oop visier
Geen band

Gebruik vir groot bokke in ruie bos!

*9.3 kan ook by hierdie idee inpas, soos paar ouens voorstel
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Arnold »

.30-06 8)
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by LoopSoosStroop »

Rudi Fischer wrote: Fri Nov 24, 2023 5:41 am
Supacow wrote:9.3x62
Stem 100% saam
Nog 'n stem. Dit tick al die boksies behalwe jou Punt 1.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by ThinusS »

9.3x62
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Capt. Yoda »

7x57 of as jy iets snaaks soek 8mm-06
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Lategan1 »

As jy militêr wil dink, 7x57 & 8x57. Toonbank uitgawes goedkoper.

As jy iets besonders dink, maar ook billik oor die toonbank beskikbaar, maar net nie met jou spesiale aksie nie, is ek eens met die 9.3x62mm voorstel. Hy sal ook maklik verhandelbaar wees. Komponente is goedkoop en vrylik beskikaar.

As jy meer eksoties wil wees, 8x60S. Koeëls in 195-200gr is vrylik beskikbaar. CLAWS maak ook ‘n bonded vir jag. Dit is jou 30.06 alternatief. Matryse is skaars en duur. Nuwe doppe is beskikbaar, wel skaars.

Jy kan 8x64S gaan, baie eksoties, maar volgens my kennis is daar nie ‘n waarborg dat jy nie liggies aan hom sal moet laat werk om glad en effektief te funksioneer nie. Matryse is superskaars en duur. Ek het ‘n nuwe stel vir die dag wat ek ‘n ZG47 raakloop!

Ek ken nie jou kluis nie en my voorstel is Duitse herkoms om by jou aksie aan te sluit.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Carlc »

Ek sou n 338 Federal gebou het.
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Desperatezulu »

358 win or 338 Sabi
(but I've got a 9.3x62 already, otherwise would add that to the list)

Easy case availability and lend themselves to heavy cast bullets.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by ZKK »

Ek het ook al oorweeg om vir my iets op n mauser aksie te bou.

Ek sou n gewone .458 win-mag gebou het.
Met nuwe dryfmiddels dink ek baie van die ou sondes van compressed loads is seker uit gesort????
Ek sou die slot handvatsel standaard reguit gehou het, sodat ment hom vinniger kan "scoop" as mens vinnig moet oorlaai.
Dan sou ek n red-dot voor op die aksie gesit het.
Ek sou nie eers visiere op gesit het nie, om die aanvanklike koste so laag as moontlik te hou.
Dan sou ek n laminate kolf opgesit het.

Ek dink as ment lood koeels lekker stadig laai, behoort die recoil nie te erg te wees nie, en mens behoort lekker met hierdie in die bos te jag.

Sien ek dag droom al weer..................
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by ZKK »

Maar bygese, ek het n .338-06 wat op n mauser aksie gebou is, en ek is mal oor die geweer
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Koos Barnard »

Wat van 'n .318 Westley Richards. Dit skiet 'n 250gr-koeël teen so 2400vps en is ideaal vir die bos.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Rudi Fischer »

Daar is duidende kalibers daar buite wat mens op daai aksie kan bou.

Dink mens moet die beskikbaarheid van komponente en matryse in gedagte hou en hulle pryse.

Ek het so bietjie exotic gegaan met my .284 Win, Veral hier in SA.
Maar doppe maak Lapua. Matryse maak Hornady en n paar ander manne en koeels is n 7mm. So dit maak sin.

Kyk hoe sukkel die manne met 300wsm en nog meer die ouens wat 270wsm het met doppe.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Andre308 »

Ek dink al lank dat n 338-284win n lekker bosveld kaliber sal maak. Ek sien in die buiteland speel paar mense met hom, maar ek weet nie van een hier rond nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Alwin »

Dankie vir die voorstelle.

Kom ons kyk 'n bietjie na hulle?

Oop visiere? Ek hou van die klassieke styl, maar ek dink my oopvisier dae is verby. My ID nr sê ook so.

Ds. J. Ek raai jy bedoel 458 - 1.5"? Ek wonder hoe hy gaan voer? Die kaliber is doelgebou vir subsoniese ladings, basies 'n "458 BLK". Klink na pret.
458 - 2" is meer veelsydig. Basies 'n 45-70 vir grendelaksies. Dit kan ook goed werk. Ek dink ook dit sal goedkoper wees om Treeman s'n te koop as om self ene te bou.
9,5x57. Klink na 'n gawe plan. Ek het alreeds 'n gietvorm vir hom. Kan ook werk in 9,5-08 of -06 (x63) of x62. Matryse mag dalk duur raak.
Die - x64 kalibers trek al weer na 'n magnum toe. Dalk 'n bietjie te veel van 'n goeie ding.

9,3x62. Ja, altyd 'n goeie keuse.

7x57, 8x57, 308, 30-06. Altyd goeie keuses. Die 8x57 veral kan 'n baie lekker bosgeweer maak.

8-06, 8x60, 338 Federal, 338 SABI, 338-06, 358 Win, 35 Whelen en 318WR is almal baie naby aan ideale bos kalibers. Die 318 en 358's se koeëls kan dalk 'n bietjie van 'n uitdaging wees om te bekom.

45-70? Gawe kaliber, maar waarskynlik 'n pyn in die dinges om in 'n M98 te maak voer. Die groter Siamese Mauser aksie werk glo goed met hom, maar hulle is so skaars soos betroubare politici in SA. Ek vemoed 'n 303 se Enfield of P14 aksie sal makliker wees om met die 45-70 te laat trou.

458 Win Mag? In sy volspoed lading interesseer hy my nie, ek verwag nie binnekort 'n olifantplaag hier rond nie (ongelukkig). As ek hom af laai en lood voer maak hy sin. Ek dink ook die 458 - 2" is dan die beter opsie.

Op die stadium lyk my opsies so (geen volgorde van voorkeur nie): 308 (180-200gn), 30-06 (200-220gn), 8x57 (196-220gn), 9,3x62 (286gn), 9,5x57 (250-270gn), 458-2" (300-500gn).

Die idee van 'n geweer met ongebuigde grendel en 2MOA rooikol visier voor die aksie maak vir my baie sin. Dit gaan baie maklik wees om 'n pikanini-spoor op die loop se agterkant (knox) vas te skroef, wat dan 'n kompakte rooikol visier kan akkomodeer. 'n Korterige loop met knaldemper en gelamineerde houtkolf met reguit kam klink vir my reg. (Die tipe opstelling pas dalk beter by patrone met dopvolumes aan die lae kant, relatief tot die kaliber.) Dus defnitief nie 'n konvensionele jaggeweer soos wat ons oor die toonbank kan koop nie.

My uitdaging is nou so: Sou ek bv. 'n algemeen beskikbare kaliber kies, gaan dit beter wees om 'n fabrieksgeweer te koop en om te bou, of om 'n geweer op so 'n aksie te bou? 'n Nuwe loop alleen kos omtrent soveel soos 'n Howa loop-met-aksie, en dan kom al die arbeid nog by...

Gee maar nog idees asb? Iewers kom daar dalk iets uit wat my opgewonde en my vrou jaloers kan maak.

Ek moet seker ook daaraan dink dat een van my kinders eendag die geweer moet oorneem. Help nie ek straf hulle met 'n "high maintenance" geweer nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Ds J »

Alwin, weer enkele gedagtes:

Eers die harde een, gebaseer op daaglikse predikants-ervaring: sentiment voel goed, en dis omtrent dit. Daar is min rede om n geweer vir jouself te laat bou waarvan jou kinders ook moet hou. Ons beleef te veel dat kinders nie n ouer se liefde pf stokperdjie deel nie, en dan is dit in elk geval neusie verby.

Indien hulle belangstel, en indien hulle wil, en indien ... dan sal hulle die geweer waardeer. Maar tot dan is dit jou speelgoed vir jou plesier. Maak hom dus soos jy hom wil hê.

Tweedens sou ek voorstel dat jy - sover moontlik - nie te veel teen geld vaskyk nie. Hierdie geweer is nie jou brood en botter nie, maar eerder jou kaas en wyn, of nagereg. Ja, dis goedkoper om n Howa te koop, maar sal hy jou hart dan net so warm laat klop? Maak eerder een keer iets wat regtig so goed is as wat jy kan bekostig.
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Stef1274 »

Alwin wrote: Fri Nov 24, 2023 10:39 pm Sou ek bv. 'n algemeen beskikbare kaliber kies, gaan dit beter wees om 'n fabrieksgeweer te koop en om te bou, of om 'n geweer op so 'n aksie te bou?
My antwoord (opinie) op hierdie vraag van jou:

Op papier gaan 'n toonbankgeweer altyd meer sin maak, maar...

Produksiegewere wat gebou is om mee te jag:
1. Sonder dooierus
2. Sonder 'n teleskoop
3. Te voet

Is few and far between. Bou een wat dit kan doen ;)

En dan gooi ek weer my stembriefie in die 8x57 houer.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Ds J »

Hier is die oplossing ;) ;)

Van die rak af, met oop visiere, baie hoë kwaliteit en redelik skaars.

https://outfitters4africa.co.za/product/tikka-t3x-
arctic-lam-308-win-11-ws-tst-ss/
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Capt. Yoda »

Genade maar dis n lelike Tikka daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Watter kaliber en konfigurasie?

Post by Alwin »

Ds J wrote: Sat Nov 25, 2023 9:34 am Hier is die oplossing ;) ;)

Van die rak af, met oop visiere, baie hoë kwaliteit en redelik skaars.

https://outfitters4africa.co.za/product/tikka-t3x-
arctic-lam-308-win-11-ws-tst-ss/
Ek hou nogal van die Tikka Arctic. Dis basies die model wat Tikka vir die Royal Canadian Mounted Police bou. En hy het nie die lastige plastiek magasyn nie.

Soos ek reeds genoem het, my oop visier dae is verby. Veral verby +/-25m.

Ruger se Gunsite Scout rifle kan ook vergelyk word. 'n Vriend se vrou het ene en ek weet hoekom sy van hom hou.

So 'n bietjie meer inligting oor die aksie: Dis 'n 1941 Portugese kontrak geweer gewees, kompleet met die Portugese landswapen op die voorste aksie-ring. Die grendel is alreeds in die fabriek afgebuig.

Die gewere het so gelyk: https://www.rockislandauction.com/detai ... ract-rifle

So van 284 Win gebaseerde patrone gepraat, die 450 Bushmaster is ook 284 Win gebaseer. Hierdie kan 'n lekker speelding word met verskeie praktiese toepassings. Las hom by die opsies. Ek sien Eagle Barrels lys die kaliber in 1:10" spiraal.

Ek sien Hornady lys nou 'n 395gn subsoniese fabriekslading vir die 450, saam met die gewone 250gn FTX teen 2200fps.
Last edited by Alwin on Sat Nov 25, 2023 9:39 pm, edited 1 time in total.
Post Reply