Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Ek gaan nie 'n vreeslike storie skryf nie.

Al wat wel erg was is die opgewondenheid voor die jag!!!!

Ons jag is verfilm as deel van 'n advertensie veldtog vir 'n nuwe safari maatskappy. So nou kan ek nie eens die waarheid verdraai nie, julle sal op Youtube die waarheid sien.

Ons is vir 6 jag dae weer na die Save Vallei om bestuurs Buffels te jag. Hierdie keer is ek saam met my maat van baie jare. Ons jag baie saam, maar hierdie is sy eertse buffel jag. Ons het saam Natuurverwaring geswot en later vir SANparke gewerk.

Na 'n lang soektog hier het ek my Ruger .375 Ruger opgegradeer na 'n .416 Ruger en Coenraad het Geno se .416 Ruger gekoop. Ons het Kriek se 380gr Cupnose solids en Spoor se 400gr softs gelaai. Albei roere was verspot akkuraat en is albei toegerus met Aimpoint Micro rooikol vesiere.

Coena is baie vaardig met sy AR en 'n reddot en ek ook redelik, maar steeds het ons voor die jag na aan 100 skote staande geskiet met die gewere om hulle te toets en onself gewoond te kry aan Veiligheids klep af druk, skiet, herlaai ens.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Die herlaai besigheid oordoen ek altyd. Laai so baie patrone en die hoop is om twee te gebruik. Een vir inskiet en een vir jou buffel.

Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.

Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.


Image

Oefen op my baan
Image

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.
Image

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Vir ons Kapenaars is die trip na Save 'n lang een.
02;30 weg by die huis.04;00 op die lughawe om wapens in te check en alles deur toe book na Bulawayo. Dan die 06:00 vlug na JHB en dan na Bulawayo. Daar spring ons in 'n voertuig en ry 6 ure oos na die Save.

Image
Vlieg is mos lekker as jy opgewonde is

Coenraad is helemal mal en het my verbaas met 'n verskriklike mooi mes. Wat 'n stuk gereedskap!!!
Image

Die is al my derde jaar op die trip so ek weet waar om te stop vir germaanse bruis drankies. Die lokale mense is altyd vrinnelik en bewys net wat 'n wonderlike plek Zim is.
Image

Die Save het ongekende reën in einde September en begin Oktober gekry die plek was groen!!!!
Image
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by partner »

Jissie baie dankies vir Fotos en Storie. Ek geniet dit Baie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Ons jag was vanaf 7-13 Oktober gewees. Nou die wat daardie wêreld ken dit is hulle "hell Month" soos hulle hom roep.
Ons het wel die 7de opgetsaan in die mooste klamste koelte!!!! Vreemde besigheid.
Image


Soos altyd eers die roere gaan inskiet en ek het Coena het elkeen 'n solid en 'n soft geskiet. Na die skiet was daar 4 gaaitjie in die bullseye op 50meter.
Image

Ons het begin rond ry en het sommer dadelik gaan vassit in 'n driffie net na die kamp waardeur ek al 100de male is. Gelukkig het die Cruiser 'n winch op en ons kon uitkom.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Frederik »

Volg, dankie vir die deel sover!!
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Kallie Fernhout »

More ou vriend sien uit na die video gooi die link hier as hy die lug sien.
User avatar
Ding
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Ding »

Ek hoop jy kon 330ml blikkies kry by die shebeen!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13642
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Capt. Yoda »

Kom Johna, jou emails werk anyway nie tik jou storie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Ons jag oopsvisier en sonder verkykers etc. Omdat ons so naby moontlik met min geraas wil kom.....toe stap ons met 'n kamera man en PH se seun.

Image


Die vorige langdag se reis was nog in ons en Coena het vinnig so uiljie geknip op 'n uikykpunt. Hy ontken dit natuurlike!!!
Image

Wit koffie bosse was in volle blom die wêreld vol. Bitter mooi en net vir so 2-3 dae.
Image

Die wêreld was groen en orals was water.
Image
Last edited by tau on Fri Nov 13, 2026 1:56 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by partner »

Jissie. Daai is Mooi Wereld. Weer dankies vir Fotos ens.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Ons het soos altyd geëet soos konings.

Image

Die perde salf werk vir Pepper ticks, tsetse vliee, Buffel vliee en nier stene
Image

Ons het vanjaar bitter baie klispringers in die konsessie gesien en ander klein wild. Al die jag in die area hou die poachers mooi weg.
Image

Ontbyt teen die Mkwasine river
Image

Die veld was bitter mooi en lekker ruig.
Image

Die area is vrot van die Bromvoels
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Omdat dit Coena se eerste Buffel jag was het hy eerste kans gekry. Sommer op die middag van dag een het hy op die stokke na 'n Dugga boy gemik na 'n kort spoorsny sessie. Hy was nie tevrede met sy skoot nie en het vir Sean gesê hy is nie gemaklik met die skoot nie. NA my vorige twee jaar se jagte waar ons op die tweede en laaste aande ons Buffels gekry het was ons nogals senuwee agtig om nie kanse te laat verbrou nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Dehan.Rheeder
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Dehan.Rheeder »

Jinne dit is mal mooi wereld en dankie dat jy ons insluit by die belewenis

Sent from my SM-A566B using Tapatalk

Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Dag twee

Die veld raak by die minuut groener voel dit. Orals in die veld is pannetjie water. Die Buffels beweeg bitter min het ons op dag een agter gekom. 2026 was 'n baie goeie reën jaar in die Save en toe kom reën dit nog vroeg ook. So lekker kos vir die Buffels en wate rin dei veld is orals. Gewoonlik sal mens maar so van water na water ry met dei hoop dat jy iewers spore optel.

Ons was skaars uit die kamp uit toe kry ons redelike vars spore van 2-4 Dugga boys wat terug gekom het vanaf die communial land na die konsessie. Ons het afgeklim en ons belde aangetrek met extra patrone, mes en water. Ek kon onthou daar was 'n rede hoekom ek die belt ophou dra het....maar ek was reeds besig om agter die span aan te stap.

Ons was 6 manne in die lyn!!! Spoornsyer Nicolas, PH Sean, Coena, Kamera man, Ek en laaste Sean se seun Cody. Ons was eintlik baie still vir so klomp mense. EK was redelik skepties of ons kans gaan kry met so baie mense in gelit in die digte bos.
Image


Sean het ook gevra dat Coena sy soft met 'n solid vervang vir sy eerste skoot. Na 'n bitter kort stappie van seker 800m staan die Buffels voor ons. Coena was binne sekondes op die stokke en na 4 sekondes het vandat hy posisie ingeneem het klap die skoot. 07:38 op dag twee!!!!

Die kamera man was te stadig om die oomblik vas te lê, maar gelukkig kon ek hom afneem.
Image


Dit was soos ons vorige 3 Buffels hier frontal skote. Ons het skaars bymekaar gekom toe hoor ons daar Dood Bulk die Buffel. Ons het nader gestap en daar staan die twee makkers langs Coena se Buffel wat reeds bene in die lig dood lê. Sean vra dadelik wil ek skiet? Ek antwoord toe nee, wat maak ons die volgende 5 dae???

Ons moes amper die ander Buffels weg jaag.

Toe ons nader stap is dit 'n pragtige ou bul met 'n stuk bos wat uitgebreek is. die Kreik 380gr Cupnose is voor die bors in en regdeur die buffel by sy gat uit.
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Die groot oomblik. Wat 'n voorreg om so ou dier te kan jag in so mooi area.



Image


Ons nuwe messe spog op die Buffel.
Image

Hierdie foto gee 'n goeie idee hoe dig die bos is waar mens die Buffels jag.
Image

'n Mooi Ruger op 'n mooi Buffel.
Image

Nicolas, Sean , Cody en Coenraad.
Image

Ek en Coena. Ons blink so van die sweet, want ons het sopas 'n pad oop gekap tot by die Buffel :)
Image

Kriek 380gr Cupnose
Image

ag sommer nog so mooi foto van die Benchmark messe
Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Dehan.Rheeder
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by Dehan.Rheeder »

baie nice man en baie geluk met die pragtige buffels, en weereens dankie vir die deel
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by partner »

Baie Dankies Weer. Vir Pragtige Buffel Ens.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by henried »

Heng, dit is nou mooi, baie geluk julle daar is 'n paat mooi fotos.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

Die druk was af!!!! Ek was glad nie haastig om 'n Buffel te skiet nie en ons het op die middag van dag twee 'n skrumpet Bul gesien!!!!!! Ek was verlief. Ons het probeer om nader te kom, maar die buffels het net verdwyn.

Ons het later die middag 'n skuld gebou van takke en blare en toe nader aan 'n trop gestap dit was 'n belewenis.
Image

Om Buffels uit 'n trop te jag en om Dugga boys te jag is 'n helse verskillend. Die troppe sien jou en is nie so bang nie, safety in numbers. So vir 'n skoot met 'n geweer is dit makliker. Ons het nog so paar keer op die jag so met die troppe gewerk dit was vir my diep lekker.

Image
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4003
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Post by tau »

https://youtube.com/shorts/1LJWZpVE9Qw? ... PGp8ZRydUg

Hier kan julle sien hoe naby 6 manne kan kom aan ‘n trop van 100 plus buffels
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply