375H&H doppe wat skil

Post Reply
User avatar
Lewies
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Sep 23, 2015 8:46 am

375H&H doppe wat skil

Post by Lewies »

Môre Almal

Kyk asb. na die foto's. Ek soek raad. My Musgrave 375H&H mod 98 maak so as ek full resize na eerste keer geskiet. Ek het Lee dies.
IMG_3916.JPG
IMG_3917.JPG
Die resultate nadat hierdie geskiet is egter die volgende
QSES6819.JPG
Ek het die geweer laat gunsmith en hulle het 'n "Take barrel in 1turn and headspace" gedoen, maar met nuwe Norma doppe gekoop en geskiet maak dit nog steeds so. My lading is 65gr S335 teen ‘n spoed van 2485vps met Hornady 270gr SP, so ek is nog onder maksimum spoed.

Ek het met die Lee Collet nek sizing die probeer maar ek moet geweldig baie druk gebruik om hom net se kry om die koeël vas te hou, today my press se link gebreek het. >:D

Ek vra dus die volgende :
1. Is die geweer se kamer oorgroot en moet ek maar vergeet van herlaai, of kan dit reg gemak word?
2. Is dit die Lee dies wat dit veroorsaak? Daar is nie 'n bur nie.
3. Hoekom will die Collet die nie die nek size nie? Het die mandrel al bietjie kleiner geskuur ook.
4. Moet ek maar die geweer inruil vir 'n 7mm PRC?

Groete
Louis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lewies on Wed Sep 10, 2025 11:06 am, edited 2 times in total.
Sabatti 12 ga
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by DWB »

Hmmm.... Daai is nie lekker nie,

Maar ek vermoed die loop gaan dalk 2 draaie ingeskroef moet word en kamer oor gesny word...

Maak seker die geweersmid wat jy gebruik weet wat hy doen
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Capt. Yoda »

Wat meet n dop wat jy geskiet het van nek tot onder vs n dop wat jy gesize het?
Het jy dalk n comparator om dit me te meet

Sulke ding?

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lewies
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Sep 23, 2015 8:46 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Lewies »

Capt. Yoda
Ek sal vanaand meet, maar ek het probeer om die dies te stel, sodat die dop nie te ver ingaan nie om te kyk of dit 'n verkil maak, maar het nie.
Dit lyk vir my asof die dop te veel in wydte uitsit nadat dit geskiet is. Die verkil naby die base is meer as 0.016"
Sabatti 12 ga
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Capt. Yoda »

.016" op die 200lyn/web klink n bq baie ja, kan wees soos Deon se laat die antwoord maar n nuwe kamer sny gaan wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 397
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Henna308 »

More Lewies

Die maklikste om te weet of die kamer te groot is net voor die belt is meet die dele wat afskil voor jy size (verkieslik met 'n micrometer) en vergelyk dit met die standaard (het vergeet of die 375 H&H SAAMI of CIP is) en kyk hoeveel groter jou dop meet. Wat jy op die gevuurde doppe daar sien lyk soos klasieke case head separation, wat 'n teken is van 'n te lang/groot kamer (die headspace is nie reg nie).

Gewoonlik as mense kamer met 'n stomp reamer dan sny hy die diameter van die kamer te groot, al doen hulle alles reg om die kamer nie te lank te sny nie.

Daar is salf te smeer as die kamer nie te groot is nie en hulle nie teveel van die loop se knox moet gebruik om 'n nuwe kamer te sny nie. Maar iemand sal die kamer moet oorsny, verkieslik met 'n skerp reamer.

Die anderkant kan ook waar wees dat die matryse te klein gesny is en dan daar afskil. As die matrys ook nie mooi deburred is nie en 'n skerp hoekie daar maak dan kan hy iets van die dop afskil. Ek weet van 'n hele klompie Lee collet dies wat die mandrel bietjie dunner gemaak moet word om te verseker dan die nek genoeg spanning op die punte sit. As jy krimp is dit seker ie so groot probleem nie. Maar die doppe wat 'bars' net voor die belt laat my dink dit is nie die matryse nie.

Is dit 'n nuwe geweer wat hulle onslangs gebou het?
User avatar
Lewies
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Sep 23, 2015 8:46 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Lewies »

Dankie Henna308
Ek sal probeer om 'n ander matrys te gebruik.
Ek het myself belowe om nie verder geld op die geweer te spandeer nie. Sal hy werk met gekoopte rontes?
Dit is 'n vorige model Musgrave nog met K98 aksie, nie seker hoe oud hy is nie
Sabatti 12 ga
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 397
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Henna308 »

Ek neem aan die geweer het meeste van sy lewe met gekoopte rondtes geskiet so op daai aanname sal dit seker veilig wees om met slegs gekoopte rondtes verder te skiet. SKiet die geweer raak so op 'n manier met daai te groot kamer?
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Cobus Wessels »

Ek weet nie of jou probleem dalk te groot is nie (letterlik) maar mens kry "body mandrel dies) wat spesifiek daardie deel net voor skouer nouer druk. Ek dink Sudami maak hulle.

Sent from my SM-S938B using Tapatalk

Branderplank
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Branderplank »

Ek wonder sommer of hier al vordering was?
User avatar
Lewies
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Sep 23, 2015 8:46 am

Re: 375H&H doppe wat skil

Post by Lewies »

Ek het doppe vir ń maat van my gestuur om te size en hulle het nie geskil nie. Het nou ander dies gekoop


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sabatti 12 ga
Krico .22lr
Winchester .270win
Musgrave .375 H&H
Post Reply