Dagse Manne
Dag ek deel so nagmerrie wat ek elke nou en dan beleef. Al etlike jare het ek die idee in my kop dat ek n Ruger M77 in n 9.3x62 wil aanskaf, bou of erens opspoor. Oor die afgelope 5 jaar het ek al 3 M77 stainless 3006 Ruger aangeskaf om die projek te begin maar kry dit nie een keer oor my hart om n Ruger wat nat nuut is te omskep in n ander kaliber nie. So verkoop ek elke keer die roer en vergeet van die drome. Hier kom die MAAR......sodra ek dink dit is oor dan begin da weer so klein vlammetjie en dan spook die roer weer by my land en sand dat ek nie n oog toe kan maak nie.
Wragties skaars 8 maande na ek die 3de koop M77 projek weer verkoop het begin dit weer en wil voorkom of dit my net nie gaan los nie. So bring Lipseys n hele ruk terug weer n limited run uit en die keer in 9.3x62 of 35 Whelen......Sien foto aangeheg en dis so naby aan dammit aan n vloekwoord wat ek in gedagte het. My idee is egter eder die klassieke styl met n houtkolf, wel 20" met visiere en dan uit die aard van die saak nie gesny vir een of ander "break" of stilmaker nie.
Ek is bietjie van n Ruger aanhanger en een ding wat my elke keer terugsit is dat ek nie Ruger Voorste visier gaan kry of die express agter visier nie (of miskien dalk n barrel rib wat gelyk met die aksie eindig). Ja mens kry baie opsies ma wragties dit voel net verkeerd as hulle nie dieselfde lyk nie. Gaan nie net daaroor om n 9.3x62 te he nie want het n ou Heym in die kaliber. Gaan oor n Ruger, Met Ruger kolf, Ruger visiere, Ruger barrel band.......
En nou lyk dit my die M77's is ook iets van die geskiedenis, dink nou weer daaraan om uit te kyk vir n ou 3006 en die projek aan die gang te kry. Hierdie is nou een van daai duiwels wat my sal jaag totdat hy in die kluis staan.......Die "Bush Gun" met n houtkolf met n "ebony tip" soos die Africa model se kolf kan dalk ook die jik laat bedaar....
Sit julle manne ook met sulke duiwels op julle skouers?
Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2339
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- PietVis
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am
Re: Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
Hier n n foto van my hart se punt. Sy skiet soos n droom. 
Sent from my SM-S731B using Tapatalk

Sent from my SM-S731B using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7572
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
Kobus
My broer het al vir baie lank n CZ fullstock, Dis n 18 duim loop as ek dit nie mis het nie. Dis sy go-to gun vir loop en jag en n magdom diere het al geswig met PMP Pro Amm's. Blou willies veral hou net mooi boggerall van daai kombinasie.
Ek wou ook n Ruger in daai kombinasie en daar was n op n kol n run van fullstocks maar helaas ek dink nie een het sy pad SA toe gevind nie. Op n kol bel Dale my en se sy African is in die mark. Nodeloos om te se hy het nog nie eers gegroet nie toe is die geld al in sy rekening. Nou soos my ander roere is die geweer eers bietjie opgetof alvorens hy uitgevat sou word. Lang storie kort met n bekende geweersmit wat aan die geweer gewerk met goue tools to boot en mooi droog gemaak het, het dit my vier jaar gevat om iets te kon plattrek die jaar. My heel eerste njala onder andere en nog n paar ander bokke het elk met een skoot ons wereld verlaat. Die kombinasie is alles wat ek gehoop het en meer en hopelik sal ons nog n baie lang pad vorentoe saam stap.
Jy kan maar die projek aanpak Kokus jy sal nie vir n dag spyt wees nie.
Ruger goete

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
Nou sit dan bietjie 'n foto'tjie op van jou roer Wouter. Jy maak 'n man net nuuskierig.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2339
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Ruger M77 9.3x62 Koors wat nie weggaan nie
Wouter
Nou moet ek ok eers fondse bymekaar maak en n Ruger 3006 aan die hande kry wat iemand pla. Hoe n mens jouself so kan straf sal net ek alleen weet. Drie keer selle fout ma dis ok sameloop van omstandighede.
Jare terug het my neef n Heym 9.3x62 van my oupa af gekry en hy is toe Namibia toe. Roer hier agtergebly op stoor en ja R14000 later toe was hy amper weer ooglik ma da nog paar goed wat pla.
My eerste 9.3x62 het ek in 2004 laat bou op n P14 aksie wat ek as geskenk gekry het. Truvelo het daai tyd hom aanmekaar gesit met visiere, okkerneut kolf 22" ma as n jong lat was ek nog ma bietjie bang vir skop en daai P14 was n moerse gewig om te dra en het hom rondom 2012 verkoop na n bergjag agter n Eland aan. Was amper dood
Daai P14 het baie wildebeeste (met een geleentheid 5 beeste in een dag) neergesit met 286gr Hornady gelaaide rondtes (dink was teen 2340fps). Alhoewel ek die Heym het (kolf era van 1950's en mooi kolf wat ek so wil hou) het hy nie die bekoring van n reguit kolf nie.
Die is ma net een van die goedjies wat ek moet doen en op die lysie sit as projek. Nou is dit die Ruger aksie kry, die regte geweersmit kry, die regte visiere en van daar sal alles stadig ma seker bymekaar kom.