56" Koedoebul

Post Reply
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

56" Koedoebul

Post by SAKO »

Dit was 'n GROOT VOORREG om die ou te kry, een van die dae herleef ons sy "legacy" in my braaikamer...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Geno »

Baie baie baie baie moo!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Louis10Botha
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Aug 25, 2011 3:20 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Louis10Botha »

waar het jy die monster raakgeloop Sako?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2336
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by henried »

Baie geluk!
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by jamalley »

Baie mooi en baie geluk
stan man

Re: 56" Koedoebul

Post by stan man »

baie mooi
as daardie horings nie so afgesluit was nie ,wonder ek wat sou die lengte dan gewees het.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Jakkie 321 »

Baie geluk.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by SAKO »

Kom ek vertel julle die mooi storie :

Ons het 'n ongeskrewe reël hier in die Wes Vrystaat dat geen koedoes geskiet word nie. Ons gee maar 'n deel van ons aartappel, mielie en lusern oeste prys om hierdie besonderse bokke free-roaming op ons plase te hê. Wat 'n voorreg om tussen hierdie klas bulle te kan boer! Ek het seker meer as 200 koedoes wat hier tussen ons lande woon sonder enige vrees of iets wat hulle pla - ons werk letterlik tussen hulle!

Ons glo dat omdat ons die natuurlike habitat agv ons boerderye eintlik "vernietig" , ons huurgeld aan die natuur behoort te betaal met ons vredeliewende gesindheid teenoor ons free roaming koedoes. Dis ongelooflik om te dink dat daar eendag in die wêreld vir ons nageslag ook van hierdie klas bulle sal wees om te sien en te waardeer. Ons het ook groot hektare natuurlike veld in wildkampe omskep, maar free roaming bly maar iets baie besonders en 'n erfenis om te koester.

Ek moes ongelukkig hierdie oubaas uitskiet agv 'n groot abses in sy agterbeen - die foto wys ook sy kondisie wat reeds baie agteruit gegaan het. My seuntjie kon die knop in sy Pa se keel sien en het sommer dadelik sy meegevoel betuig met : "Toemaar Pappa, ons het nog baie van sy boeties en sussies!" My 3-jarige raadgewertjie is gelukkig reg - hier is nog baie van sy broers en neefs wat sy besonderse gene sal oordra.

Ongelukkig het elke mooi storie 'n lelike kant ook : POACHERS. Ons kry die bliksems hier ook, nie krimenele nie, sommer gewone jagters (as mens na die goed kan verwys as jagters) wat na paar brandewyne lus raak vir koedoejag. My buurman het 'n week terug 'n soortgelyke bul opgetel wat 2 dae tevore geskiet is en net daar gelos is. Ons weet dis nie 'n goedkoop geweer wat gebruik is nie en het 'n goeie idee wie die manne is. Ons sal die etters nog vang en dan is tralies hul voorland... Jammer dat iemand met vrou en kinders agter tralies sal eindig omdat hy nie respek vir die natuur het nie!

Die silwer randjie bly egter dat hier steeds letterlik honderde koedoes buite ons wildkampe leef sonder dat enige iets hulle bedreig, hulle teenwoordigheid oor dekades wat kom sal die storie eendag vir ons kleinkinders vertel...
Last edited by SAKO on Wed Aug 21, 2013 2:30 pm, edited 1 time in total.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by VdWalt »

Baie mooi en baie geluk
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by 3006 »

Pragtige bul, wat het met sy neus gebeur?
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: 56" Koedoebul

Post by ROBBIE1 »

Baie mooie Sako, en dankie vir julle seining rondom die wild bewaring en voorsiening vir die toekoms, dis werklik iets om op trots te wees!
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 56" Koedoebul

Post by Riaan Beeslaar »

Baie mooi en baie geluk Sako, 'n mens loop nie sommer elke dag so 'n bul raak nie
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: 56" Koedoebul

Post by Umshwati Boy »

Baie geluk. Maar nou is daar probleem met my droom elke aand, want jy het mos die Kudu in die droom geskiet. :o
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: 56" Koedoebul

Post by BRNO (Pierre) »

Mooi storie, en baie mooi gebaar van julle kant af. Kan dink dit is vrek nice om elke dag in so outjie vas te kyk.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: 56" Koedoebul

Post by theedge »

Baie mooi en baie geluk.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by LongWolf »

Eish baie mooi.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Jakes73 »

Baie mooi bul Sako ... Voorwaar 'n groot voorreg soos jy tereg uitgewys het.
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by SAKO »

Jakes73 wrote:Baie mooi bul Sako ... Voorwaar 'n groot voorreg soos jy tereg uitgewys het.
Jou "avatar" het self 'n oubaas op, hy hang sekerlik in jou lapa!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 56" Koedoebul

Post by mariusr »

Daai bul was op sy laaste as jy so na sy afgeslyte horings kyk! Was ou bul regte besluit gemaak! Geluk!
Jaco Brink
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Jaco Brink »

Geluk dit is 'n baie mooi bul
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by SAKO »

Sy seun groei in my tuin...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by BLOUVALKIE »

oom. daai is n meneer kudu bul.geluk!!!
vaalseun
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Thu Aug 18, 2011 8:47 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by vaalseun »

Baie geluk dis regtig n droom bul
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Ooploop »

Besonderse horings,baie geluk!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 56" Koedoebul

Post by Marc »

Baie geluk, daai man het darem lekker duk horings, dit was 'n goeie tyd vir hom om te gaan ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply