12ga beretta silver pigeon 1 30" sport

Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

12ga beretta silver pigeon 1 30" sport

Post by Beer (Christo) »

Ek soek al 'n ruk vir 'n O/U vir kleiduif skiet. Ek het 'n paar jaar terug geld verloor toe 'n skurk my ingedoen het op 'n tweede handse geweer.  :police: was bietjie stadig om die man vas te trap, ek was een van sy laaste slagoffers. Ek het toe besluit ek koop maar nuut.

Stefan by S&O het my Vrydag gehelp om een met mooi hout te kies. Thanks Stefan!! Lyk amper soos 'n tiger shark patroon.

Nou wag ek maar die liksens. Ons kantore skuif volgende jaar en dan is ek nader aan www.waterhaven.co.za. Sal so nou en dan op 'n Woensdag middag uitglip en gaan kleie skiet as die ander manne golf speel.  ;D

Hier is twee foto's van die kolf.

Eish... nou net die wag.....

[img width=560 height=420]http://i1076.photobucket.com/albums/w44 ... 5b26e4.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1076.photobucket.com/albums/w44 ... 66e56f.jpg[/img]
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 12ga beretta silver pigeon 1 30" sport

Post by Marc »

Die is darem in 'n klas van sy eie, ek het net eenkeer een opgetel en 'n eed moes afl? met myself dat ek nooit weer in my lyftyd so waaghalsig sal wees nie  ;D

Dis 'n bitter lekker geweer daardie, baie geluk en mag julle mooi saam loop  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: 12ga beretta silver pigeon 1 30" sport

Post by JTM »

Nee sies man, jy maak my nou bitter jaloers... ;D
Jannie Welman
Post Reply