Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek ry 'n 2.5dCi. Nou ek het nog altyd petrol bakkies gery en dis waarmee ek nog altyd gejag het ook. Nou met die diesel, as jy nou springbokke jag, dan is die bakkie mos aan en af die hele tyd. Maak dit nie die turbo seer of pla dit nie.
Jammer maar my kennis op engines is gevaarlik, dus die vraag
Piet ek kan nie komentaar oor die turbo lewer nie, maar wat ek wel gesien het, die diesel enjin raas baie meer as n petrol, jy gaan nie so naby kom soos met n petrol nie.
Jong Frans dis nes jy se, 2.8 Td Izuzu vat die koek, ma die Toyota D4D 4x4 wat ek het ook nie leka nie. Ekt hom gechip en n 76mm pyp laat opsit, nou klink hy nes die Zuz. Die Sani petrol is die wenner, jy bekruip n ding tot op hom!
Ek dink die grootste probleem met turbo's is as hulle warm gewerk is en jy hom dan skielik afsit. Die rede om hom te laat idle is om hom af te koel. As jy jag twyfel ek of hy so warm gaan raak, behalwe as jy die bokke probeer doodry en nie skiet nie. Ek mag verkeerd wees, maar dit is hoe ek dit verstaan.
Bakkies303 wrote:Ek dink die grootste probleem met turbo's is as hulle warm gewerk is en jy hom dan skielik afsit. Die rede om hom te laat idle is om hom af te koel. As jy jag twyfel ek of hy so warm gaan raak, behalwe as jy die bokke probeer doodry en nie skiet nie. Ek mag verkeerd wees, maar dit is hoe ek dit verstaan.
stem saam,veral die nuwe enjins se tegnologie is ook al baie beter,maar dis nogsteeds raadsaam om te laat idle as jy langpad gery het