Spoor Bullet Company.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 980
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by partner »

Jissie. Pragtig Rudi. Mag Jou Besigheid. Net van krag tot Krag Gaan.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Diesel Dog »

Het weer n Eland gaan soek met die Spoor bullet company 180gr in my 300prc.. Die geweer is toegerus met n Arken scope.Ons het die jong bull 210kg sowat 1500m teen die berg se hangs gewaar en besluit om hom voor te sit en met aanjaars hom onderskoot te kry.Na n halfuur verskyn die bull in die skootvak en gewaar ons,hy gaan staan toe agter n bos met net sy kop en nek sigbaar quatering to.Ek wag vir hom om dwars te draai maar na n halfuur besluit ons om die skoot te neem. Met die Arken op 12maal dial ek vir 750m en druk die sneller,ek hoor nie die skoot tref nie maar die bok reageer en maak n draai om die bos en val neer.Toe die aanjaars by hom kom staan hy op maar nou dwars en oop met sy kop laag .Toe die kruis op sy skouer staan druk ek die sneller en die eland slaan agteroor.
DD

ImageImageImageImageImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Glocked »

Mooi geskiet DD ! Laat iemand my nou weer vertel jy het sagte, ultra hoë BC punte nodig vir langafstand jag.....
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Baie geluk DD.
Een masiewe skoot daai.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Carel-Chris
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Carel-Chris »

My vrou haar eerste koedoe geskiet die naweek.
SBC 165gr uit 308 teen 2680fps.
159gr (96%) gewig behou
WhatsApp Image 2025-07-29 at 09.23.04.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br

Superbru kampioen 2023
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by DWB »

Baie Mooi!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 980
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by partner »

Ek kan maar net se. Goed,Beter,Beste.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Beste Woensdag ooit!!!

Het gister die voorreg gehad om een van my groot maats te lei op sy eerste groot wild.

Luk jag met sy FN 9.3x62 gelaai met SBC 286gr en ek het my ou staatmaker, my .458 Express gelaai met SBC 458 500gr gedra.

Luk se eerste en tweede skoot was albei twee goeie frontale skote, maar het net die linkerlong getref, maar sy het bloed gespoeg en sy het gaan le.

Toe ons haar nader, wou Luk 'n versekeringsskoot skiet en met die trek van 'n sneller het ek net 'n klik (soft strike) gehoor, en met die klik het sy opgespring, na ons gedraai en wou dans. Luk het gesukkel om die rondte skoon te maak en 'n vars een in te voer, so ek het ingestem en haar twee vinnige SBC 500gr gegee en haar omgerol. Sy was 15m weg toe sy die dek tref.

Ons het een 9.3 koeël en albei my 458 koeëls

Image
Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 980
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by partner »

Goed Gedoen Rudi. Dankies vir Fotos en Storie.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by ThinusS »

Ek het vanoggend 'n jong koedoe bul en 'n blouwildebees koei met my Zastava .375 H&H, gelaai met 250gr Spoor koeëls (±2750fps), gejag. Skoot op koedoe was ±230m en op wildebees ±240m. Beide koeëls is dwarsdeur.

Image

Image
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Lamtjop »

Middag manne, watse spoed kan ek verwag met 150grSBC uit n 22" loop 30-06.
Groete Tjops
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Lamtjop wrote:Middag manne, watse spoed kan ek verwag met 150grSBC uit n 22" loop 30-06.
Groete Tjops
Hier by 2900 fps
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by tripodmvr »

My akkurate lading uit my 22 duim Ruger is by 2860vps met 'n 150gr Barnes TSX. Druk by 47K psi
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Dagse Julle

Dis met groot vreugte dat ek aan die Jaracal Manne bekend stel, Spoor Bullet Company se webtuiste is op en werkend.

Image
Last edited by Rudi Fischer on Wed Aug 06, 2025 5:20 pm, edited 1 time in total.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Glocked »

Lekker Rudi ! Netjiese website
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Frederik »

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by DWB »

Lekker Rudi!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Lategan1 »

Netjies Rudi!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
globalstar66
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Mar 30, 2017 7:24 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by globalstar66 »

Lyk na baie nice punte!! Baie geluk.

Net 'n vraag - gaan jy op 'n stadium die spesifikasie van die punte bekendmaak? Koeël lengte, BC ens?

Ook herlaai data met van die gewilder kruite?

Sal help met lading ontwikkeling en om ballistiese inligting te programmeer in rangefinders.

Dankie
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

globalstar66 wrote:Lyk na baie nice punte!! Baie geluk.

Ons is tans besig met n intensiewe Lys van herlaai data met kruite, kalibers en koeel gewigte, maar soos jy kan in dink …. Dis baie werk.

BC is ook maar n ander onderwerp maar ja. Dis ook oppad.

Koeel lengtes is n oproep weg en ook beskikbaar op my QL bullet files
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Geno »

globalstar66 wrote: Sat Aug 09, 2025 8:10 am Lyk na baie nice punte!! Baie geluk.

Net 'n vraag - gaan jy op 'n stadium die spesifikasie van die punte bekendmaak? Koeël lengte, BC ens?

Ook herlaai data met van die gewilder kruite?

Sal help met lading ontwikkeling en om ballistiese inligting te programmeer in rangefinders.

Dankie
globalstar66 of kan ek maar sê Robbie? ;D
Ek het jou comment gesien op my Facebook post voor jy hom delete het. Jy kan my maar glo as ek jou sê dat hierdie SBC koeëls nie terugstaan vir ENIGE ingevoerde "expanding" tipe koeël in die wêreld nie. beskikbaarheid van ingevoerde koeëls is oolk wisselvallig by ons in SA, en nie so maklik bekombaar soos by jou in Kanada nie. Die prys is ook baie billik as jy dit vergelyk met ander premium koeëls.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Capt. Yoda »

Mag julle ooit nog skiet da in Canadiestan?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Cobus Wessels »

Ek sal my geweerversameling daarop wed dat meer Buffels met Spoor koeëls geskiet is (net hierdie jaar) as wat al ooit in Kanada geskiet is...

Sent from my SM-S938B using Tapatalk

User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2484
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Flip Nel »

Rudi Fischer wrote: Sat Aug 09, 2025 8:17 am
globalstar66 wrote:Lyk na baie nice punte!! Baie geluk.

Net 'n vraag - gaan jy op 'n stadium die spesifikasie van die punte bekendmaak? Koeël lengte, BC ens?

Ook herlaai data met van die gewilder kruite?

Sal help met lading ontwikkeling en om ballistiese inligting te programmeer in rangefinders.

Dankie
Ons is tans besig met n intensiewe Lys van herlaai data met kruite, kalibers en koeel gewigte, maar soos jy kan in dink …. Dis baie werk.

BC is ook maar n ander onderwerp maar ja. Dis ook oppad.

Koeel lengtes is n oproep weg en ook beskikbaar op my QL bullet files
Rudi, ek het jou ge PM maar nie reply gekry nie, is daar 'n manier wat jy die QL files kan deel dat ons manne met quickload bietjie kan kyk wat voorspel hulle vir ons gewere
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1831
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Spoor Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Flip Nel wrote:
Rudi Fischer wrote: Sat Aug 09, 2025 8:17 am
globalstar66 wrote:Lyk na baie nice punte!! Baie geluk.

Net 'n vraag - gaan jy op 'n stadium die spesifikasie van die punte bekendmaak? Koeël lengte, BC ens?

Ook herlaai data met van die gewilder kruite?

Sal help met lading ontwikkeling en om ballistiese inligting te programmeer in rangefinders.

Dankie
Ons is tans besig met n intensiewe Lys van herlaai data met kruite, kalibers en koeel gewigte, maar soos jy kan in dink …. Dis baie werk.

BC is ook maar n ander onderwerp maar ja. Dis ook oppad.

Koeel lengtes is n oproep weg en ook beskikbaar op my QL bullet files
Rudi, ek het jou ge PM maar nie reply gekry nie, is daar 'n manier wat jy die QL files kan deel dat ons manne met quickload bietjie kan kyk wat voorspel hulle vir ons gewere
Naand Flip

Jammer, het jou PM mis gekyk.
Maar jy het n mail Image
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply