Tactical Moonbag

Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Tactical Moonbag

Post by Capt. Yoda »

More manne

Hierie nuwe tactical "sling bags" wat die mense so dra met jou pistool en al jou ander groceries in, waar kry mens goeies en is daar iets spesifiek wat mens na moet kyk? Verkieslik wil jy seker nou nie n camo een met tactical badges en vlae op he nie

Die hoeveelheid goed wat ek saam dra tussen foon, Zyn, twak, laaiters, pistool, beursie en wat nog het ek amper n klein waantjie nodig om saam my te sleep en die ding lyk vir my nogals na die antwoord want dan is die eretasie van n pistool by jou klokenolos ook somer weg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Wouter Roets »

Metroman! Hier kom ons!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Mon Nov 02, 2026 11:31 am Metroman! Hier kom ons!
Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Wouter Roets »

;D ;D ;D
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Ratel »

Ek dra een van die maar net groen. Dis darem minder metro man as 'n moonbag. Darem kan ek 4 spaar magasyne saam dra. ++>: ++>: Die een wat ek dra het sy eie dedicated holster binne in wat die sneller mooi toemaak.
https://www.takealot.com/yas-outdoor-ta ... gJOtPD_BwE
Maak 'n verskil
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Tactical Moonbag

Post by DeVilliers »

Ja, ek gebruik ook so een. Hy kan links om/regs om verstel.
https://www.takealot.com/tactical-sling ... ID72393056
Dedicated plek vir pistool met n trigger "guard" (as jy dit so iets kan noem) aan die binne kant.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2201
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Ds J »

Hoe vinnig kan jy n pistool uit so 'n bewerasie uithaal?

Ek sou miskien dalk nog kon oorweeg om so 'n gedoente aan myself te doen, maar die pistool bly op sy plek.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1888
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Ratel »

Ds J wrote: Mon Nov 02, 2026 11:34 pm Hoe vinnig kan jy n pistool uit so 'n bewerasie uithaal?

Ek sou miskien dalk nog kon oorweeg om so 'n gedoente aan myself te doen, maar die pistool bly op sy plek.
Vinnig. Die deel waarin pistool geholster is trek net oop. Ek sou se net so vinnig as uit die chest holster op my plate carrier.
Maak 'n verskil
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2201
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Ds J »

Dankie, dan moet ek verskoning vra vir vinnige woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Geno »

Kyk na Pangolin se produk. Lokaal vervaardig, en great kwaliteit.
https://primebunch.co.za/product/crossbody-cc-bag/

Ek is handelaar vir hulle produkte, so kontak my gerus. 0825354100
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Capt. Yoda »

Dankie Geno, paar manne het my gister geWA en gese Pangolin.
Laat ek bq loer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by jacojrdn »

Dag manne, my enigste pyn met die sak is dat die man wat hom wil vat net ek skerp mes nodig het om die belt af te sny van agter, en dan is hy weg met alles, insluitende jou vuurwapen. Ek het vroeer jare n moonbag gehad wat u .38 special kon vat, ek het aan die binne kant van die belt n 3mm staal kabel in gesit met n hakkie wat eers vas gehak word voor die belt vas gemaak word. As hulle dus ongesiens die belt probber sny is hy steeds om jou lyf vas met die kabel.
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13626
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Tactical Moonbag

Post by Capt. Yoda »

Ek het op n kol een erens op social media gesien wat n kabel in die band gehad het maar dit kyk darem of daai sak n ordentlike band het, ek was meer bekommerd oor die goedkoper sakke se klips aan die band. Ek het al sulke tiepe bande gesny en dit is darem nie net van verby stap en af sny nie. Daai tyd kan jy hom darem nog n klap gee as hy die 2de keer probeer sny
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply