Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
n goeie vriend van my het n Gecado windbuks wat hy graag wil laat diens/ restoureer (vir sy laaities) . Weet iemand dalk van n goeie windbuks kenner/ geweersmid wat weet wat hy doen met windbukse??
Dis glad nie so groot kuns om spring windbukse te diens/parte vervang nie. Maar ja oom Vince ken sy storie. Die Gecado's is oud en gebruik nog n leer seel so jy gaan dalk sukkel om parte te kry. Eks seker oom Vince sal n sintetiese seel he wat sal pas en baie soorte springs.
303. klaarblyklik het jy nog nie met n gecado te doen gehad nie! kan nie vergelyk word met gewone gamos en bsa nie. sneller meganisme byvoorbeeld werk met 3 ball bearings tussen 2 tubes en sneller skuif grootste tube terug om bearings te "release" en piston te release. het al n paar in my lewe reg gemaak (en gebreek ook in my jonger onkundige dae). hulle is lekker tricky maar great fun om te skiet. ek besit self n paar
Sako L579 Forester .243
Musgrave Lyttleton RSA .308
Howa 1500 Varminter .243
Slasenger mod 12 .22
1958 Gecado mod 50 .177
1971 Gecado mod 35 .177
1970 Gecado mod 25 .177
Jelly 4.5 .177
Wat het ek gese wat jou so laat dink? Ek het grootgeword met n Gecado en hy skiet nogsteeds meer as 50 jaar oud. Ek weet dis German quality en nie Gamo cheapy nie. Het n Diana34 ook wat maar net soos n Gecado werk sneller en al!
Praat met oom Vince soos hier bo genoem. Daar is ook n oom in Cradock dink ek wat baie spares het vir al die ou windbukse dink hy adverteer agter in die Magnum. Ek het nie meer sy nr dink sy naam is Danie.