Sebert factor in GRT aanpassing

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Sebert factor in GRT aanpassing

Post by 30-06 »

Goeie naand.
Hoeveel van julle gebruik die standaard Sebert waardes in GRT en hoeveel gebruik die Pierre van der Walt syfers wat beskikbaar is?
Wat is julle ondervinding wat gee die beste resultate?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by tripodmvr »

Die Sebert waarde verander die druk wat bereken word. Om daaraan te verander kan drukvlakke wegsteek wat werklik baie hoër is as wat bereken word. Dit moet met oorleg verander word. Inteendeel, uit 'n veiligheidsoogpunt sal ek aanbeveel dat dit onveranderd gelaat word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by Arnold »

Ek verander dit sodat my resultate beter ooreenstem met wat ek meet.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by 30-06 »

Ek stem saam dat uit n druk oogpunt is die veiliger waarde die beste opsie.

My vraag gaan egter oor die node berekening.
Ten spyte van die feit dat GRT self die waardes kalibreer met die spoed wat jy invoer verskil die OBT berekening steeds met verskillende Sebert waardes.
As jy die sebert waarde aanpas en jy doen n OBT berekening dan word die waardes outomaties gekalibreer, die nuwe waardes word dan vir die node berekening gebruik.(die waardes word herbereken as jy die sebert verander.)
Ten spyte van die feit dat GRT self die regstelling\kalibrasie maak verskil die node berekening nog van mekaar.
Op n sebert van 55 vir n 30-06 is node 6 op 54.99g S365 Node Spoed 2753
Op n sebert van 47 en nuwe gekalibreerde burnrates is die node op 55.27g S365 node spoed 2768
Die deel wat ek nie verstaan nie is hoe die nodespoed kan verskil dis tog gekoppel aan barreltime en moet vir n spesifieke punt en looplengte tog dieselfde wees.
Dit lyk wel of die target OBT vir beide berekeninge dieselfde is, dit word egter met verskillende ladings en spoed verkry net deur die Sebert se verander.
Ek sal dit waardeer as iemand die kan help verduidelik.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by Arnold »

Die Sebert waarde beinvloed die verbrandings proses berekeninge. Dit beinvloed dus drukkurwe en versnelling van die projektiel. Daarom kry jy verskillende spoed, maar soos jy sal sien verskil die spoed relatief min.

Ek gebruik GRT dus om vir my te wys waar hierdie spoed node is met verskillede Sebert waardes en laai dan tot by daardie omgewing. Verder glo ek maar wat op die teiken gebeur en nie so seer wat die rekenaar sê nie.

Die is natuurlik goed om stadig op te werk na voorgestelde waardes en deurlopend dop te hou hoe die druk vlakke ontwikkel.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by tripodmvr »

Sebert Factor
The Sebert factor defines the amount of powder mass flowing together with the bullet through the barrel.
Depending on caliber it is a value between 0.1 und 1.0.

Bostaande uit GRT se handleiding gekopieer. Hoe laer die getal hoe meer dryfmiddel moet gebruik word om dieselfde spoed te kry. Soos Arnold noem is die spoedverskil minimaal. Hierdie waardes vir kalibers is sekerlik uit empiriese toetse verkry en ek sou die Sebert getal dan eerder as 'n vaste inset hou en die automatiese OBT aanpassing gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by 30-06 »

Ek stem 100% saam dit is nie n waarde wat jy moet aanpas om die regte resultate te kry nie GRT doen self die aanpassing.
My vraag is wie se waardes is meer akkuraat, die standaard GRT waardes of die Pierre vd Walt stel wat vir Quickload ontwerp is.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by tripodmvr »

Hier is die onderwerp reeds bespreek. Kyk na die laaste inset vanaf Wouter Roets.

viewtopic.php?t=78458
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Sebert factor in GRT aanpassing

Post by 30-06 »

Dankie
Post Reply