9.3X62 vs 375H&H

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Hallo Manne,

Ek hou daarvan om topics te begin wat tot bietjie van 'n gesprek kan lei.

Wat sou julle s? is die voor en nadele van beide hierdie calibers ten opsigte van mekaar?

Ek kom agter daar is BAIE GROOT 9.3 aanhangers, maar eish, die wetlike aspek voel vir my kniehalter hom so bietjie want hy is net onder die merk vir toegelate kalibers al kan hy die werk net so goed doen.

Ek weet niks van die 9.3 af nie en het minimale kennis en ondervinding met die 375H&H.

Kom ons bespreek dit bietjie oor bespreking lekker is!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by BLOK »

Kry n 375Ruger dan skop jy sommer altwee daai gunne se g@tte
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Hahaha, dink daar is 'n paar manne wat van jou gaan verskil :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Hartskoot Hennie »

Ek dink hier gaan 'n paar manne baie opgewonde raak oor die topic!  ;)

Ek was nog altyd 'n 9.3X62 fan, ek glo nog altyd die ultimate kombinasie is 'n 9.3X62 en 'n 7X57... (Maar ek neig deesdae na 'n .375H&H en 'n 7MM Rem MAG  ;D )

Ek het self 'n .375H&H gekry op die einde van die dag, oor mens kan redeneer hy is meer veelsydig met beskikbare koeel gewigte en natuurlik die groot ding is dat dit die minimum kaliber is vir gevaarlike wild. Altwee kalibers het hulself al oor die 100 jaar + bewys as ysters, en as die minimum kaliber oral 9.3mm/.366 en 4000 ft-lbs vir gevaarlike/dikvellige wild was, dan glo ek meer manne sou 9.3X62's gehad het.

Maar ja, ek was nog altyd 'n 9.3X63 aanhanger, en ek bly nog steeds al het ek 'n .375H&H...

Ek is seker hier gaan manne wees met ondervinding en wat bietjie meer tegniese informasie sal kan verskaf oor die saak...  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Hennie jy is nou op die regte pad met hierdie gesprek!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Louis Kriel »

Donderdag gaan ek vir die eerste keer Gemsbok jag met my 375 Ruger. Ek gaan 'n 260gr Nosler Accubond skiet teen 2800fps. My goeie vriend Darius gaan met sy 9,3 jag. Hy gaan weer 'n 250gr Accubond teen 2450 fps skiet. In sy geweer sny die drie skote mekaar op 100 meter. In my geweer kry ek een en 'n half duim groeperings.  Die enigste verskil is dus 400 fps. Ek dink nie die bokke gaan dit agterkom nie!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by BLOK »

DirtyOldsix wrote: In sy geweer sny die drie skote mekaar op 100 meter. In my geweer kry ek een en 'n half duim groeperings. 
Klink vir my die enagste verskil behalwe spoed is een man het al meer lading ontwikkeling gedoen as die ander. Alby kalibers reken ek is baie goed net jammer wetgewing kelder die een soos al genoem is. Dink die enagste werklike verskil is soos 0-kwes noem spoed en dus langer skote maw vir flaktejag waar die 375 effe beter gaan diem Maar ja soos gese is elke man het sy eie smaak die manne wat meer van n "classic" hou sal gewoonlik meer na die 93 kyk as die 375.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Flip Nel »

Een ding wat ek opgelet het is dat die 375 oor die algemeen swaarder is, my broer se Musgrave 375 is so swaar dat hy die meeste van die tyd by die huis bly, my broer skiet eerder met sy 270 win as hy 'n draai gaan loop, al is die 375 beter vir die bos, broer se sommer vinnig is nie meer lus om so swaar te dra nie,  My 9.3 CZ is baie ligter en skop minder, ek kon nog nie sien dat die een beter as die ander een doodskiet nie.  Maar ja die 9.3 se spoed pla maar as jy oopwereld wil skiet . Dis hoe ek dit beleef het.  Moet byvoeg ek is al vir 20 jaar 'n 9.3x62 fan.
Last edited by Flip Nel on Mon May 28, 2012 1:43 pm, edited 1 time in total.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Dankie, dit maak 'n groot verskil in hoe "versatile" 'n geweer is as jy met hom moet rondhol!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Hilux01 »

Het min ervaring van die 9.3x62 gehad tot n vriend van my syne so 2 maande terug gekry het.
Ek is beindruk met die geweer, lekker kort 22"en in my oe n ideale bos kaliber, teen daai snelhede gaan hy nie sommer teveel vleis skade maak nie.
Natuurlik stem ek saam dat dit nie n vlakte geweer is nie, ander mag dalk ander ervaring he, en miskien kan selfs ligte koeels eendag dit verander.
Ek hou van die 9.3 aangesien die re-coil baie meer matig is as die 375

As ek kan kies is die 9.3 x 62 my volgende kaliber
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Louis Kriel »

BLOK wrote:
DirtyOldsix wrote: In sy geweer sny die drie skote mekaar op 100 meter. In my geweer kry ek een en 'n half duim groeperings. 
Klink vir my die enagste verskil behalwe spoed is een man het al meer lading ontwikkeling gedoen as die ander. Alby kalibers reken ek is baie goed net jammer wetgewing kelder die een soos al genoem is. Dink die enagste werklike verskil is soos 0-kwes noem spoed en dus langer skote maw vir flaktejag waar die 375 effe beter gaan diem Maar ja soos gese is elke man het sy eie smaak die manne wat meer van n "classic" hou sal gewoonlik meer na die 93 kyk as die 375.
Nee wat ek het nogal redelik gespark met die lading ontwikkeling.  250gr Sierras groepeer mooi onder 'n duim en 300gr Hornady's ook.  Ek hou maar net meer daarvan om 'n bonded core punt te gebruik vir groot bokke. Duim en 'n half vir 'n bok met 16 duim vitals is mos goed genoeg?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by blaser »

ek kan my 375 laai sodat hy die 9.3 ewenaar maar die 9.3 kan nie gelaai word om die 375 te ewenaar nie
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Flip Nel »

ek kan my 375 laai sodat hy die 9.3 ewenaar maar die 9.3 kan nie gelaai word om die 375 te ewenaar nie


So s? dieselfde vir die 308 - 30-06 - 300 Magnum tog is daar vir elkeen plekkie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

En daar is die 375 toe vandag op my naam goedgekeur, al is dit eintlik skoonpa se geweer.... Sal met hom moet negotiate ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Beer (Christo) »

DWB wrote: En daar is die 375 toe vandag op my naam goedgekeur, al is dit eintlik skoonpa se geweer.... Sal met hom moet negotiate ;D
Hoe se hulle.... 'posession is nine tenths of the law....'. Miskien is dit skoonpa wat nou moet negotiate  ;D

Geluk...en hou op om so met my kop te smokkel oor hierdie groot kalibers...ek kannie konsentreer by die werk nie ;D
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Arnold »

Vlakte skiet met die 9.3x63 is seker ook moontlik ... :)

Image
Ek het die vernier op die buite maat van die groep gestel sodat mens net mooi die grootte kan sien. Die 'c-t-c' mate van die groepering geskiet oor die afstand van 200 meter, is dan 36.19mm.
Die geweer is ?n FN Supreme met Lynx 1.5 - 6 x 42 teleskoop. Die 195gr HV koe?l se trompsnelheid is sowat 2960vps uit die 24" loop met die spesifieke lading.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by BLOK »

Arnold

Maggies maar daai PMP's gee vreeslike druk dat die spoed so hoog en die trajek so plat is. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Frederik »

Jong die 9.3 kan mooi wewrk as jy jou deel doen en ek dink nie die groot goed voel die verskil tussen die 9.3 en die 375 nie maar die wette is die probleem maar as ek my nie misgis nie kan jy met 'n 9.3 in Namibie 'n olifant skiet.
Last edited by Frederik on Mon May 28, 2012 6:51 pm, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by spekieries »

Frederik

Ook in Zim is die 9.3 reg vir grootwild (Groot 6). Ek het nie 'n 375 nie maar wel CZ 550 9.3. Het al 6 B/wbeeste geskiet en nog nooit gesoek nie. Groot kameelperd bul het met een skoot gel?.

Ek glo ook elke geweer het 'n plekkie in die kluis, maar my 9.3 ruil ek nie.

Groete
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Nee man!!!!

Ek kan nie glo julle manne s? so min nie!

Kom praat nou so bietjie hier!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Chrisjan

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Chrisjan »

Ek skiet ook 9.3x62. Dit is 'n CZ550. 21" loop

Ek gebruik 64gr s335 in Lapua doppe agter my 180gr Impala punte.

Hulle gee my amper 2900fps.

Die vleis skade is baie min. Dit lyk of daar net 'n mes ingedruk is. Dit is my vlakvark en jag vir die pot geweer.

Ek is baie tevrede en mygedagtes dwaal gladnie om ander kalibers rondom sy groote nie.

Groete
Chris
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by DWB »

Kyk! Maar daai Impalas maak mooi gaatjies in papier!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Janjak »

Ek is self n groot 9,3 aanhanger.
Myne het al n Seekoei, groot kameelperd bul en 2 buffels op sy kerfstok.
In Mpumalanga is dit wel wettig om die groot 5 te jag met die 9,3x62.

Die kalibers sal die manne altyd aan die praat kry, sekere goed het mens mos maar net n passie voor. Ek geniet n 375 en het al n paar goed met hom gejag maar die 9,3 bly maar my keuse.
Solank ek weet hoe ver die teiken is maak sy trajek nie baie saak nie.
O, ja - as julle 375'e kwaai skop laai kom af na n 9,3 se spoed toe - dis baie lekkerder....
Danie Lombard .243

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Danie Lombard .243 »

Hierdie kan uitloop op 'n interesante gesprek en om die kampvuur in die bosveld voor more se jag op 'n M**RSE baklei. Wat wel waar is, is dat die twee kalibers se vermoe baie baie naby aan mekaar is maar die .375 H&H tog meer ft/lb energie lewer as dit 9,3  Vroeer jare toe koeels swak was het die 375 'n swak naam gekry en is gebrandmerk as 'n kwes kaliber juis omdat die 375 'n hooger tromsnelheid het as die 9,3. Die swak koeel van die tyd het opgebreek weens die hooger spoed en kon dus  nie diep genog penetreer nie en die eindresultaat was 'n kwes. Die 9,3 met die swak gehalte koeel van die tyd het weer goed gevaar t.o.v. penetrasie juis oor die laer tromsnelheid. Die koeels het nie opgebreek nie, kon penetreer en het hou vir hou die gejagte wild laat val. En vir 'n boer wat jag en wil dood skote sien wil niks  hoor van enegrie en ft/lb en gewig retensie en al die interesante balistiese dinge. Hy wil weet, val die bok, ja of nee? Met die ingedagte het die 9,3 'n baie goeie reputasie.

Met soortgelyke koeels t.o.v. gewig is die 375 H&H 200fps vinniger. Nie veel van 'n spoed verskil nie en as mens die ft/lb faktor van 200fps bereken van 'n 286gr koeel punt is dit 25ft/lb enegie. Dit is so te se niks nie, 25ft/lb.

MAAR as mens die ft/lb energie van die twee kalibers uitwerk gemeet by die tromp is dit 'n perd van 'n ander kleur. Albei gelaai met 286gr koeels gee die 9,3 @2400fps 3657ft/lb en die .375 @2600fps 4292ft/lb  'n Verskil van 635ft/lb en glo my , dit is baie. Net ter stawing, 'n 9mm parabellum pistool met 115gr koeel @ 1200fps lewer 367ft/lb energie en ek het nie nodig om julle te vertel hoe vermoeend 'n 9mm parrabellum koeel is nie.

Gekyk na albei kalibers met hul voorgestelde koeel gewigte nl. 286gr vir die 9,3 en 300gr vir die 375, albei @2400fps lyk die energie as volg; 9,3 = 3657ft/lb en 375 = 3839ft/lb  Weer is die 375 se energie meer, 'n verskil van 179ft/lb. Dus is die 375 'n beter kaliber of hoe??

Ek het die vooreg gehad om met 'n omie te doen te kry wat vir jare vir een of ander iets in afrika gewerk het (kan nie mooi onthou nie)  waar hulle moes diere uit skiet vir die tsetse vliee of so iets. Moenie my uitvra oor tegniese punte van die waar en hoe en wat van die jagte nie, ek kan regtig nie onthou nie. 
Wat ek wel goed kan onthou is wat die omie vertel het van die kalibers wat hy al mee gejag het. Dit was alle soorte kalibers onder die son. Hy het baie lof vir 404 Jeff en 9,3 X 62 gehad.  Oor die 9,3 het hy gese die kaliber skiet nie deur 'n buffel anderkant uit nie. Die koeel stop gewoontlik binne die karkas aan die oorkanste blad en soos die omie vir my vertel in sy woorde gooi die koeel die buffel onderste bo, bo van die dier bene af. Die 375 se hy doen ook baie goed maar volgens hom skiet die 9,3 die buffel (in sy woorde) doodder as die 375. Olifante en alles wat kan gejag word is met groot sukses gejag met die 9,3 Dieselfde kan ook gese word oor die 375 en ander kalibers.

Ek het nog nooit iets gejag met die 375 of die 9,3 nie. Wat ek wel kan se van my vrou Yolandi se 9,3 is die geweertjie skiet vrek akkuraat, klawers op 100 meter en die terugskop is hanteerbaar en binne perke.   

Die is maar 'n hart saak en mens kry dit wat jy wil he. Albei is goed en vermoeend in sy eie klas. Waar die een tekort kom is die ander weer beter. Mens kan ure en bladsye tik oor die voordele en nadele van elk. Albei is wel goed en kan ingespan word vir die jag van groter wild.

Vir die 375 manne se ek die kaliber gee meer ft/lb energie en brand meer kruit en skop meer.
Vir die 9,3 manne se ek die kaliber gee minder ft/lb enegrie en brand minder kruit en skop minder.

Ek is 'n 9,3 man.

Daan die tikmasjjien.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 9.3X62 vs 375H&H

Post by Janjak »

Baie waar Danie.

Net so terloops.
My seun Pieter (14) het verlede Vrydag sy eerste skoot met die 9,3 gewaag. Hy was redelik skepties oor die skop maar wou nie kans vat met n blou wildebees nie -hy sou hom aanvanklik met die 308 en n 150gr Barnes geskiet het.

Afstand was so 70m en hy het hom mooi centre deur die hart geskiet met n Rhino 286gr. Die bees het so 40m gehol na die skoot.
Nou moet ek keer, hy wil nou alles met die 9,3 skiet.
Post Reply