87gr VMax & 243 Win

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8013
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Arnold »

Ek het gedink om die geweer af te stof en so paar 87gr Vmaxe te laai. My data wys toe dat ek nooit met die 20" loop Vmaxe geskiet het nie en ek gooi toe bietjie s365 in doppe om spoed te meet.

45gr S365 stoot die 87gr Vmax teen so 3170fps met 'n Murom large rifle magnum primer.
QL wys die lading moet so effe afgaan na 3160fps maar ek was verbaas hoe mooi hy geskiet het, en wat die spoed nog was.

Die warmer ladings het begin oopmaak so ek gaan so bietjie speel en kyk hoe wyd hierdie "node" is. Wat wel interessant is, is dat die node se spoed van die 26" loop na die 20" loop met slegs 70fps geval het. (ek laai hom wel warmer, maar binne perke)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13630
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 87gr VMax & 243 Win

Post by Capt. Yoda »

Ek het ook die laaste tyd bq gekyk wat mens met korter lope kan doen en was self verbaas wat jy met 23 en 25 kan doen vs 28 en 30” in die groter 6mms. Natuurlik is die druk hoer in die korter lope vir die selle spoed vs die lang loop maar in teorie gaan die node ook “groter” wees in so kort vet loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply