Ek is die gelukkige nuwe eienaar van ñ pasgemaakte .460 Weatherby Magnum, gebou op ñ CZ 550 Magnum aksie, deur Dawie Nel.
Met dié dat daar nie vreeslik baie informasie daar buite is oor die .460 WBY MAG nie (behalwe oor die kaliber se gevreesde terugskop en oortollige penetrasie vermoë), dog ek toe om julle te vra wie al te doen gehad het met die kaliber in die jagveld, en wie dalk een besit?
As daar genoeg van ons is, dan kan ons selfs ñ .460 bende begin hahaha.
Ek moet eerlik sê, die .460 WBY MAG wat Dawie gebou het skop glad nie so erg soos mense oor die algemeen uitmaak nie. Ek het die geweer al met beide 500gr en 550gr geskiet, en voel ek sal gemaklik ñ BASA skietdag met hom kan volbring.
Ek weet dis nie een van die mees populêrste “big-bore” kalibers nie, maar dis een wat nog altyd “by my spook”, soos hulle sê.
Ek onthou toe ek my beroepsjag kurses by oom Kobus Schoeman gedoen het in 2011 het hy gesê daar is net een kaliber wat hom intimideer, en dis die .460 Weatherby Magnum. Hy het gesê: “ñ .460 Weatherby Magnum skop jou so hard, jou eiergele meng!”
Ek wil graag later in die jaar iets groot gaan jag met hom, so as julle enige raad het oor die kaliber, of iewers kan aanbeveel waar ek ñ kameelperdbul of buffelkoei kan gaan jag vir ñ goeie prys - laat weet my!
Groete,
Hennie


