Kyk asb. na die foto's. Ek soek raad. My Musgrave 375H&H mod 98 maak so as ek full resize na eerste keer geskiet. Ek het Lee dies.
Die resultate nadat hierdie geskiet is egter die volgende
Ek het die geweer laat gunsmith en hulle het 'n "Take barrel in 1turn and headspace" gedoen, maar met nuwe Norma doppe gekoop en geskiet maak dit nog steeds so. My lading is 65gr S335 teen ‘n spoed van 2485vps met Hornady 270gr SP, so ek is nog onder maksimum spoed.
Ek het met die Lee Collet nek sizing die probeer maar ek moet geweldig baie druk gebruik om hom net se kry om die koeël vas te hou, today my press se link gebreek het.
Ek vra dus die volgende :
1. Is die geweer se kamer oorgroot en moet ek maar vergeet van herlaai, of kan dit reg gemak word?
2. Is dit die Lee dies wat dit veroorsaak? Daar is nie 'n bur nie.
3. Hoekom will die Collet die nie die nek size nie? Het die mandrel al bietjie kleiner geskuur ook.
4. Moet ek maar die geweer inruil vir 'n 7mm PRC?
Groete
Louis

