.460 Weatherby Magnum

User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

.460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

Dagsê almal!

Ek is die gelukkige nuwe eienaar van ñ pasgemaakte .460 Weatherby Magnum, gebou op ñ CZ 550 Magnum aksie, deur Dawie Nel.

IMG_8429.jpeg

Met dié dat daar nie vreeslik baie informasie daar buite is oor die .460 WBY MAG nie (behalwe oor die kaliber se gevreesde terugskop en oortollige penetrasie vermoë), dog ek toe om julle te vra wie al te doen gehad het met die kaliber in die jagveld, en wie dalk een besit?

As daar genoeg van ons is, dan kan ons selfs ñ .460 bende begin hahaha. ;D

Ek moet eerlik sê, die .460 WBY MAG wat Dawie gebou het skop glad nie so erg soos mense oor die algemeen uitmaak nie. Ek het die geweer al met beide 500gr en 550gr geskiet, en voel ek sal gemaklik ñ BASA skietdag met hom kan volbring.

Ek weet dis nie een van die mees populêrste “big-bore” kalibers nie, maar dis een wat nog altyd “by my spook”, soos hulle sê.

Ek onthou toe ek my beroepsjag kurses by oom Kobus Schoeman gedoen het in 2011 het hy gesê daar is net een kaliber wat hom intimideer, en dis die .460 Weatherby Magnum. Hy het gesê: “ñ .460 Weatherby Magnum skop jou so hard, jou eiergele meng!” ;D

Ek wil graag later in die jaar iets groot gaan jag met hom, so as julle enige raad het oor die kaliber, of iewers kan aanbeveel waar ek ñ kameelperdbul of buffelkoei kan gaan jag vir ñ goeie prys - laat weet my!

Groete,

Hennie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hartskoot Hennie on Mon May 26, 2025 10:43 pm, edited 1 time in total.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Lategan1 »

Netjies - geniet hom!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by DWB »

Geluk Hennie! Is dit die een wat Dawie vir homself gebou het?

Daai kolf was proporsioneel reg vir die kaliber.

In my opinie is dit die Amerikaanse weergawe van die 450 Rigby, jy kan hom maklik laai teen 2300fps en niks meer nodig nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

DWB wrote: Mon May 26, 2025 6:47 pm Geluk Hennie! Is dit die een wat Dawie vir homself gebou het?

Daai kolf was proporsioneel reg vir die kaliber.

In my opinie is dit die Amerikaanse weergawe van die 450 Rigby, jy kan hom maklik laai teen 2300fps en niks meer nodig nie.
Dankie Deon! Yes, dis hy!
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Gerhardu »

Baie geluk Hennie.

Ekt vir jou buffel bulle beskikbaar.

Jy kan my kontak.
082 376 6688.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by saswart »

Geluk met 'n yster kaliber! Ja bietjie skaars, maar hy doen sy ding en lekker roer en aksie ook! Geniet hom! Skiet jy tans teen 2600/2700?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Frederik »

As jy die ladings afbring na 458 Lott se spoed gaan jy lekker met hom skiet heeldag lank.
Pierre vd Walt se boek African Dangerous Game Cartridges sal jou baie informasie bied met herlaai.
Hoeveel patrone pas in die magasyn neem aan op CZ550 aksie dat dit 4 is?

Met Rudi se 500gr Spoor Bullet gaan jy alles omgooi.
Ek het dalk so paar leads na buffel koeie en kameelperd jy kan my gerus vrae.
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

saswart wrote: Tue May 27, 2025 12:23 pm Geluk met 'n yster kaliber! Ja bietjie skaars, maar hy doen sy ding en lekker roer en aksie ook! Geniet hom! Skiet jy tans teen 2600/2700?
Baie dankie! Ja, ek voel persoonlik ek sal die kaliber ñ onreg aandoen as ek hom aflaai hahaha.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

Frederik wrote: Wed May 28, 2025 5:43 am As jy die ladings afbring na 458 Lott se spoed gaan jy lekker met hom skiet heeldag lank.
Pierre vd Walt se boek African Dangerous Game Cartridges sal jou baie informasie bied met herlaai.
Hoeveel patrone pas in die magasyn neem aan op CZ550 aksie dat dit 4 is?

Met Rudi se 500gr Spoor Bullet gaan jy alles omgooi.
Ek het dalk so paar leads na buffel koeie en kameelperd jy kan my gerus vrae.
Baie dankie Frederik, en ja, jy is korrek. Ek sal jou binnekort kontak oor daai leads…

Ek het heel toevallig vroeër in die week by oom Pierre een van sy boeke gaan optel. Dis ñ goudmyn van “big bore” informasie soos jy sê!

Ek het klaar vir Rudi gesê hy moet vir my ñ pakkie 500gr koeëls eenkant hou! ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Frederik »

Lekker Hennie,

Ons volgende BASA shoot is in Oktober in Pretoria ons gaan een laat Aug doen in Ellisras.
Ek stel voor jy skip DGS in September want 30+ skote vir die dag gaan nie aangenaam wees met roer wat jy nog moet leer.
Praat met DWB, Deon oor filler want jy as gaan aflaai gaan jy hulle nodig kry.

Lank terug seker 10-12 jaar terug was daar 2de handse 460 Weatherby op Bruno gebou by Zimbi ek het hom amper gekoop as ek reg onthou was prys ook reg gewees maar nie die finansies toe gehad nie. R20K of so iets.

Maar ek is bly dit het nie uitgewerk nie want my 458 Lott pas my soos handskoen skiet raak en ek kan heeldag lank met hom skiet sonder probleme.
Dit is sonder enige recoil reducers standaard reguit kolf CZ550 my seun nou weer wat bietjie langer is as ek se my geweer "BL@KSEM" maar aan die ander kant skiet hy ander manne se 500's al vir geruime tyd af en toe sonder issues.
Wys jou net geweer moet jou reg pas.
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie Frederik. Ek sal Deon ñ lui gee. Daai BASA in Oktober klink vir my soos ñ plan!
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Frederik »

Laat ek dit ook net invryf maar meeste van die top 10 manne die jaar by BASA sover skiet 458 kalibers. ;D

Deon werk nog aan sy 500Jeff vernuf en hy raak al hoe nader aan die kol.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Wouter Roets »

More Hennie

Baie geluk met jou roer en ek hoop hy gaan jou oneindige plesier verskaf.

Ek het al n paar manne gehelp so deur die jare met die kaliber. Kom ons praat gou so bietjie oor die balistiek. Sy SAAMI maksimum is 65 000psi wat ek persoonlik voel is totaal te hoog vir ons omstandighede. Jy moet verder ook weet dat Weatherby n unieke kamer dimensie het spesifiek met die vryboor wat help om druk te hanteer. Baie reamers vir die rondte het dit nie, so jy kan vinnig in druk probleme in hardloop waar die lang vryboor ontwerp nie gebruik word nie. Probeer uitvind wat die specs op jou kamer is.

Die 450 Rigby wat vir alle praktiese redes balisties identies is se maksimum druk is 58 000psi en maak baie meer sin en sou my aanbeveling wees as jy herlaai. n 500gr koeel teen 2350-2450ft/sek is meer as wat jy ooit gaan nodig he. Solids veral in die die 550gr klas teen 2350ft/sek gee vollengte penetrasie in olifante so dit is finominaal.

Met die herlaai is daar so paar dinge om te onthou. Daai dubbel raduis skouer is maar n beproewing om hom te kry om daarop te headspace, so gebruik die belt om te headspace. Anneal na elke gebruik anders gaan jy gereeld doppe vervang. Bly weg van nickel plated doppe, want hulle kraak en breek maklik af. Deur in die middel 50 000psi spektrum te bly gaan doppe ook aansienlik langer hou, hoe druk is n dop se dood. Krimp is n moet en rol krimp is jou enigste opsie as jy nie met konvensionele loodkern koeels werk nie. Lee het n factory krimp vir hom gemaak maar jy gaan sukkel om een in die hande te kry en soos ek se hy werk net met konvensionele koeels. Top premuim koeels is in elk geval aan te beveel met die rondte en spoed waarteen hy hardloop. Fed215 is ook die enigste primer wat ek sal gebruik. Dis juis vir die rondte waarvoor hy oorspronklik ontwerp was.

Jy is meer as welkom om my te kontak indien jy nog vrae het.

Groetnis en geniet hom

Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by DWB »

Ek het 'n 460Wby Lee Factory Crimp wat ek sal ruil vir een in 450 Rigby :D :D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Hartskoot Hennie »

Wouter Roets wrote: Mon Jun 02, 2025 9:13 am More Hennie

Baie geluk met jou roer en ek hoop hy gaan jou oneindige plesier verskaf.

Ek het al n paar manne gehelp so deur die jare met die kaliber. Kom ons praat gou so bietjie oor die balistiek. Sy SAAMI maksimum is 65 000psi wat ek persoonlik voel is totaal te hoog vir ons omstandighede. Jy moet verder ook weet dat Weatherby n unieke kamer dimensie het spesifiek met die vryboor wat help om druk te hanteer. Baie reamers vir die rondte het dit nie, so jy kan vinnig in druk probleme in hardloop waar die lang vryboor ontwerp nie gebruik word nie. Probeer uitvind wat die specs op jou kamer is.

Die 450 Rigby wat vir alle praktiese redes balisties identies is se maksimum druk is 58 000psi en maak baie meer sin en sou my aanbeveling wees as jy herlaai. n 500gr koeel teen 2350-2450ft/sek is meer as wat jy ooit gaan nodig he. Solids veral in die die 550gr klas teen 2350ft/sek gee vollengte penetrasie in olifante so dit is finominaal.

Met die herlaai is daar so paar dinge om te onthou. Daai dubbel raduis skouer is maar n beproewing om hom te kry om daarop te headspace, so gebruik die belt om te headspace. Anneal na elke gebruik anders gaan jy gereeld doppe vervang. Bly weg van nickel plated doppe, want hulle kraak en breek maklik af. Deur in die middel 50 000psi spektrum te bly gaan doppe ook aansienlik langer hou, hoe druk is n dop se dood. Krimp is n moet en rol krimp is jou enigste opsie as jy nie met konvensionele loodkern koeels werk nie. Lee het n factory krimp vir hom gemaak maar jy gaan sukkel om een in die hande te kry en soos ek se hy werk net met konvensionele koeels. Top premuim koeels is in elk geval aan te beveel met die rondte en spoed waarteen hy hardloop. Fed215 is ook die enigste primer wat ek sal gebruik. Dis juis vir die rondte waarvoor hy oorspronklik ontwerp was.

Jy is meer as welkom om my te kontak indien jy nog vrae het.

Groetnis en geniet hom

Wouter
Baie dankie vir al die informasie Wouter. Ek waardeer dit opreg!

Jou voorstel rakende maksimum druk maak baie sin. Ek gaan dit verseker oorweeg.

Ek sal jou laat weet as ek enige ander vrae het.

Groete,

Hennie
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Alwin »

Hierdie draad laat my dink aan 'n ervaring van 'n klompie jare gelde. Ons het 'n skietdag gehad by die plaaslike jagtersvereniging en ek het al die items gaan skiet. Dit was moontlik 'n rondomtalie-tipe skiet of so iets. Na ek alles geskiet het, stap ek terug bakkie toe. By die stormende leeu baan, staan 'n paar van my vriende en gesels. Callie, die PH vra of ek nie lus is om sy nuwe geweer te skiet nie. Ek kyk na die geweer, 'n ooglopend standaard Brno ZKK602 met Armtech veselglas kolf en oop visiere. Ek skat hom so 4 kg swaar, dalk 4,5 op die meeste. Hy gee vir my 3 patrone. Sulke lekker dikkes. Ek lees die kopstempel. Dit sê Weatherby 460 Magnum. Oorspronklike Weatherby fabrieks-patrone. Ek vra of hy weet wat die goed kos? Ja, sê Callie, maar ek kan dit maar gerus skiet, hy gee glad nie om nie. Nouja, ek het toe al geweet daar is 'n vangplek. Weatherby adverteer die 500 gn lading se trompspoed as 2700fps. In werklikheid haal hulle maar net 2600fps. Daarby het die Brno niks aan hom wat die skop effens kalmeer nie, behalwe dalk die kolf se reguit kam en skaflike skopkussing. Die Weatherby Mk V het darem 'n swaar loop met 'n oorverdowende tromprem op, en steeds het hy 'n reputasie soos 'n donkie. Hierdie gaan GROOT pret wees. Ek sit maar my oormowwe op en hulle kry die trollie met die papier-leeu gereed. Druk die 3 dik patrone in die magasyn. Dis al wat hy kan vat ook. Ek merk op dat iemand heelwat van die metaal van die magasyn se lippe afgeskaaf het om die vet rondtes te kan voer. Reg, bring die leeu! Die leeu kom aangewaggel en ek skiet die eerste skoot. Die skop vang my onkant. My bril en oormowwe skuif vorentoe. Dis nie my 375 hierdie nie. Ek druk die bril en mowwe terug waar dit hoort, laai nog 'n rondte en trek die kolf heelwat stywer in my skouer vas. Die volgende 2 skote verloop minder dramaties. Gelukkig was die papier-leeu op 'n redelik gemoedelikke draffie, nie 'n volspoed stormloop nie. Al 3 skote goeie treffers, ten spyte van my gesukkel met bril en mowwe. Verklaar veilig en oorhandig die donkie terug aan sy eienaar. Toe eers sien ek dat een van die ander 'n video geneem het. Ek vra of ek ook mag kyk. Jinne, nou weet ek ook hoe lyk dit as iemand 'n sweepslag-nek-en-rug besering opdoen. Callie is dankbaar om sy 3 doppies op te tel, want sien, hy het hulle nodig om te herlaai, maar het nie kans gesien om almal self uit te skiet nie. Callie het toe sy 500gn jag ammu gelaai teen 2300fps. Kan nie onthou hoeveel S365 nodig was vir die doel nie. Die 2300fps lading was ook baie meer beheerbaar. 'n Hele klompie buffels het hulle eiende gesien met die lading. Ek sukkel nou nog om van my "flich" ontslae te raak...
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Lategan1 »

Lekker man Alwin, saamlees ervaar baie geniet.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Cobus Wessels »

Lekker storie. Dankie.

Sent from my SM-S938B using Tapatalk

User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Cobus Wessels »

Ek het onlangs ook amper een gekoop maar die verkoper het konteks van pryse verloor.
Dalk weet almal dit reeds maar dit is die enigste kaliber wat deur die "International Whaling Commision" as wettig beskou word om walvisse mee te skiet.

Sent from my SM-S938B using Tapatalk

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1870
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Alwin »

Cobus Wessels wrote: Tue Jun 03, 2025 7:28 pm Ek het onlangs ook amper een gekoop maar die verkoper het konteks van pryse verloor.
Dalk weet almal dit reeds maar dit is die enigste kaliber wat deur die "International Whaling Commision" as wettig beskou word om walvisse mee te skiet.
Mag mens hom soos 'n bakkie jagter van die skip af skiet, of moet jy swem met die 460? ++>:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Wouter Roets »

Alwin

My kennismaking met die meneer het gekom deur n groot pel van my destyds wat my gebel het en gevra het of ek hom nie wil help met n klient van hom se geweer wat n teleskoop moet opkry en ons moes hom sommer vir hom ook instel. Niks is daar gese oor die kaliber nie. Ek gaan haal hom en ons ry die paar kilometer uit na ons komando skietbaan buite die dorp. In die rytog vertel hy my die storie van die pierewaaier oom in ons dorp wat vir hom gekontak het en hom gevra het om die kragtigste kaliber vir hom te soek vir n opkomende olifant jag. My maat kon toe n nuwe Weatherby in die hande kry asook amminusie, ringe en n teleskoop.

Nou die pel van my is n groot man en een van my mentors as dit by skiet en jag gekom het so beide van ons het geweet ons sou nou moes konsentreer met die montering en inskiet. Wel die kort is ons het regtig hard probeer, maar 30 rondtes later het ons besef dit is tevergeefs. Oppad terug met n welverdiende bier in die hand vra ek my pel of hy ook voel die bakkie van my skud snaaks op die grondpad, waarop hy toe positief beantwoord. Ek stop toe en met die tot stilstand kom sien ek maar die verdomde pad skud nog steeds! Ek dink beide van ons se retinasas asook ons grysstof was oordentlik getimmer deur die sessie. Die perd en n bench is nie gemaak vir mekaar nie, al vou jy hoeveel baadjies tussen jou skouer en daai geweer op. Jy kan ook nie genoeg Locktite op die beste staal ringe se skroefies sit nie. Ek dink Caldwell se Leadsled het ook die lig gesien agv die nommertjie.

Om te spog met die grootste meneer om die kampvuur is nie vir sussies nie!

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 04, 2025 8:54 am Alwin

;)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Lategan1 »

:laugh:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by tripodmvr »

Buffeljagter gedood deur sy geweer tydens sy jagtog.

Die Engelse dubbels is gereguleer deur skote uit 'n staande posisie te skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .460 Weatherby Magnum

Post by Wouter Roets »

Hennie

Iets wat ek nou raak sien. Daai teleskoop wat jy daarop het lyk soos 2.5-8x36 model. Kyk maar tog of jy nie erens n 1-iets vergroting kan kry nie. Selfs n VX3 1.5-5 sal werk, maar verkieslik n ware 1 vergroting. Om met beide oe oop te kan skiet met die tiepe roere is baie belangrik.

Groetnis
Wouter
Post Reply